Die seënuitsprake van Jesus (20)

Die seënuitsprake van Jesus (20)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Baie mense glo dat God kan vergewe, maar sukkel om te glo dat God kan reinig. Hoekom? Hulle dra te veel bagasie uit hulle verlede saam met hulle. Ons moet sulke mense help dat hulle Christus se vermoë om hulle gedagtes en harte te kan reinig, raak te sien.  As jy dit nie aanvaar nie ken jy nog nie die Christus van die Bybel wat was, skoonmaak en reinig nie. Hierdie Christus reinig deurmekaar gedagtes en jy begin hoop as jy vertrou dat hierdie Verlosser jou hart sal reinig. Dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos (Matteus 1:21), Wat beteken dit? Ons sondes sluit in gewoontes en patrone van denke en gedrag. Christus het gekom om ons van ons sondes te verlos en van die mag wat die sondes oor ons het. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee (Titus 3:5).  God verlos ons deur ons te was. Hy was ons gedagtes en maak ons hart nuut. Dit beteken dat Hy aan jou nuwe belangstellings, nuwe energie en nuwe neigings gee. Met verloop van tyd haat jy die sonde wat jy eens liefgehad het.                                                       Soos Christus jou hart was, gee Hy ‘n nuwe liefde in jou hart vir Hom, ‘n nuwe belangstelling in sy Woord, sy mense en sy diens.

 

Hoe beweeg ons vorentoe? Die begin van geloof is om te sê: As ek in Christus is en Hy in my, glo ek dat Hy my hart kan reinig. God het die gewelddadige en godslasterlike hart van Saulus van Tarsus verander. As Hy dit vir hom kon doen, kan Hy dit sekerlik vir jou ook doen.

 

God doen die werk van reiniging en heiligmaking, maar Hy roep ons om aktief betrokke te wees in die proses. Daar is ‘n onderskeid wat ons moet verstaan. Met vergifnis kom ons met leë hande na die Here. In geloof ontvang ons ‘n geskenk wat Christus vir ons aanbied. As gelowige in God het jy nie meer leë hande nie. God se Gees leef in jou. Jy het ‘n nuwe hart. God plaas jou in ‘n posisie waar, deur sy genade en in sy krag jy in staat is om op te tree. In justification, our own works have no place at all, and simple faith in Christ is the one thing needful. In sanctifcation our own works are of vast impotance and God bid us fight, and watch, and pray, and strive, and take pains and labour (Biskop Ryle).  God roep ons op om pro-aktief te wees in ons najaag van reinheid. Nader tot God en Hy sal tot julle nader.  Was julle hande, sondaars,  en reinig julle harte, huigelaars (Jakobus 4:8). Let wel dat God tot ons nader, maar ons moet ons hande was en ons harte reinig. Paulus sê basies dieselfde in 2 Korintiërs 7:1. God gee sy belofte aan ons en deur sy belofte het ons hoop. Maar God roep ons om in sy belofte op te tree. Petrus sê: Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het … (1 Petrus 1;22).  Die najaag van reinheid is  ‘n proses waar God jou oproep om aktief betrokke te wees.

 

In die volgende blog gaan ons kyk na ‘n aantal praktyke wat reinheid van hart bevorder.

 

 

 




Die seënuitsprake van Jesus (19)

Die seënuitsprake van Jesus (19)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en Psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

‘n Mens wonder met reg van wie praat Jesus hier. Jesus voeg nog iets by wat vir ons onmoontlik klink: want hulle sal God sien. Moses wou ook vir God sien. God plaas hom in ‘n rotsskeur en maak hom met sy hand toe totdat Hy verby is. Dan sal God sy hand wegneem en Moses sou dan vir God van agter af sien (Eksodus 33:20). Die onmoontlikheid van hierdie twee dinge- om God te sien en rein van hart te wees- wys vir ons hoe ‘n groot Verlosser Jesus Christus is. Hy hou hierdie wonderlike belofte in sy hande.

 

Misverstande oor reinheid

Reinheid van hart beteken nie sondeloosheid nie. As dit so was, sou niemand ooit rein van hart kon wees nie, en niemand sou ooit vir God sien nie. Ons kan groei en vooruitgaan, maar niemand van ons kan ooit alles word wat God van ons vra nie. Johannes skyf aan gelowiges en sê vir hulle: As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie (1 Johannes 1:18). DIe Bybel praat van reinheid of heiligheid op verskeie maniere. Ons moet tussen hulle kan onderskei:

  1. Daar is die reinheid wat aan God behoort

By God op sy hoë troon was daar serafs om Hom te dien Hulle roep mekaar telkens toe: Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige (Jesaja 6:3). Hulle sê drie maal dat God heilig is, want sy reinheid is onvergelykbaar,

 

  1. Daar is die reinheid wat ons s’n sal wees in die hemel

Maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy al wees (1 Johannes 3:2). Ons sal die reinheid van ons Verlosser weerspieël.

 

  1. Daar is ‘n reinheid wat God wil hê dat ons nou moet najaag

Dit is die reinheid waarvan God in hierdie seënuitspraak praat. Reinheid in hierdie geval is nie volmaak nie. Waar daar ‘n verlange na reinheid en ‘n afsku van onreinheid is, dan is daar reinheid van hart.

 

Wat is reinheid van hart?

As reinheid van hart dan nie sondeloosheid beteken nie, wat beteken dit dan? Daar is twee antwoorde op hierdie vraag.

 

  1. Reinheid van hart is ‘n onverdeelde hart.

Tor Elia God se mense op Karmel-berg  bymekaargemaak het, vra hy vir hulle: Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes. As die Here God is; volg Hom, maar as dit Baäl is, volg hom (1 Konings 18:21). Hulle wou die seëninge van God gehad het terwyl hulle voortgaan met dieselfde sondes. Dit gebeur as jy jou nooit volledig aan Christus gee nie. ‘n Rein hart is ‘n onverdeelde hart. Soren Kierkegaard het ‘n boek met die wonderlike titel Purity of Heart is to Will One Thing geskryf. Die teenoorgestelde van ‘n rein hart is huigelary. Die psalmis skryf; Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien (Psalm 86:11). Paulus gee vir ons ‘n blik op sy najaag van ‘n rein hart: Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus (Filippense 3:13 – 14). Let op reinheid beteken nie dat Paulus reeds volmaak is nie. Hy stel dit duidelik: Ek sê nie dat ek dit alles al het nie en die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak (3;12).

 

Reinheid van hart is nie dit wat ons bereik het nie, maar dit wat ons nastreef en hoe ons dit nastreef. Dit gaan oor ‘n enkelvoudige doel (maar een ding doen ek).

 

Reinheid van hart is ‘n hart wat vergewe is

As ek in Jesus Christus glo, word Jesus Christus myne en ek word syne. In hierdie eenheid ontvang ek twee wonderlike gawes. Die eerste een is vergifnis – God laat vaar alle aanklagte teen my en versoen my met Homself: ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op Hom laat afkom (Jesaja 53:6).  God sal nooit betaling eis vir sonde wat reeds betaal is nie. ‘n Christen se vertroue voor God in lewe en dood berus nie op sy lewe nie. Nee, dit berus op God se karakter wat getrou en regverdig is en op die werk van ons Verlosser wat ons geregtigheid beseël het deur ons skuld aan die kruis met sy bloed betaal het.

 

2,   ‘n Skoongewaste hart

Vergifnis en skoon was hoor bymekaar. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid (1 Johannes 1:9). Diegene wat God vergewe reinig Hy ook. Hierdie twee seëninge behoort aan diegene wat in Christus is. Daar is ‘n verskil tussen hulle: vergifnis en versoening gebeur eenmalig in Christus, maar reiniging het ons op ‘n voortdurende basis nodig.

 

Baie mense sukkel om te glo dat God kan reinig. Daarna kyk ons volgende keer.

 

 

 




Die seënuitsprake van Jesus (18)

Die seënuitsprake van Jesus (18)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang. Ons gaan verder met ons beskrywing van vergifnis.

 

As jy ‘n persoon help met ‘n enkele stryd, kan jy nie net na die probleem kyk nie, maar jy moet na sy algemene geestelike gesondheid kyk. As jy aandag gee aan jou algemene geestelike gesondheid stel dit jou in staat om spoed op te tel om oor die hekkie te kom en om jou besondere stryd te wen. Moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseêl met die oog op die verlossingsdag. Moet nooit verbitterd of opvlieënd wees of woedend word nie, moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 430 – 32).

 

Hier is ‘n aantal treë wat jou by vergifnis kan uitbring:

 

  1. Onthou dat die Heilige Gees in jou woon

Moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseêl met die oog op die verlossingsdag (Efesiërs 4:30). Jy mag dinge ondervind het wat baie moeilik is om te vergewe. Onthou altyd dat niemand nog ooit meer as God moes vergewe nie. Vergifnis mag buite jou vermoë wees, maar jy kry momentum on te vergewe as jy weet die Heilige Gees in jou aan die werk is.

  1. Moenie by jou probleem stilstaan nie.

Moet nooit verbitterd of opvlieënd wees of woedend word nie, moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie(Efesiërs 4:31).  Dit kom alles as jy jou seermaak vertroetel. Elke keer as jy daaroor nadink, blaas jy die vuur in jou siel aan. Met die hulp van die Heilige Gees doen dinge wat waar, eerbaar, rein, mooi en uitstekend is. Vul jou gedagtes met dinge wat prysenswaardig is. En jy vorder vinnig op die pad na vergewing (Filippense 4;8).

  1. Moenie baklei en stry nie

Moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. (Efesiërs 4:31). As ‘n verhouding probleme ondervind sal ‘n bakleiery oor wie wat gedoen sake net alles vererger. ‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie, inteendeel., hy moet vriendelik wees teenoor almal (2 Timoteus 2:24). Om rusie te maak, neem jou verder van die vergifnis wat jy soek. As jy iemand wil vergewe, moet jy verbitterdheid, rusie, vloek en skel uit die pad kry.

  1. Jy moet deernis hê met die persoon wat jou seergemaak het

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar (Efesiërs 4:32). Deernis is veral belangrik as die persoon wat jou seergemaak het geen idee het van wat hy gedoen het nie. Hy het dus geen berou nie. En geen sin van verantwoordelikheid nie. Hy is totaal onbewus van die pyn wat hy veroorsaak.  Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie (Matteud 9:36). Jesus het deernis met die menigtes gehad, want hulle het nie eers geweet dat hulle verlore is nie. Die persoon wat teen jou gesondig het, mag net soos hulle wees. Lyding maak dikwels ons harte hard. Dit is nie noodsaaklik nie. God kan jou wonde gebruik om jou deernis te vermeerder. Dit bring jou nog nader aan vergifnis.

  1. Besef dat jy die vergifnis van ander nodig sal hê

Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het (Efesiërs 4:32). God sê nie: “Vergeef die persoon wat jou seergemaak het,” nie. Hy sê dat ons mekaar moet vergeef. Vergifnis gaan in beide rigtings. Daar is sekerlik dinge waarvoor jy ander om vergewing moet vra, maar die teenoorgestelde is ook waar. Maak nie saak hoe ver jy op die Christelike pad gevorder het nie, sal jy altyd in die posisie wees om te sê: Here wees my sondaar genadig. Ons het voortdurende vergifnis nodig.

  1. Waardeer jou vergifnis in Christus.

Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het (Efesiërs 4:32). God se vergifnis is die model en die motief vir ons vergifnis. Daarom beklemtoon Paulus hoe hy deur Christus vergewe is. Dink hoe God jou in Christus vergewe het – met vreugde, vryelik en volledig.. Dit was onverdiend, onomkeerbaar en ewig. Mag die kosbare geskenk wat jy by God ontvang het jou hart lei na aanbidding, wonder, liefde en lof. Dan is jou hart gereed om ander te vergewe, soos God jou in Christus vergewe het.

 

 

 




Die seënuitsprake van Jesus (17)

Die seënuitsprake van Jesus (17)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.  Ons kyk in hierdie blog n hoe en wanneer god vergewe.

 

  1. God vergewe wanneer iets verkeerd gedoen, is. Elke sonde in ons lewens is ‘n belediging teen God.

Saulus het die Christene vervolg, maar toe Christus op die pad na Damaskus aan hom verskyn, vra Hy hom waarom hy vir Christus vervolg. Paulus se geweld was gerig teen Christene, maar die sonde wat hy gedoen het, was teen Christus.  In Psalm 51 erken die psalmis sy sonde van owerspel en erken dan: Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg, en u oordeel regverdig (Psalm 51:4). Hy het oortree teen die vrou, haar man en sy eie vrou, maar die psalmis besef dat al sy oortredings teen God was. Al vergewe mense Hom moet hy tog uiteindelik deur God vergewe word.

 

  1. God vergewe as iemand iets verkeerd gedoen het en berou begin

Die verhaal van die verlore seun maak dit duidelik. Die seun verlaat sy ouerhuis nadat hy in opstand gekom het. Hy kom tot sy sinne en sy hart verander. Hy pak die lang pad huistoe aan .Hy verwag nie veel nie. Hy hoop sy vader neem hom as een van sy diensknegte in diens.

 

Die vader sien sy seun reeds op ‘n afstand raak en hardloop hom tegemoet. Dit teken vir ons die wonderlike waarheid: God storm uit om sy verlore kinders te ontmoet en hulle te omhels in sy liefdevolle vergifnis.

 

Berou is ‘n proses wat elke gelowige in sy lewe begin, maar nie baie voltooi nie die proses nie. Gelukkig vergeef God ons as die proses net begin en nie wanneer dit eers voltooi is nie. Die les hier is dat as iemand at iets verkeerd teenoor jou gedoen het, begin om berou te toon, vergewe hom. Onthou hierdie vader het nie in die huis met gevoude arms gesit en wag totdat sy seun die laaste tree tot by Hom gegee het nie. Vergifnis kom eers as die proses van berou eers begin het. Daar is geen vergifnis sonder berou nie. Jesus sê vir diegene wat Hom verwerp het: Ek gaan weg, en julle sal my soek, maar julle sal in julle sonde sterf (Johannes 8:21)

 

Wat maak ek met iemand wat nie eers jammer is oor wat hy my aangedoen het nie? Wat is jou verantwoordelikheid in so ‘n situasie? God vergewe nie sondaars wat nie berou het nie. Die Bybel sê dat God hulle liefhet en dit is wat Hy ook van ons verwag: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg (Matteus 5:44). Dit is wat God self doen. Vir die mense wat geen berou het nie, moet jy deernis hê en vir hulle bid.

 

 

 

Liefde kan net van een kant af kom. Jy kan iemand liefhê sonder dat hy jou liefhet. Vergifnis kom van twee kante. Daar is twee parte betrokke. Een party vergeef en die ander party word vergeef en in die proses word ‘n verhouding herstel. God se vergifnis lei altyd tot ‘n herstelde verhouding.

 

God vergewe want versoening is gedoen

Toe God die wêreld geskape is, het Hy net gepraat. Toe Hy geskryf het, het Hy nie net gepraat nie. Dit was maklik. Hy het  die bloed van Jesus nodig gehad. God begin waar berou nodig was. Die basiese vraag wat ons nodig gehad het, is: Hoe kan ek die plek waar ek bereid is om ander te vergewe te kry, soos God ond vergewe het in sy groot genade.

 

Volgende keer  gaan ons na maniere om te vergewe te vergewe.