Hoe lees ek Openbaring?

Hoe lees ek Openbaring?

Openbaring is ‘’n moeilike boek om te lees. Dit is vol vreemde beelde en verwarrende getalle en nog meer. Michael Horton gee vyf riglyne om die boek beter te verstaan.

 

  1. Die boek is ‘’n visuele profesie

In Hoofstuk 1 sê Johannes dat wat hy geskryf het ‘’n profesie van Jesus is – wat hy skyf is deur Jesus Christus geopenbaar. Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby (1:3)

 

  1. Die profesie is aan Johannes in ‘’n reeks visioene gegee

Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer en ek het agter my ‘’n stem so hard soos die geluid van ‘’n trompet hoor sê: “Skrywe wat jy sien in ‘’n boek op en stuur dit aan die sewe gemeentes (1:10 – 11). Johannes skryf dus ‘’n direkte openbaring van God gekommunikeer in visioene soos ander visioene (byvoorbeeld dié van Josef (Genesis 37:1 – 11) neer. Maar soos Josef se drome moet Johannes se visioene geïnterpreteer word.

 

  1. Openbaring is vol simboliek

In Openbaring kry ons dikwels die simboliek van ander profesieë en visioene, soos die visioene in Daniël en Esegiël. Sommige simboliese dinge word in die visioen self geïnterpreteer – soos die sewe goue lampe wat die sewe gemeentes is (1:20). Sekere dinge in ‘’n visioen is net bykomstighede. Om te verstaan wat simbolies is, is om te kyk wat dit aan die visioen doen. As dit iets bereik simboliseer dit gewoonlik iets wat met die werklike lewe verband hou. Soms interpreteer die teks die simbolisme vir jou en soms verwys dit na iets in die Ou Testament. Meeste van die karakters in Openbaring doen iets. So weet jy hulle is belangrik.

 

  1. Getalle is simbolies

Die getal sewe verteenwoordig heelheid en volledigheid. Dit is God se volmaakte getal. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom en van die sewe Geeste voor sy troon en van Jesus Christus (1:4 – 5). Sewe simboliseer hier die volledigheid van die Heilige Gees dit verwys na Sagaria 4:10. Later verwys Johannes na die Heilige Gees in die enkelvoud (1:10; 2;7, 11 EN 17). Die getal 12 en enigiets wat deur 12 verdeel kan word, verwys na die mense van God. Twaalf was nog altyd ‘’n belangrike getal in die Bybel, want daar was 12 stamme van Israel en 12 apostels. Veelvoude van 10 beskryf ‘’n onbepaalbare, maar groot aantal daarvan wat beskryf word.

 

  1. Tyd is vloeibaar

Omdat dit ‘’n visioen is, is tyd nie streng chronologies nie. Openbaring is ‘’n visuele prentjie van dinge – sommige is al verby, sommige is tans teenwoordig en sommige kom nog in die toekoms. Openbaring is nie een lang chronologiese verhaal nie.

 

  1. ‘’n Gebeurtenis word dikwels vanuit verskillende hoeke geskilder.

Openbaring bestaan uit ‘’n reeks visioene. Hulle verteenwoordig nie dieselfde ding nie; hulle is ook nie in streng chronologiese volgorde nie. Daar is ‘’n klomp herhaling. Een hoofstuk mag ‘’n gebeurtenis uit die perspektief van een of twee karakters beskryf en ‘’n ander hoofstuk beskryf dieselfde gebeurtenis maar vanuit ‘’n ander perspektief. Dit mag ook verskillende dele van die gebeurtenis beskryf.

 

Met hierdie leidrade kan ons meer van die moeilike dele van die boek makliker verstaan. Hierdie is Jesus se laaste profesie aan ons: Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien (1:3) Die boek sluit af met: Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, die Nakomeling van Dawid, Ek is die helder Môrester. Die Geese en die bruid sê: “ Kom!’ en elkeen wat die hoor moet sê: “Kom!’ En elkeen wat dors het, moet kom, elkeen wat die water van die lewe wil hê, mot dit kom kry, verniet!” (Openbaring 22:16 – 17).

 

Ons moenie die boek afskryf nie. Die Here het aan ons alles gegee om dit te verstaan, want dit is vir ons – vir ons bemoediging, volharding en wysheid.