|
|
|
| Woensdag, 30 November 2011 06:14 |
Geloofsvrae: Die toekoms - Adrio KönigDie toekoms Normaalweg sal die laaste hoofstuk van 'n boek oor die Christelike geloof die opskrif dra: Die laaste dinge. In die meeste gevalle sal dit handel oor 'n aantal dinge wat nie maklik met mekaar in verband gebring kan word nie. Dit sal gaan oor vrae soos:
Wat het dit met Jesus te doen? Dit is goed moontlik dat 'n mens langs die pad kan begin vra: Presies wat het dit nou alles met ons geloof en veral met Jesus te doen? Ons het tog gesien Hy is die einde en die laaste, Hy is en Hy verwesenlik die doel van God met hierdie wêreld. Watter rol speel Hy nou in al hierdie `dinge'? So 'n tradisionele hoofstuk oor `die laaste dinge' sal ook handel oor `die laaste dae' en vergeet dat ons lankal in die laaste dae leef, dat Jesus in die laaste dae gebore is en die Gees in die laaste dae uitgestort is. En dadelik sal ons weer besef ons moet eintlik na Hom vra, en nie net na dinge nie. Natuurlik sal sekere `dinge' (gebeurtenisse) ter sprake moet kom, maar slegs in die mate waarin dit met Hom in verband staan. Ons kan nie nou eers van eskatologie begin praat nie. Ons praat al van eskatologie van ons begin nadink het oor dié Eschatos, dié Laaste, Jesus Christus self. Ons praat nou oor die toekoms Waaroor ons wel nou vir die eerste keer begin praat, is oor die toekoms. Tot dusver het ons oor die verlede en die hede gepraat. Nou vir die eerste keer praat ons oor dinge wat nog nie gebeur het nie, waarna ons uitsien, oor beloftes wat nog nie vervul is nie. Omdat Jesus self die laaste en die einde is, weet ons dat wat nog moet gebeur, net so direk met Hom in verband moet staan as die dinge wat alreeds gebeur het. Dit gaan heelwat moeiliker wees om oor die toekoms te praat as oor die verlede en die hede. Omdat die toekoms nog nie gebeur het nie, en omdat die Here wonderlike dinge beloof het, is dit moeilik om woorde en begrippe te kry om daaroor te praat. Dit sien ons duidelik in die Bybel waar allerlei vreemde beelde en simbole gebruik word om oor die toekoms te praat. Ons toekomsverwagting word oorheers deur vier gebeurtenisse wat direk met Christus in verband staan:
Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Fokus op 300 Geloofsvrae deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn verduideliking van 300 geloofsvrae bied.
Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en Lux Verbi.BM vir hierdie vergunning.
Skrywer: Prof Adrio König |