Algemene persepsies van Christene

Algemene persepsies van Christene

 

Die ses algemeenste persepsies van die kerk onder die jongmense is:

  • Die kerk is georganiseerde godsdiens met ‘n politieke agenda.
  • Die kerk veroordeel en is negatief.
  • Die kerk word deur mans oorheers en onderdruk vroue.
  • Die kerk is homofobies.
  • Die kerk is verwaand as hy sê dat alle ander godsdienste verkeerd is.
  • Die kerk is vol fundamentaliste wat die hele Bybel letterlik lees.

Kimball bespreek daarna drie van hierdie persepsies.

  • Persepsie #1: Die kerk is georganiseerde godsdiens met ‘n politieke agenda.

Mense sien die kerk as georganiseerde godsdiens en dat hulle dit nie nodig het nie. Mense soek na God, maar hulle sien nie die kerk as die plek om te ondersoek wie Hy is nie. Hulle glo hulle kan God verstaan en tot Hom bid sonder die georganiseerde godsdiens.

 

 

  • Om die waarheid te praat, is belangrik, maar hoe jy dit doen is ook belangrik. Die kerk fokus te veel op die negatiewe – almal weet waarteen die kerk is, maar nie waarvoor die kerk staan nie. Die kerk moet meer klem lê op dit waarvoor hy staan. Christene moet ook uit hulle omgewing kom en in die gemeenskap kom – ons moet weet wat daar buite aangaan voordat ons sommer kritiseer.

     

    • Persepsie #3: Alle ander godsdienste is verkeerd.

    Mense van ander godsdienste is bereid om na hierdie eksklusiewe gedeeltes in die Bybel te luister, maar dan moet ons eers ‘n verhouding met hulle opbou – en hulle geloof verstaan. Ons moet ‘n basiese kennis van die verskillende wêreldgelowe kry. Maar ons moet ook ons eie geloof beter ken. Kan ek vir ander verduidelik waarom alle paaie nie na God lei nie? Mense soek feite – gee dit vir hulle.

     

    Die kerk moet voorbereid wees om op hierdie persepsies sinvol te reageer Om dit kan doen moet ons uit ons Christelike gemaksone kom en verhoudings met mense buite die kerk bou.