As God vir ons is, hoekom … ?

In Hoofstuk 6 kry ons twee gesprekke tussen God en Gideon.

As God vir ons is, hoekom … ?

In Rigters 6 kry ons twee gesprekke tussen God en Gideon.

In die eerste gesprek kry ons twee verskillende perspektiewe van Israel se probleem en Gideon se vermoë. In die eerste gesprek begin die Engel van die Here met: Die Here is by jou, dapper man.. Gideon aanvaar dit nie: As God  by die Israeliete was sou Hy hulle sekerlik nie aan die Midianiete oorgegee het nie.. Hy sou hulle, soos hulle voorsate gered het. God het hulle aan die Midianiete oorgegee om vir hulle te wys dat afgodery negatief werk. God het hulle nie verlaat nie, maar hulle het Hom verlaat. Gideon sê vir die Engel dat hulle iemand soos Moses nodig het om hulle te verlos soos hy Israel uit Egipte verlos het. Toe sê die Here vir Gideon: ek stuur jou.(6:13) God sê vir Gideon: Jy is die verlossing wat ek stuur. Jy is my magtige kryger. Jy is die Moses vir hierdie geslag.

Ons is ook geneig om beide van Gidon se foute te maak:

  1. Ons sien ons probleme as ‘n bewys dat God ons verlaat het. Ons moet eerder vra hoe God in en deur ons probleme vir ons beswil werk: Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28).
  2. Ons wag dikwels vir God om iets vir of aan ons te doen of wonder waarom Hy nie iemand gebruik om te help nie. Ons moet eerder vra dat God ons die persoon sal maak wat die probleem verwyder.

God sê vir Gideon dat Hy die man is wat Hy stuur om Israel uit Midian se hand te verlos. Hier volg nou die tweede verskil tussen God en Gideon. Gideon maak beswaar sy familie is die armste in di hele Manasse en van al sy pa se kinders het hy die minste aansien – hy is die armste lid van die swakste stam. Hoe kan hy nou vir Israel red?  Maar die engel het reeds na Gideon as dapper man aangespreek. Hoekom? Hy is dan die man wat vreesbevange in ‘n parskuip wegkruip om daar koring uit te slaan. Spot die Here met hom? Om in ‘n parskuip weg te kruip is rog nie dapper nie. Of is Gidon maar net nederig as hy verskonings maak. Wat hier gebeur is dat niemand God s  mag ernstig opneem nie. As God sê dat hy ‘n dpper man is dan is hy een. Hy moet gaan met die krag wat hy het (6:14), maarGideon se potensiaal alleen is nie voldoende nie. Dit moet saamgaan met die wete dat God hom stuur en dat God met hom sal wees.. Gideon is korrek dat hy nie Israel kan red nie- nie in sy eie krag nie. Maar met sy eie krag en die wete dat God hom geroep het en by hom sal wees, kan hy die Midianiete verslaan.

As God se mense vandag het ons dieselfde gesindheid nodig na waar God ons geroep het.