Wysheid se vooruitgang

Wysheid se vooruitgang

wie iemand so opvoed dat hy ‘n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand so leer dat hy ‘n goddelose word, doen dit tot sy eie skande. Moenie ‘n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ‘n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan ‘n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ‘n regverdige, en sy kennis vermeerder (Spreuke 9:7 – 9)

Die lewe wys ons tereg deur harde slae van beproewings en probleme, wat vir ons ons swakhede en dwaasheid uitwys. Vriende help ons groei deur die liefde van regstelling.

Hoe verder jy op die pad van dwaasheid loop, hoe meer interpreteer jy alle gebeure as ondersteunend tot dit wat jy nog altyd geglo het. As dinge skeef loop, blameer jy ander of omstandighede vir jou probleme. Dit verhard jou hart en maak jou minder toeganklik vir raad, Gee jou aandag aan ‘n wyse mens en hy kry meer wysheid, maar probeer die dwaas iets vertel en hy word erger as wat hy was voor jy probeer het. In die Nuwe testament lê Jesus die beginsel neer: Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook nog die bietjie wat hy het, weggevat word (Matteus 13;12 – 16). Hoe meer wysheid jy het, hoe meer wysheid gaan jy op jou lewenspad kry. Hoe minder wysheid jy het, hoe minder gaan jy uit enigiets leer. Leer uit jou foute en uit kritiek.

As dinge verkeerd loop of as ek iets verkeerd doen, help my Here om my nie te verdedig of om myself te probeer regverdig nie of om die blaam na ander te verskuif nie. Hierdie is die instrumente wat dwase gebruik. Laat my leer wat ek moet leer. Laat ek begin by wat gister gebeur het.




Wysheid se Fees

Wysheid se Fees

Wysheid … het haar bediendes na die stad toe gestuur om van die hoogste plek af te roep: “Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” en vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: “kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het! Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!” (Spreuke 9;3 – 6)

Die vrou, Wysheid, roep ons, om die pad na haar huis te kry waar ‘n feesmaal wag. Goeie kos verteenwoordig die begeertes en aptyt van ons harte. Met verloop van tyd groei ons in wysheid of dwaasheid volgens die liefde en toewyding wat ons beheer. Ons kan nie werkolisme oorkom as ons te lief is vir geld en sukses is nie. Ons kan nie bitterheid oorwin as ons te lief is vir ons reputasie nie. Dit is nie net wilskrag wat wysheid bring nie – ons moet ook ons begeertes anders orden.

 

Die pad na wysheid is nie die pad van kitsoplossings nie – dit is die pad van lang onderrig en dissipline. Maar oefen die hart en nie net die denke en wil nie. Christene weet dat dié fees vir die siel die bruilof van die Lam sal wees (Openbaring 19:6 – 9),

Ons neem baie verkeerde besluite ek besef dat hulle nie wees ‘n gebrek aan kennis was nie, maar as gevolg van ‘n leë hart. Hoe stel ons dit reg? Want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die heilige Gees wat Hy aan ons gegee het (Romeine 5:5).




Die vreugde van wysheid

Die vreugde van wysheid

Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet. Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my ‘n vreugde (Spreuke 8:30 – 31).

Die Vader en die Seun het hulle verlustig in die wêreld wat hulle gemak het en in ons. Ons sien die skoonheid in dinge as hulle in die regte verband met mekaar staan. Liefde is mooier as haat. Hoe meer ons raaksien hoe die verskillende dele bymekaar pas, hoe meer vreugde het ons in musiek. As ons sien hoe die blom alles bymekaar pas, hoe mooier is dit vir ons. Mooi nie vir wat dit vir ons kan doen nie, maar as deel van God se skepping. Wysheid is onderskeiding en die vorming van die regte verhoudings en ons verbly ons daarin.

God het ons gemaak  vir die vreugde en liefde daarvan.  Hy het ons lief, nie vir wat Hy uit ons kan kry nie, maar vir ons. Die hoogtepunt van wysheid is om God lief te hê net vir Homself alleen en om mense te waardeer, nie vir wat ons uit hulle kan kry nie, maar vir wesens wat die beeld van ons Skepper weerspieël.

Volgende keer as jy te staan kom voor ‘n gebed wat nie verhoor word nie, vra vir jouself: het ek God lief vir Homself of vir die dinge wat ek van Hom kry? Ons moderne lewe is so  besig dat ons nie meer stilstaan en die werke van u hande kan bewonder nie. Laat ek tyd maak om u werke te bewonder totdat ek my Skepper loof. Mag ek tyd maak vir skoonheid.

 

 

 




Newe-effekte van wysheid

Newe-effekte van wysheid

Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee …met my hulp heers die mense wat mag het … Wie my het, het rykdom en eer, het duursame en blywende besittings. Wat ek vir jou lewer is beter as goud, selfs fyn goud; wat ek inbring is meer werd as die suiwerste silwer (Spreuke 8:14, 16 en 18 – 19)

Al die dinge wat lei tot sukses – die regte plan, die strategiese vermoë om dit uit te voer (goeie oordeel), en die moed om dit uit te voer (mag) – is deel van wysheid. Alles wat ons bereik is die gevolg van die newe-effekte van wysheid.

Die wyse is prakties. Ware wysheid sien sukses as net ‘n newe-produk en nie die belangrikste doel nie. Wysheid bring duursame en blywende rykdom wat beter is as fyn goud. Ware wysheid lei tot voorspoed, maar voorspoed is nooit die wyse man se doelwit nie. Die wyse man doen wat hy doen, nie omdat dit bevredigend is of omdat dit werk nie, maar omdat dit reg en liefdevol is teenoor God en sy skepping is.. sukses mag kom of nie, maar dit is nie die punt nie. As jy sukses as ‘n newe-produk sien en nie die hoofdoel van wysheid nie, dan is jy inderdaad wys

Even if your hands shall flow with gold, yet over you gold shall have no dominion (J.R.R. Tolkien: the Fellowship of the Ring.)  Is jy oormatig bekommerd oor resultate en praktiese sukses?

Sonder God se wysheid is daar geen sosiale orde nie. Selfs diegene wat hom nie erken nie, is daarvan afhanklik. Gee aan ons wyse leiers. Gee aan ons vrede sodat ons U en ons naaste .met vreugde kan dien.