Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (1)

Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (1) – Adrio König

1.2 God se verbond met Abraham

Die begrip “verbond” is dwarsdeur die Bybel bekend. Maar heel spesifiek die verbond van God met Abraham is een van die sentraalste sake in die Bybel, en dit loop ook dwarsdeur die Bybel. Die sinnetjie wat verreweg die meeste in die Bybel voorkom, is die verbondsformule: “Ek sal vir julle ’n God wees, en julle sal vir My ’n volk wees.”

 

Dit klink alles miskien net te maklik. Daar is tog van meer as een verbond in die Bybel sprake, en die verbond van die Ou Testament word tog in die Nuwe Testament vervang deur die nuwe verbond. Of is dit regtig so?

’n voorbeeld wil noem van regverdiging uit genade en deur die geloof, dié manier waarop Paulus ons redding verstaan, is Abraham die voorbeeld wat hy kies (Rom 4:1 ev).

die diere ’n maat kry nie, maak God vir hom iemand net soos hy, sy gelyke. En dan kom kuier die Here smiddags vir hulle. Intussen verwag Hy van hulle om Hom te gehoorsaam. Is dit nie die wesenlike trekke van die verbond wat later in meer besonderhede in die verbond met Abraham gestalte gaan kry nie? Bestaan hierdie verbond van die begin af in ’n ander vorm?

Die verbond

As eerste punt moet ons kyk na die feit dat ons van ’n “verbond” praat, en nie net ’n verhouding of ’n ooreenkoms nie. Die mens is ’n verhoudingswese, daaroor sal ons nog baie skryf (hoofstuk 5). Maar daaroor praat sosioloë ook, en baie sinvol. Maar die vraag is wat die aard en inhoud van die verhoudings is/behoort te wees waarin die mens leef. Hieroor sal die sosioloë en ander vakwetenskappe hulle nie uitspreek nie. Maar dit is juis wat ons in die Bybel kry. Ons gaan kyk na die drie belangrikste verhoudings waarin die mens leef:

 

AllePaaieLeinaJesusMense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Alle Paaie lei na Jesus (2010) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die die middelpunt van ons geloof: Jesus Christus.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

Skrywer: Prof Adrio König