|
|
|
| Maandag, 29 Maart 2010 06:31 |
Aborsie: Die siening van sommige godsdienste - Coen SlabberSekere godsdienste het duidelike standpunte oor aborsie, terwyl ander die besluit tot ʼn groot mate aan lidmate oorlaat.
Islam Oor die algemeen glo Moslems dat aborsie verkeerd en haram (ontoelaatbaar) is. Baie Moslems aanvaar egter dat dit wel onder sekere omstandighede toelaatbaar is. Die Koran verwys nie spesifiek na aborsie nie, maar gee wel leiding in verwante sake wat dan op aborsie toegepas word.
Judaïsme Judaïsme verbied nie aborsie nie, maar verwerp aborsie op versoek. Elke saak moet op sy eie meriete beoordeel word. Die besluit mag eers geneem word na konsultasie met ʼn rabbi bevoeg om raad te gee in hierdie sake. Ortodokse Judaïsme laat aborsie net toe as die voortgesette swangerskap die moeder se lewe bedreig. Daar is egter ʼn verskeidenheid van sienings - sommige meer liberaal as ander. Die Joodse wet is meer toegeeflik tydens die eerste 40 dae van die swangerskap, want die wet beskou die fetus as van minder waarde so vroeg in swangerskap. Die heiligheid van lewe is vir die Jode baie belangrik. Volgens die Misnah (= die mondelinge tradisie van die Joodse wet wat deel van die Talmoed vorm) mag lewe nie vernietig word nie. Ander redes waarom Judaïsme aborsie verbied, is:
Die Rooms-Katolieke Kerk Die Katolieke Kerk sê dat ʼn aborsie onder alle omstandighede verkeerd is. Die rede is dat hulle glo dat lewe by bevrugting begin. Hier begin ʼn unieke lewe. Hulle sien dit nie as ʼn potensiële lewende wese nie, maar as ʼn lewende wese met potensiaal. In 1995 skryf Pous Johannes Paulus II ʼn pouslike sendbrief - Evangelium Vitae (Die Evangelie van Lewe). Ten opsigte van aborsie sê hy: I declare that direct abortion, that is, abortion willed as an end or as a means, always constitutes a grave moral disorder, since it is the deliberate killing of an innocent human being. Die probleem is dat baie lidmate in die kerk net eenvoudig hierdie siening verontagsaam. Studies in die VSA toon dat Katolieke vroue persentasiegewys net soveel aborsies ondergaan as die res van die bevolking.
Die Protestantse Kerk Dit is onmoontlik om ʼn siening wat alle Protestante verteenwoordig daar te stel. Almal sê dat lidmate aborsie versigtig moet benader en goed nadink voor ʼn finale besluit geneem word. Meeste Protestantse Kerke aanvaar dat aborsie verkeerd is, maar dat daar wel omstandighede is waarin ʼn aborsie toelaatbaar is. My siening as gelowige geneesheer. Ek glo: (a) Dat lewe by bevrugting begin. (b) Dat aborsie, slegs omdat die moeder dit versoek, nie toelaatbaar is nie (c) Dat aborsie in sekere gevalle wel toelaatbaar is, maar dan onder streng voorwaardes:
Ons is nou klaar met ons eerste bio-etiese dilemma: aborsie. Die volgende dilemma wat ons gaan hanteer is genadedood. Outeur: Dr Coen Slabber |