Hoe kry ek wysheid (7).

Hoe kry ek wysheid (7).

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop (Spreuke 3:5 – 6).

Onderwerp jou op alle maniere aan God – op elke lewensterrein. Moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ons kultuur sê egter dat ons net op ons eie insigte moet staatmaak. Ons moet alles bevraagteken – selfs die Bybel. Moderne mense glo dat hulle die reg en vermoë het om alles te bevraagteken. Almal glo in een of ander eindgesag. Spreuke sê dat God se woord hierdie gesag moet wees.

 

Die Bybel kan vir jou leiding op alle maniere gee, al is daar nie ‘n spesifieke Bybelvers daaroor nie. As jy jou in die verhaal van die Bybel van die persoonlike God verdiep – HY wat ons gemaak en gered het vir ‘n verhouding met Hom – maak dit elke deel van jou lewe anders lyk, as wanneer jy nie die verhaal glo nie. Jou wysheid groei soos jou daaglikse lewe deur die Bybelse verhaal en die werklikheid van God gevorm word.

Probeer jy die belangrikste temas van die Bybel verstaan – die groter prentjie – eerder as om bemoediging te kry uit individuele Bybelversies?

Ons moenie net God se boek bestudeer nie, maar dit verteer – dit deel van myself maak. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid (Kolossense 3:16).




Hoe kry ek wysheid? (6)

Hoe kry ek wysheid? (6)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie (Spreuke 3:5).

Spreuke hoofstuk 3 noem ses dinge wat as tekens van ‘n wyse man kan geld. Terselfdertyd is dit die maniere om in wysheid te groei. Die eerste een is: Vertrou op die Here. Jy kan in die Here glo en steeds op iets anders vertrou  vir jou betekenis en blydskap. Dit is dan jou ware God. Jy kom dit nie agter nie. As daar ‘n krisis ontstaan besef jy hierdie ding is vir jou belangriker as die Here.

Wat het dit nou met wysheid te doen? Alles. Daar is baie emosie om daardie dinge waarop jou hart vertrou. Dit kan jou beroep, geld, gesin of ‘n romantiese verhouding wees. Jy sal buitengewoon kwaad of angstig of wanhopig wees as enigiets dit bedreig. Jou oordeel word benewel, jou siening van jouself en die wêreld is beneweld. Afgode in die hart lei tot dwaasheid. Die geneesmiddel vir hierdie afgode is die evangelie. Ons hoef ons nie dur werke te regverdig nie.

Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo.  God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek, vanweë die verlossing van Jesus Christus (Romeine 3:21 – 24)

Toe die Israeliete tot die Here gebid het vir hulp het Hy nie gereageer nie. Maar dan lees ons: Hulle het toe die ander gode tussen hulle uit verwyder en hulle het die Here gedien, en hy het ‘n end gemaak aan hulle swaarkry  (Rigters 10:16)




Hoe kry ek wysheid? (5)

Hoe kry ek wysheid? (5)

Dan sal julle my roep en ek sal nie antwoord nie, hulle sal my soek en my nie kry nie. Julle het ‘n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien (Spreuke 1:28 – 29).

Omdat wysheid nie deur die verkryging van kennis kom nie, maar deur lang ondervinding en nadenke, is dit ‘n proses wat jare neem. Wat gebeur a jy voor ‘n krisis wat groot onderskeidingsvermoë en selfbeheer vereis, kom? As jy nog nie die gewoontes van wysheid geleer het nie – om in Christus te rus om keuse tussen goed, sleg en die beste te onderskei nie, kan jy dit nie oornag ontwikkel nie. Jy kan tog nie oornag vir die Olimpiese Spele voorberei nie.

The grace of God is as necessary to create a right temper … on the breaking of a china plate as on the death of an only son. There are points of no return, when the storm is upon us; it is too late to seek shelter. Moments of decision pass and are gone forever. Timing is all.  John Newton).

Net as ons genade en wysheid in kleiner daaglikse teleurstellings leer, sal jy gereed wees vir die groter krisisse. Jy kan hulle nie skielik oornag ontwikkel nie.

Spandeer jy tyd aan die ontwikkeling van wysheid? Hoeveel beplande tyd spandeer jy aan Bybelstudie en persoonlike aanspreeklikheid met Christen vriende.

Ons weet dat die Here ons nie bo ons kragte sal versoek nie I1 Korintiërs 10:13). Maar ek kan nie al die geestelike wapenrusting wat God voorsien (Efesiërs 6:10-18) aantrek nie en dan plaas ek my in ‘ posisie wat vir my skade kan bring. Gee vir my die regte ding: die wysheid verkry deur harde werk. Is jy bereid om alles te doen wat nodig is om dit te ontvang?

 




Hoe kry ek wysheid? (4)

Hoe kry ek wysheid? (4)

Wysheid is ‘n vrou wat langs die staat staan en roep, sy laat haar stem hoor op die stadspleine, sy roep bo die rumoer uit, by die ingange van die stadspoorte, sê sy wat sy te sê het  (Spreuke 120 – 21).

Hier nooi Wysheid mense uit om van haar te leer. Sy doen dit nie vanuit ‘n ivoortoring nie, maar van die stadsplein en ander openbare plekke van die stad. Wysheid word net deur ondervinding ontwikkel.  Maak nie saak hoe hard jy studeer nie, die student word net in sy veld wys in de ondervindings van die ware lewe.

Wysheid kan nie oorgedra word in ‘n reeks praatjies nie. Dit is ontoeganklik vir mense wat te besig is vir die metode. Dit kom eerstens deur ondervinding en tweedens deur diep en eerlike nadenke oor die ondervinding. Dit ontwikkel net as ons vrae vra. Jesus, ons Leermeester, het dikwels gelykenisse vertel. Onthou hoe hy dikwels vrae met ander vrae beantwoord het (Matteus 13:10; Lukas 20:4 en Johannes 16:29). So het Hy probeer om ons te laat nadink/dink en groei in wysheid.

Wat het onlangs met jou gebeur wat goed of moeilik was? Hy jy daaroor alleen of met ander daaroor nagedink om wysheid daaruit te leer? Ons weet baie van die Bybel wat ons nog nooit deel van ons lewens gemaak het nie. Ons moenie net hoorders van God se woord wees nie, maar ook doeners.

Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself (Jakobus 1:22)