Voornemens vir 2018

Voornemens vir 2018

Hier is die sisteem wat hy gebruik:

1.     Gaan na ‘n plek waar jy reeds voorheen was. Dit moet bekend genoeg wees dat jy nie oor die omgewing nuuskierig is nie, maar nie so bekend dat die mense jou sal onderbreek nie.

2.     Bring jou laaste maand se werk saam met jou in ‘n formaat wat vir jou anvaarbaar is – jou dagboek of ‘n uitdruk van jou kalender. Plaas die dinge in drie emmers – persoonlik, familie/vehoudings en werk.

3.     Evalueer hoe jy jou tyd toeken en vra watter een ding jy in elke emmer kan elimineer.

4.     Identifiseer een ding in elke emmer wat waarlik ‘n verskil maak en wat jy wil begin doen of wat jy wil hê. Dit kan wees om meer tyd met die kinders te spandeer of om meer te lees.

5.     Gebruik die tyd wat jy gespaar het by punt 3 en voeg dit by punt 4.

 

As jy probleme ondervind om vas te stel wat jy wil en wat jy nie wil hê nie, verbeel jou jy is 70 jaar oud. Hoe wil jy hê jou lewe moet lyk? Wat moet jy nou reeds vermy en wat moet jy nou reeds doen om te kry wat jy wil hê.

Dit klink vir my soos iets wat die moeite werd is om te probeer.




Spreuke: Wat is dwaasheid? (4)

Spreuke: Wat is dwaasheid? (4)

Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ‘n afkeer hê van kennis? (Spreuke 1:22).

Die algemeenste woord wat vir dwase in Spreuke gebruik word kan met hardkoppig vertaal word. Die algemeenste beskrywing van dwase is dat hulle eiewys, wys in hulle eie oë, nie in staat is om kennis te leer nie of reggestel te word nie, is.

 

Die kindersielkundige, Jerome Kagan, sê dat kinders met drie basiese temperamente gebore word wat bepaal hoe hulle op moeilikhede reageer. Sommige reageer met angs en onttrekking, sommige reageer met aggressie en selfversekerde optrede en sommige reageer met optimisme en ‘n poging om te wen deur sosiaal en vriendelik te wees. Elke benadering werk goed onder sekere omstandighede. As ouers nie intree nie, sal kinders se natuurlike temperament domineer. Hulle leer dan nie hoe om op te tree in situasies waar hulle natuurlike temperament onvanpas is nie. Hulle is dan hardkoppig en dwaas. Die moderne kultuur dring daarop aan dat ons kinders moet toelaat om hulleself te wees, maar wat vir hulle natuurlik voel, mag uitloop op ‘n ramp: Onverstandigheid id eie aan ‘n jongmens, maar ‘n pak slae haal dit uit hom uit (Spreuke 22:15). Om wys te word, moet dié wat angstig is, leer om brawer te wees, dié wat so so selfversekerd is, moet leer om versigtiger te wees en dié altyd optimisties is, moet meer nadenkend wees. In Jesus sien ons Een wat onder elke omstandigheid toepaslik opgetree het – met volmaakte wysheid. Na Lasarus se dood sê Jesus vir Marta: Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit? (Johannes11:23 – 26) en: toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskied en was Hy aangedaan. Hy var toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here kom kyk.” Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het Hy hom gehad!” (Johannes 11:33 – 36)

Ons moet vasstel wanneer ons te selfversekerd is en nie meer oop vir kritiek en nuwe idees is nie.

Ons sien Jesus deur die lewe loop sonder ‘n verkeerde woord of verkeerde tree, Hy weet presies wanneer om stil te bly en wanneer om te praat, wanneer om reg te stel en wanneer om te bevestig Here herskep assseblief sy wysheid in my deur u woord en Gees.

[Ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom for Navigating Life gebruik.]

 




Waar is die hemel?

Waar is die hemel?

John Piper hanteer ‘n rubriek Ask Pastor John. Hy het die volgende vraag gekry: Waar is die hemel tans?

 

As ons bid: Ons Vader wat in die hemel is … impliseer ons dat die hemel is waar God die Vader is. Voor die skepping was daar geen materiële heelal nie. Voor die skepping was daar geen ruimte en tyd nie.

 

Paulus verwys drie maal na God se optrede voor die skepping: Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid (1 Korintiërs 2:7). Ons kan met vertroue sê dat waar God woon is nie ‘n geografiese plek wat ons met ‘n ruimteskip kan bereik nie.

 

As die hemel is waar God woon, is dit tegnies nie ‘n plek soos ons ‘n plek verstaan nie. Waar God ook al was toe Hy die heelal gemaak het, is waar Hy steeds is. Hy is buite die heelal in ‘n werklikheidsdimensie wat by sy wese en bestaan pas. As ons verstaan dat daar op ‘n stadium niks was nie behalwe God nie. Niks nie. Geen ruimtelike dimensie nie – geen op en geen af  en geen sywaarts nie. Die enigste werklikheid was God. God is buite die heelal. Die feit dat ander dinge bestaan, is omdat God dit gemaak het. Hy staan los van hierdie dinge dit is waar die hemel is – buite die materiële heelal soos ons dit ken en wat Hy gemaak het.

 

Daarom lees ons in die Bybel dat God bo die hemele verheerlik is. Dink aan die hoogste hemel tot aan die einde van die heelal – God is anderkant dit, bokant dit, onder dit, oor dit en buite dit, dit is die hoogste en ware hemel.

Wat nou van die menswording van God in Jesus Christus. Hy was by God van altyd af. Hy is by God en Hy was van ewig af God. Hy was van altyd af daar. Hy is nie gemaak nie. Volgens Johannes 1;14 het Hy mens geword. Hy het ‘n menslike wese aangeneem en het ‘n fisiese liggaam gehad. Hy het ook fisies uit die dood uit opgestaan sy vriende het Hom herken. Om te bewys dat Hy nie ‘n gees was nie, het Hy vis geëet (Lukas 24:43).

 

Toe vaar Hy op na die hemel en die engel sê vir die dissipels wat kyk na Jesus se hemelvaart: Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het (Handelinge 1:11). Jesus het reeds vantevore gesê: van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel (Matteus 26:64).

 

Dit beteken dat Jesus, al het Hy ‘n liggaam by God in die hemel is Hoe is dit moontlik? Deel van die antwoord kry ons in 1 Korintiërs 15:42 – 44: So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek; wat gesaai word is gering en word in heerlikheid opgewek; wat gesaai word is swak en word in krag opgewek. ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, en ‘n geestelike liggaam word opgewek.

 

‘n Geestelike liggaam? As daar ‘n natuurlike liggaam is, is daar ook ‘n geestelike liggaam. Ons opstanidIngsliggaam sal dieselfde wees, want Jesus is die eerste vrugte van ons opstanding, dit is nie net ‘n natuurlike, fisiese liggaam nie. Daar is ‘n mate van kontinuïteit met die liggame wat ons het, maar dit is ook verskillend – ‘n geestelike liggaam en ons weet nie werklik wat ‘n geestelike liggaam is nie. ‘n Geestelike liggaam gaan verder of is bo die gewone ondervinding van ruimte. Ons weet dat Jesus na sy opstanding op onverwagte maniere verskyn het. Hy het oënskynlik deur mure en toe deure gegaan, maar Hy was nie ‘n spook nie – Hy eet vis. Daarom, ons is onseker oor wat ‘n geestelike liggaam is.

 

Die hemel is die plek war God woon en waar die opgestane Christus as sy regterhand sit. Christus bring die mensheid – sy eie mensheid – in die teenwoordigheid van God op ‘n tasbare manier op ‘n manier wat ons nie kan verstaan nie. Die belangrikste wat ons hiervan kan sê is soos Paulus in Filippense 1;23 Sê: Ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste.

 

Hemel vir ons na die dood en voor die opstanding is om by Christus te wees. Dit is baie beter as enigiets hier. By die opstanding sal daar ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wees. God sal neerdaal (ons verstaan dit nie); HY al by ons woon en vir ons ‘n God wees.

 

 




Spreuke: Wat is dwaasheid? (3)

Spreuke: Wat is dwaasheid? (3)

Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ‘n afkeer hê van kennis? (Spreuke 1:22).

Ons kyk vandag na die onkundiges. Dle dwaas is uit voeling met die werklikheid, maar elke soort op ‘n verskillende manier. Hulle is goedgelowig: Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word (14:15). Hulle word te maklik gelei en beïnvloed. Soos kinders word hulle maklik deur die skouspelagtige en dramatiese beïndruk. Sommige het gedurig goedkeuring nodig en word misbruik deur mense met sterk persoonlikhede wat dit vir hulle gee. Hulle volg diktators wat vir hulle vrede en oorspoed belowe. Hulle is intellektueel lui en wil nie oor dinge nadink nie. Hulle glo maklik enige skema wat belowe dat hulle vinnig ryk kan word.

Hulle kan leer en verander: As jy ‘n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is daaruit (19:25). Ons moet versigtig wees om nie goedgelowigheid en naïwiteit met ‘n gebrek aan sofistikasie geluk te stel nie. Jy kan sofistikasie soos die wêreld dit bepaal kortkom en steeds wys wees. Jy kan verfynd wees – welaf, goed opgevoed en met goeie verhoudings –  en steeds dwaas wees.

Meeste van ons het goedkeuring van ander mense te nodig. Ons is dikwels intellektueel ongeduldig – ek wil nie dinge uitdink nie. Ons moet God vra om ons ook van ons dwaasheid te genees.

[Ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom for Navigating Life gebruik.]