Dinge wat jy moet weet van lyding

Dinge wat jy moet weet van lyding

 

  1. Lyding is die gevolg van die sondeval

God het Adam gewaarsku om nie van die verbode vrugte te eet nie. Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot alle mense deurgedring, omdat almal gesondig het (Romeine 5:12). Dood en lyding het as gevolg van daardie eerste sonde en ons voortdurende sonde in die wêreld gekom.

 

  1. God gebruik lyding ten goede

Gelukkig sê Romeine 8 28 vir ons; Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. God sê nooit dat ons lyding goed is nie, maar hy gebruik die pyn om vir ons beswil te werk. Dit gebeur op ‘n wonderlike manier.

Een van die maniere waarop God pyn gebruik is deur ons wakker te maak en na Homself te bring. Ons neiging is om soms van God weg te hardloop. “I have learned to kiss the wave that throws me against the Rock of Ages.” (Spurgeon). Ons moet besef dat God in beheer van ons omstandighede is – en Hy is goed.

 

  1. Ons sien nie altyd wat God besig is om in ons pyn te doen nie

If you understand, it is not God you understand.” (Augustinus). Ons kan net aan die oppervlak van God se kreatiwiteit, doelgerigtheid en wysheid van sy werke krap. Die Here het alles gemaak met ‘n doel  (Spreuke 16:4). God doen altyd meer as wat ons kan verstaan. Ons moet besef dat God in beheer van al ons omstandighede is … en Hy is goed.

 

  1. God gebruik lyding om ons volwasse in Christus te maak

My broers, julle moet bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet,  as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. (Jakobus 1:3  – 4).  Deur beproewing sorg God dat ons in ons geloof volhard.

 

  1. Volharding tydens lyding stel ons in staat om ander in hulle lyding te vertroos

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig (2 Korintiërs 1:3 – 4). Die beste lasdraers is hulle wat in die verlede iemand nodig gehad het om hulle eie laste te dra.

 

  1. Lyding open bedieningsmoontlikhede waarvan jy nooit eers gedroom het nie.

God gee aan diegene wat ly geleenthede om ander te bemoedig. Hy gee aan diegene wat ly genade om uit hulle swakheid te dien en te getuig van sy liefde.

 

  1. God beweeg deur swakheid en lying en nie ten spyte daarvan nie

Die doel is nie om pyn en swakheid in hierdie lewe uit te skakel nie, maar vir God om in en deur jou pyn te werk. Paulus het ‘n doring in sy vlees gehad. Hy het God ‘n paar keer gevra om dit te verwyder, maar dit het nie gebeur nie. God gebruik Paulus nie ten spyte van sy doring nie, maar deur sy doring. Swakheid is God se manier om in hierdie wêreld te beweeg.

 

  1. Ons aardse perspektief op die duur van lyding verskil van dié van God

Noag werk aan ‘n ark en wag vir ‘n vloed. Abraham wag jare vir ‘n kind. Josef sit vir etlike jare in die tronk. Moses swerf 40 jaar deur die woestyn. Hanna huil vir lank vir ‘n kind. Dawid vlug vir 13 jaar weg van Saul. Jeremia preek, maar sien geen vrugte op sy arbeid vir etlike dekades nie. Paulus was kort-kort in die tronk. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly (2 Korintiërs 4:17).

 

  1. Lyding kan ons na die geloofsgemeenskap dryf

As jy ly, wend jy jou tot die geloofsgemeenskap vir hulp, diens, bemoediging en gebed. Om hulp te soek hou ons nederig. As jy ly, moet jy nie jouself afsonder nie.

 

  1. Die Christendom het die enigste oplossing vir lyding

Net die Christelike geloof bied ware hoop vir pyn en lyding. Jesus Christus het ook voor versoekings en lyding gestaan.  Hy is verraai, gespot, gekruisig en deur God die Vader geoordeel. Maar op die derde dag het Hy opgestaan. Christus se opstanding beteken dat ons pyn en beproewings, selfs ons dood, nie die einde van die storie is nie.

 




Hoe kry ek wysheid (10)

Hoe kry ek wysheid (10)

My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun (Spreuke 3:11 – 12) .

Die wyse leer uit teenspoed. Wat doen ons met teenstand en probleme in ons lewens? Die wêreld is vol boosheid, probleme en geheime wat ons nie verstaan of kan regstel nie. Die teken van wysheid is om gereed te wees vir lyding. As jy nie is nie, is jy nie in staat om die werklikhede van die lewe te hanteer nie. Lyding is ook ‘n dissipline vir groei in wysheid. Dit kan jou na God toe dryf of dit kan jou van Hom af wegdryf en jou hart word hard.

Omdat lyding onvermydelik is, gaan dit jou of wyser of dwaser maak. Wat moet jy doen?  Aanvaar jou moeilikhede as maniere om geestelik te groei en as deel van God, ons liefdevolle Vader, se plan. As jy niks anders kan doen nie, kan jy vir God verheerlik deur ‘n gesindheid van vertroue eerder as om bitter te word. Die beste manier om dit te doen is deur na GOD SE Seun se lyding te kyk – en dit vir my.

Is jy gereed vir teenspoed? As dinge verkeerd loop vir ons is die laaste ding wat ons wil doen dikwels om tot U te bid en op U te vertrou. As ek net aan U in stormagtige tye vasklou in gebed, word ek geestelik sterker.




Hoe kry ek wysheid (9).

Hoe kry ek wysheid (9).

Vereer die Here met offerandes uit wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn (Spreuke 3:9 – 10).

Vrygewigheid is ‘n teken van wysheid. ‘n Buitengewone liefde vir geld en vertroue in die mag van geld, maak ons blind. Die beste manier om die mag van geld oor ons te breek, is deur baie daarvan weg te gee. Die eerste vrugte van die oes, moes aan God en die armes gegee word, al was jy nog onseker oor die grootte van die oes.

Ons gee nie aan God in ‘n beplande en toegewyde manier nie. Ons wag en doen eers alles wat ons wou gedoen het en gee dan dit wat oorbly aan God. Jesus, daarenteen het nie net dit wat oortollig was gegee nie, maar al sy rykdom en selfs sy eie lewe. Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus, hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word (2 Korintiërs 8:9)

Moet ons nie almal planne beraam om meer van ons inkomste aan die Here te gee nie?

Ons moet die Here vra om ons die beginsel van eerste vrugte toe te pas. Ek moet doelgerig en nie impulsief rykdom weggee nie. Laat ek dit met blymoedigheid doen. Ek moet altyd onthou dat Jesus nie net sy besittings nie, maar ook sy ie bloed gegee het.




Hoe kry ek wysheid (8)

Hoe kry ek wysheid (8)

Moenie dink jy het al die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is, dit is die geneesmiddel vir jou. Die verkwikking vir jou liggaam (Spreuke 3:7 – 8).

Nog ‘n teken van wysheid is die gewilligheid om advies te aanvaar. Dwase is in hulle eie oë wys. Hulle aanvaar geen advies nie of slegs advies van een groep – baie luister net na mense van hulle eie ras, of klas of politieke oortuiging.

 

Wysheid is om dinge deur so veel oë as moontlik te sien –deur God se woord en deur die oë van ander mense – mense wat van jou verskil en jou selfs kritiseer. wyse mense omring hulle met raadgewers waar hulle altyd ‘n tweede mening kan kry. Die evangelie bly die grootste hulpbron. Dit wys vir ons dat ons sondaars is, maar gee ook aan ons die versekering van God se onvoorwaardelike liefde.

Is daar ‘n persoon of soort persoon na wie jy behoort te luister, maar dit nie doen nie? Ons het harte wat nie van regstelling hou nie. Ek woon in ‘n samelewing wat vir my sê om net myself te vertrou. Al hierdie dinge werk saam om te verhoed dat ek by ander kan leer. Dit verhoed dat ek uit u woord kan leer. Wat God soek is ‘n berouvolle en gebroke gees.