Spreuke: Wat is dwaasheid? (6)

Spreuke: Wat is dwaasheid? (6)

Hulle is daarop uit om kwaad te doen, hulle wil gaan moord pleeg. ‘n Voël wat ‘n net sien wat vir hom gespan is, vlieg nie daarin vas nie, maar hierdie mense span vir hulleself ‘n net, hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet. So gaan die met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie: rowery kos hom sy lewe (Spreuke 1:16 – 19).

Vandag kyk ons na nog ‘n vorm van dwaasheid; mense wat vir hulleself ‘n strik stel. Selfs die voëls is wyser as die mens wat dink dat hy ‘n leer kan klim deur op ander te trap. Diegene wat verkeerd aan ander doen, wag vir hulle eie val. Hulle vang hulleself in ‘n strik – iets wat die domste dier nie eers sal doen nie.

Die Nuwe Testament sê; wat help dit die mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor (Markus 8:36). As ons genadeloos teenoor ander is; jy laat jou hart se vermoë vir wreedheid en selfsugtigheid los. As hierdie emosies buite beheer is, lei dit to swak besluite. As jy leef om net jouself en nie ander ook tevrede te stel, sal jy altyd ontevrede wees.

Jesus sê vir sy dissipels: Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry (Matteus 16:25). Het jy al ooit iets selfsugtig gedoen wat op jou teruggeslaan het? So ‘n gebeurtenis illustreer die beginsel in die evangelie; Jy moet jouself verloor om jouself te vind.

Ons harte sê vir ons dat die najaag van ons geluk ons primêre prioriteit moet wees. In plaas van geluk soek, moet ons die Here soek. Slegs dan sal ons aan die einde gelukkig wees.

 




Nuwejaarsvoornemens

Nuwejaarsvoornemens

Elke nuwe jaar word ons vasgevang in ’n aantal goed bedoelde voornemens. Die skeptiese waarnemer wonder of alles die moeite werd is, is die neem van sulke voornemens enigsins toepaslik. Dit word tog van ons verwag om te alle tye wyslik, gehoorsaam en gedissiplineerd te lewe.

 

Party mens sê selfs dat sulke voornemens om ons eie besluite te formuleer is oortollig en onbybels is. Die woord van God maak tog voorsiening vir ‘’n volledige en gesagvolle versameling van God se besluite vir sy mense. Die woord van God gee nie alleen aan ons die toestemming om besluite te neem nie, maar gee vir ons goeie redes om dit te doen. Ons kry voorbeelde van kinders van God wat besluit het om op ‘’n spesifieke manier en vir ‘’n spesifieke rede vir Hom te lewe. (Daniël 1:8; Matteus 1:19; Handelinge 19:21; 1 Korintiërs 10;14 – 32; Kolossense 3:12 – 17; 2 Tess. 1:11). In ons oorweging om God in alles wat ons doen te verheerlik, sal dit wys wees om sekere besluite te neem om ons by te staan in die proses van heiligmaking. Dit doen ons deur die krag van die Heilige Gees

 

Jonathan Edwards het geweet dat hy nie sy besluite sou kon uitvoer nie sonder God se hulp nie, het sy besluite voorafgegaan met hierdie stelling:

Being sensible that I am unable to do anything without God’s help, I do humbly entreat him by his grace to enable me to keep these resolutions, so far as they are agreeable to his will, for Christ’s sake.

 

Ons kan met vrug hierdie stelling van Edwards oorweeg soos ons probeer om God te verheerlik.

1,  Besluit wyslik

Being sensible. Ons moet redelik wees as ons besluite neem. As ons vinnig besluit op grond van ons illusie dat ons sonder sonde is, neem, sal ons misluk in ons pogings om hierdie besluite uit te leef. Ons moet besluite neem met opregte gebede en deeglike studie van God se woord. Ons besluite moet in ooreenstemming met God se woord geneem word. Ons moet al die implikasies van ons besluite oorweeg

 

  1. Besluit in afhanklikheid

That I am unable to do anything without God’s help Ek kan niks doen sonder God se hulp nie.,. Erken dat elke besluit moet in afhanklikheid van God geneem word. Ongelukkig glo ons dat ons self die krag het – ons is trots onafhanklik. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word (Efesiërs 3:16) Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard (Kolossense 1:11)). In ons swakheid moet ons op die krag van die Here staatmaak (2 Korintiërs 12:7 – 10).

 

  1. Besluit in nederigheid

I do humbly entreat him sê Edwards. As ons besluite vir die heerlikheid van God neem en dit voor sy aangesig, moet ons nie verwag dat God ons sal seën omdat ons hierdie besluite geneem het nie. Ons moet Hom in nederige afhanklikheid nader  as ons nie net sy seëninge soek nie, maar ook Hom wat seën.

 

  1. Besluit vir Christus se onthalwe.

So far as they are agreeable to his will, for Christ’s sake. Die hele saak van besluite neem, is nie net om doelwitte vir ‘’n beter lewe te stel nie. Ons is deur God geroep om volgens sy wil te lewe. Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys (Psalm 115:1).

 

 

 




Wat is dwaasheid (5)

Wat is dwaasheid (5)

Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie ‘n leier nie, nie ‘n opsigter of regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer. Nog ‘n bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou, soos ‘n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos ‘n inbreker (Spreuke 6:6 – 11).

Nog ‘n vorm van dwaasheid in Spreuke is die luiaard. Die wyses is selfbeginners. Al wat hulle nodig het is interne motivering en nie dreigemente om hulle werk te doen nie.  Wyses is nie impulsief nie. Daarteenoor, maak die luiaard voortdurend verskoning vir klein misstappe. Drie maal word na ‘n bietjie in ons teks verwys. Dan is hy verbaas as die armoede hom oorval. Hy mislei homself deur die klein oorgawes. Sy geleenthede sluip sentimeter by sentimeter en minuut by minuut weg

 

Baie mense vandag is immuun teen harde werk. Wat eens goeie redelike werke was, word nou as werk wat onredelike eise stel. Luister na Jesus: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook (Johannes 5:17).

Is daar ‘n deel van jou lewe wat besig is om weg te glip omdat jy nie daaraan werk nie?

Natuurlik is te veel werk net om sukses te behaal en ander tevrede t stel ook verkeerd. Dit is net so verkeerd om lui te wees. Ek het Goddelike hulp nodig om die balans te handhaaf.

[ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom or Navigating Life gebruik]




Spreuke: Wat is dwaasheid (4)

Spreuke: Wat is dwaasheid (4)

Dit is ‘n nikswerd mens, ‘n mens vol onreg, wat altyd reg is om te lieg, om te bedrieg deur met die oog te knik, met die voet te beduie, met die vingers tekens gee, wat altyd met ‘n skelmstreek kom en voortdurend op kwaad uit is. Hy maak moeilikheid waar hy gaan. So ‘n mens se ondergang kom skielik; hy stort ineen en daar is nie herstel nie (Spreuke 6:12 – 15).

 

‘n Ander soort dwaas is die moeilikheidmaker. Die teken van so ‘n persoon is voortdurende konflik. Hy is die teenoorgestelde van die vredemakers (Matteus 5:9), die brugbouer wie se sagte antwoord woede laat bedaar (15:1). Die moeilikheidmaker se antwoorde laat woede ontvlam. Hulle voel die behoefte aan om altyd te protesteer. ‘n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees (19:11). Hulle monde uiter halwe waarhede, laat dinge wat belangrik is weg en inuendo. Hulle liggaamstaal – oogknip, beduie –skep ‘n vyandige omgewing eerder as ‘n omgewing wat tot ‘n oplossing lei.

Moeilikheidmakers oortuig hulleself dat hulle die waarheid praat, maar ‘n ramp sal hulle tref. Met verloop van tyd word dit duidelik dat fie moeilikheidmakers self die oorsaak van die konflik is. Hulle kan permanent gediskrediteer word vir gebeure wat hulle blootstel vir wat hulle is. Die eintlike rede vir hulle val is dat die Here ‘n afsku het in iemand wat rusie stook tussen broers (6:16, 19)

As jy by ‘n reeks konflikte betrokke was, is jy ‘n moeilikheidmaker. Dit is reg om die waarheid te praat al verwelkom sekere mense dit nie. Wys my, Here, of ek die waarheid in liefde praat en of ek dit doen om konflik te veroorsaak. Gee my die wysheid om die verskil te onderskei.