|
|
|
| Woensdag, 19 Oktober 2011 06:17 |
Om sy woorde in te drink - Milanie VoslooStuur u lig en u waarheid; laat dit my lei. Psalm 43:3a Hoe meer ‘n mens die Woord van God lees, sy waarhede in jou lewe toepas en die wonders van sy Skrif jou eie maak, hoe meer wil mens nóg oor God weet. Hoe nader ons aan sy heerlikheid kom, hoe lekkerder en heilsamer word dit. Daarom is dit so belangrik dat ons, wanneer ons sy Skrif en die menslike interpretasies daarvan lees, werklik die boodskap aan onsself sal toe-eien. Pas gerus elke keer wanneer jy die Woord lees, die volgende riglyne toe:
God praat in hierdie moderne eeu steeds met sy kinders deur sy onveranderlike waarhede. Drink dit elke dag in, maak dit jou eie en gaan leef dan in sy wonderlike lig. Meer as dit: wees jý die lig.
Here, laat u waarheid en u liefde vandag kragtig deur my leef asseblief.
Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za
Skrywer: MIlanie Vosloo |