|
|
|
| Maandag, 11 Julie 2011 06:31 |
God se Verbond met Abraham - Francois MalanVraag Elizabeth wil weet: Wat is God se verbond met Abraham?
Antwoord Prof Francois Malan antwoord:
Met die uittog van Israel uit Egipte (1230 v.C.) sluit die Here met hulle ‘n verbond by Sinai en gee aan hulle sy gebooie wat op plat klippe geskryf is (Eks 34:28).
Deur die eeue het Abraham (wat ongeveer 1700 v.C. geleef het) se nageslag die verbond met die Here verbreek en ander gode gedien. Daarom word die 10 noordelike stamme van Israel in 722 v.C. na Assirië in ballingskap weggevoer, en die twee suidelike stamme in 586 v.C. na Babilon (Jer.22:8,9). Die Here belowe egter dat Hy ‘n nuwe verbond met sy volk gaan sluit (Jer.31:33) deur sy woord op die harte van mense te skryf en in hulle gedagtes vas te lê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees (vgl. Hebreërs 8:8-13). Lk 1:70-75 word na die Here se verbond met Abraham verwys en dat dit met die geboorte van Jesus vervul word (vgl. Hand.3:25-26). In Romeine 4 verwys Paulus na Abraham se verhouding met God wat reggestel is deurdat Hy in God geglo het. So word elke mens se verhouding met God reggestel deur in Christus glo, op Hom te vertrou en vir Hom te lewe. In Romeine 8 beskryf hy hoe God sy wet in ons harte skryf, deur die Heilige Gees wat permanent in ons kom woon om ons geloof in Christus te gee en van ons kinders van God te maak wat Hom al beter begin gehoorsaam.
Skrywer: Prof Francois Malan |