Aristoteles en verandering

 

It is easy to bring a man to the river of regret, but you cannot make him drink the water of repentance. —C.H. Spurgeon

 

Aristoteles en verandering

Aristoteles het die verskillende maniere waarop verandering plaasvind, ondersoek. Hy sê dat die woord “oorsaak” te vaag is – ons moet meer spesifiek wees. Hy gebruik ‘n beeldhouwerk as voorbeeld. ‘n Beeldhouwerk begin as ‘n klip. Dit het geen vorm nie. Hoe word hierdie steen in ‘n pragtige beeld verander? Aristoteles noem dan verskillende oorsake:

  • Die materiële oorsaak. Dit wat die beeldhouer gebruik om sy werk te skep – die klip.
  • Die formele oorsaak. Dit idee wat die kunstenaar het voordat hy sy beeld skep. Hy het ‘n skets of selfs net ‘n idee in sy kop. Hy volg daardie bloudruk om sy beeld te maak.
  • Die doeltreffende oorsaak. Die is die een wie se werk die verandering teweegbring. In ons geval is dit die beeldhouer.
  • Die finale oorsaak. Dit mag in hierdie geval wees om die keiser se paleis of tuin te versier.
  • Die instrumentele oorsaak. Dit is die instrumente wat die beeldhouer gebruik om die klip in ‘n standbeeld te verander – beitels en ‘n hamer. Die instrumente is die middele waarmee verandering teweeggebring word.

 

Rome het gesê dat die instrumentele oorsaak vir geregtigheid/vryspraak die sakramente is – die doop en boetedoening. Die Hervormers, daarenteen, sê dat die instrumentele oorsaak vir ons geregtigheid nie die sakramente is nie, maar geloof. Geloof is die enigste instrument wat ons aan Christus verbind deur wie ons geregtigheid ontvang.