|
|
|
| Woensdag, 15 Februarie 2012 05:41 |
Laat sy Liefde jou Lei: Die Duif se stem ... Milanie Vosloo‘n Week later het hy nog ‘n keer die duif uitgelaat, maar hierdie keer het dit nie na hom toe teruggekom nie. Genesis 8:12 Dit was ‘n gewone, vaal duif wat ‘n waterskeidingsrol in Noag se lewe gespeel het. Noag moes weet wanneer dit veilig is om die ark te verlaat en stuur daarom drie maal ‘n duif op die verkenningstog uit. Die eerste keer moes die duif omdraai omdat hy nêrens staanplek op die watermassas kon kry nie. Die tweede keer kom hy terug met ‘n olyfblaartakkie ... vol hoop. ‘n Week later verander hierdie hoop in ‘n vaste fondament toe hy uiteindelik sy wêreldse tuiste tussen die takke van die bome vind. Toe weet Noag dat die tyd amper reg is om die deure van die ark oop te maak. Die goddelike Duif – die Gees van God – praat vandag steeds met ons:
Wat dink jy sê die Heilige Gees vandag vir jou?
Praat met my, Here. Ek luister. En ek sal doen.
Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za
Skrywer: Milanie Vosloo |