Hoe word ek geestelik fiks?

 

Hoe word ek geestelik fiks?

As ons mense se voornemens vir ‘’n nuwe jaar lees, is een van die algemeenste voornemens: ek wil hierdie jaar fiks word. Om dit reg te kry, het ek gesonde gewoontes nodig. Ons kan dit ook op die Christelike lewe toepas – bou gesonde geestelike gewoontes:

  1. Geestelike gesondheid begin by die inname van die regte geestelike voedsel

Ons het die regte gesestelike voedsel nodig om ons geloof te voed, sodat dit in die waarheid gewortel is. Maar jy moet verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer (Titus 2:1). Gesonde leer leer vir ons wat die korrekte geloof is – geloof gewortel in die waarheid, in wat God sê. Hierdie geloof word nie beïnvloed deur vals leermeesters nie. Om behoorlik gevoed te word, moet Christene gereeld bid, ‘’n kerk wat op die evangelie fokus, bywoon en God se woord lees. So voed jy jou geestelik met gesonde voedsel

 

  1. ‘’n Gesonde geestelike lewenstyl is nie volledig sonder gereelde oefening nie.

‘’n Hardloper wat nie oefen vir die resies nie, sal sukkel om die wedloop te voltooi. Almal wat aan ‘’n  wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘’n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘’n onverganklike. Ek hardloop dan soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘’n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie (1 Korintiërs 9:25 -27). Soos ‘’n boom geplant in goeie grond en wat gereeld water kry,  goeie vrugte sal dra. AS ek goeie vrugte wil dra, moet ek Christus lewenslank navolg en eer deur sy gebooie na te kom.

 

  1. Geestelike gesondheid vereis lewenslange dissipline

Om Christus te volg, is soos ‘’n resies – dit vereis oefening. Hierdie gewoonte is moeilik om te onderhou. Dit is moeilik om ‘’n slaai te eet as ons vriende ‘’n burger en aartappelskyfies eet. Ons voel nie altyd lus om kerk toe te gaan of om te bid of Bybel te lees nie. Hierdie gewoontes is lewensnoodsaaklik om te keer dat ons nie ontspoor word as ons versoek word of as ons twyfel odat ons misluk het nie. Gesonde gewoontes hou ons aan die gang as ons wil tou opgooi.

Om ons kruis op te tel en Jesus te volg vereis dissipline. Gelukkig laat hy ons nie aan ons eie pogings oor nie. Hy gee aan ons die Heilige Gees wat in ons woon en wat in ons werk sodat ons kan groei.

 

  1. ’’n Gesonde geestelike lewenstyl vereis daaglike herinneringe aan God se genade en goedheid aan ons bewys.

A ek misluk om ‘’n geestelike gesonde lewenstyl te leef, moet ek altyd onthou dat my verlossing nie afhang van wat ek doen nie. Di resies wat ons hardloop het ‘’n einde. Christus het reeds verseker dat as ons in Hom glo ons die resies as wenner sal voltooi. Hy is die versoening vir ons sondes en nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld (1 Johannes 2:2) Hy het God se gebooie volmaak onderhou en al die hindernisse op ons pad oorwin – sonde dood en die duiwel.

 

Die angel van die dood is die sonde en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbart, altyd oorvloedig in die werk van die Here, sodat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie (1 Korintiërs 15:56 -58).

 




Hoe lees ChristenE die Ou Testament

Dit is ‘’n vraag wat baie Christene pla. Die Hebreër-boek gee vir ons leidrade hoe om dit te doen, noudat Christus alle dinge vervul het. Daar is verkeerde maniere om die OT te lees:

  1. Ons lees dit OT as ‘’n boek wat nie aan die kerk behoort nie

Soms glo ons die OT behoort aan die Jode en die NT aan die kerk. Ons wil graag ons kerk so organiseer dat dit ‘’n wettige NT kerk is. Hiermee bedoel ons ons wil die skklesiologie soos gemodelleer deur die apostels en Jesus naboots. Natuurlik is dit reg en goed, maar ons moet versigtig wees om nie die indruk te skep dat ons Bybels by Matteus begin nie. Die OT Skrifte behoort aan die kerk, want hulle getuig van en skep die histories -verlossings konteks van die evangelie: Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en profete getuig, in werking getree (Romeine 3;21).

Marcion het bewer dat die God van die OT nie ook die God van die NT is nie. Hy wou later wegdoen met die OT. Vandag kry ons ook steeds mense wat beweer dat die OT portret van God baie kru en rudimentêr is.

  1. Die versoeking om die OT te ignoreer.

Baie van ons verstaan nie die OT nie, want dit is so vreemd aan ons kultuur. Dit is ook moeilik om te verstaan. Maar die OT verskaf die konteks waarbinne ons die evangelie moet verstaan.

  1. Die siening dat Christelike teologie primêr in die OT gegrond is.

Dit is nou die teenoorgestelde.  Hiermee erken ons nie die betekenisvolle verlossings-historiese oorgange nie. Hierdie oorgange is die gevolg van JesusChristus wat God se eskatologiese koninkyk kom vestig het. Natuurlik is daar kontinuïteit tussen die twe Testamente, maar daar is ook betekenisvolle diskontinuïteit. Ons is NT mense en mense van ‘’n nuwe verbond. As ons die OT lees, moet ons dit lees in die lig van die vervulling deur J.C..

Christene mag nie die OT ignoreer, of verwerp of onkrities verhef nie. Jesus Christus het nie gekom om die OT ongeldig te maak nie, maar om dit te vervul (Matteus 5:17). Die OT is vir ons onderrig geskryf en en is van groot waarde selfs nou in die tyd van die nuwe verbond om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘’n regte lewenswyse te kweek (2 Timoteus 3:16). Paulus sê: alles wat vooraf in die Skrif opgteken is, is tog opgteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoeding  wat die Skrif ons gee, vol hoop kan ees (Romeine 15:4). die OT wat in die verlede opgeteken is, is vir ons onderrig, hoop en bemoediging. Ons moet nie alleen die OT lees nie, maar ons moet leer daarom reg te lees in verhouding tor Jesus Christus.




God is soos ‘n berg?

God is soos ‘n berg?

Vandag se wysheid sê dat God ‘’n berg is en die verskillende godsdienste is net verskillende  paaie wat na die top van die berg lei. Ek verkies my godsdiens, maar ‘’n wyse man sien dat almal na die top van die berg lei.

 

Dit is soos die verhaal van die blinde mense en die olifant die een gryp die slurp en sê dit is ‘’n spies; die ander gryp die stert en sê dit is ‘’n tou; die ander voel die olifant sê sy en sê dit is ‘’n muur; die ander voel die oor en sê dit is soos ‘’n waaier.

 

Ons is blinde mense wat in die donker rondtas. God is die olifant ons moet ophou om so dogmaties te wees en ons denke ‘’n bietjie oopmaak. Dit is goed om ‘’n oop gemoed te hê, maar baie moderne mense het te vêr gegaan.

Dit Is goed en wel om te sê dat God soos ‘’n berg is of dat ons net ‘’n deel van God se waarheid sien. Dit  is goed behalwe dat die een wat dit sê aanvaar dat hy alles weet.

In die voorbeeld van die berg kyk die verteller na ons godsdienstige mense elkeen wat voortstrompel op sy pad en sê: ‘As julle net kon sien wat ek sien, sou julle besef dat die paaie almal dieselfde is. In die gelykenis van die olifant sê die verteller dat sy die blinde mans se dwaling sien en kan hulle onkunde regstel. In beide gevalle is die probleem die verteller se arrogansie. ‘’n Nederige  persoon sou sê: ‘Ek weet nie alles nie, maar ek is gewillig om te leer.”

Daar is ook ‘’n probleem met die logika. Dit vat baie om te sê dat die godsdienste van die wêreld dinge sê wat mekaar aanvul. Jy kan die stelling alleenlik maak as jy nie diep daaroor nagedink het oor die teenstrydighede tussen die verskillende godsdienste nie. Een voorbeeld is wat met mense gebeur as hulle sterf. Party sê hulle gaan na die hemel of die hel; ander praat van reïnkarnasie en nog ‘’n lewe op aard; ander sê jy verdwyn sommer in die niet. Jy kan fog nie al hierdie dinge tegelyk doen nie. Logies is hierdie verskille ware verskille. Dit doen niemand enige goed om voor te gee dat daar geen verskille is nie – die feite weerspreek dit.

 

Daar is ook ‘’n verhoudingsprobleem.

Nêrens in ons lewens gebruik ons sulke onnosel argumente nie. Dit maak tog saak waar ons kyk.

As God net ‘’n storie is wat ons opgemaak het in ons verbeelding, maak dit nie saak waar ons Hom soek nie. As God ‘’n werklikheid is, moet ons weet waar om Hom te soek en hoe ons Hom soek. Die evangelieboodskap is nou al kom gesofistikeerde mense daarteen in opstand. Daar was ‘’n man wat wondertekens gedoen het en blindes laat sien het. Net dur Hom –deur Jesus Christus- kan ons –blind soos ons is – weer sien en die lewe wat ons nodig het ontvang.

 

 

 

 

 




Die God wat praat

Die God wat praat

‘’n Baie belangrike bewering wat die skrywer van die Henreër-brief maak, is dat God praat. Hebreërs 1:1 – 3 herinner ons daaraan dat God deur die geskiedenis gepraat het..  Nou het Hy sy finale openbaring in Jesus Chroistus gegee. God se openbaring is deel van sy genade vir ons. Ons dink gereeld an God se genade in die konteks van verlssing, maar ons moet ook aan sy genade in die konteks van sy openbaring dink.

As God Homself nie aan ons in sy Woord geopenbaar het nie, sou ons geen kennis van die betekenis van die kruis en Jesus se opstanding gehad het nie. Ons sou ook nie geweet het wat die toepaslike reaksie op die evangelie is nie. Ons kan God nie ken sonder sy openbaring nie. Daar is geen rede waarom God van sy persoonlike privaatheid afstand moet doen nie. Dit is net uit genade wat God met ons praat. Ons verdien nie sy lewegewende woorde nie. As God nie gepraat het nie was ons in duisternis en onkunde gelaat.

 

Die Bybel maak dit duidelik dat daar twee soorte openbaring is:

  •  Algemene openbaring: God praat met ons in die natuur.

Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee (Psalm 19:2 -3). Romeine1 vertel ook van die aard, omvang en doel van hierdie algemene openbaring.

Van die skepping van die wêreld af kan ‘’n mens uit die werke van God uidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is (Romeine 1:20). Algemene openbaring is nie voldoende vir ons om die verlossing deur Jesus Christus te verstaan nie.

  • Spesiale openbaring. Hierdie openbaring is direk, verbaal wat uit die mond van God kom. Dit is wat ons in die Skrif het. As die Skrif praat, praat God.