Prof. Daan Pienaar het vir ons ʼn reeks oor Bybelse argeologie geskryf. Ons gaan hierdie reeks elke Maandag, Woensdag en Vrydag publiseer. Na ʼn reeks inleidende opmerkings gaan ons onder andere kyk na grafte en begrafnisgebruike, watersisteme, die ekonomiese lewe en vestingwerke in antieke Israel. Hierdie is baie belangrik vir ons beter verstaan van die Bybel. |
|