Die God wat verseker/gerusstel

Die God wat verseker/gerusstel

 Gideon se reaksie na hy in die Midianiete se kamp was, is om die Here te dank. God gaan voor hom uit. Hy loof Hom. Sy vertroue in God om die oorwinning te gee, spoor hom aan om op te tree. Hy gaan na die kamp en sê: Kom, die Here gee die leër van Midian in ons mag oor. Wat sê dit vir ons van die Christelike lewe?

God is die groot Gerussteller. Hy neem die inisiatief. Gideon moet die vyandelike kamp besoek om hom so vêr te kry om te aanbid, te vertrou en aan te val. God gaan uit sy pad om mense gerus te stel. Die eerste brief van Johannes is geskrywe dat ons Hom kan ken (1 Johannes 2:3). Die Heilige Gees werk in ons om ons te verseker dat ons God se kinders is (Romeine 8:16). As jy iemand lief het, is jy bereid om hulle van jou liefde te verseker – God doen dit ook. God mag risiko’s van ons verwag op pad na sy versekering. Om in die vyand se kamp in te gaan was vir Gideon ‘’n waagstuk. Dit is egter die plek waar God aan hom die versekering gee en vertroue gee; waar God hom lei om Hom te aanbid; en waar God hom tot optrede aanspoor. Jesus sê vir sy dissipels: Gaan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels , maar Hy beloof ook: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld (Matteus 28:19 – 20).

Paulus het hard gewerk om sy gemeentes tot volwassenheid te bring: Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk (Kolossense 1:29). Ons kan vind dat ons nie God se versekering het nie – ons is nie bewus van sy teenwoordigheid nie, want ons doen nooit iets in gehoorsaamheid aan Hom nie of ons waag nie vir Hom nie.

Ons, soos Gideon, moet gedurig verseker word ons het gereeld bevestiging van sy teenwoordigheid, krag en leiding nodig

Ons dink Gidon is swak. Die Engel  het veroorsaak dat Gideon se offer verbrand word, toe volg die twee episodes met die vlieswol en nou die Midianiet se droom voor hy bereid wa om aan te val. Ons moet eers na ons eie geestelike geskiedenis kyk. Dan sien ons dieselfde ding. Hoeveel besluite het ons al geneem om radikaal vir God te leef wat ons nie nagekom het nie? Ons verskil nie baie van Gideon nie. Ons ontspan selde en vertrou op God. Maak nie saak wat God vir ons doen nie, ons bly hardkoppig en leef baie moeilik volgens sy beloftes.

Ons het God se voortdurende gerusstelling nodig; Hy moet ons gedurig daaraan herinner dat Hy met ons is:

  • Hy doen dit eerstens deur sy woord en dikwels vind ons dan dat die Heilige Gees kom en sy beloftes ‘’n werklikheid vir ons maak.
  • God stel ons ook deur ander mense gerus – vriende kan ons bemoedig oor wie ons as God se kinders is.
  • God verseker ons ook deur omstandighede. Gideon was op die regte plek om die gesprek in die kamp van die Midianiete te hoor. Hierdie is nie toevallig nie. God het hom op die regte tyd na die plek gebring sodat hy di gesprek kon hoor.

Hoe weet ons ons is gerusgestel? Rigters 7:15 help ons hierin. Dit is as ons gelei word tot aanbidding en lof van God en tot radikale gehoorsaamheid aan Hom.

 

 




Hoekom moet ons ons afsonder?

Hoekom moet ons ons afsonder?

Kyk na Jesus se bediening tussen die mense. Dit was een-op-een of in klein groepe of voor massas, maar Hy stel Homself beskikbaar. Maar ons moet ook kyk na die tyd wat Hy alleen deurgebring het.  Voor Hy met sy openbare bediening begin het, spandeer hy 40 dae en nagte alleen in die woestyn. Al was sy dissipels naby aan Hom bid Hy alleen in die tuin van Getsémané in die evangelies lees ons van baie ander geleenthede waar Jesus Hom onttrek het. Hoekom moet ons, soos Jesus, geleenthede soek om ons af te sondêr?

  1. Om van mense weg te kom. God hou van mense, maar mense kan maar moeilik en veeleisend wees. Daarom moet ons periodiek wegbreek na ‘’n plek waar dit net ons en die Heilige Gees is. Die vrugte van so ‘’n wegbreek is hernude passie en meer sensitiwiteit as ons eers weer terug is.
  2. . Om na die dink oor ons ware geestelike toestand

Ons moet onsself eerlik evalueer. Afsondering  skep ‘’n atmosfeer van deursigtigheid en kwesbaarheid waarin God groot werke kan doen.. Dawid is ‘’n wonderlike voorbeeld. Ten spyte van al sy tekortkominge bly hy ‘’n man na God se hart: Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad (Psalm 139:23 – 24)

  1. Om God duideliker te kan hoor.

God praat met sy getroue dienaars. Die probleem is dat ons leef midde-in konstante geraas. Dit maak die baie moeilik om sy stem te hoor. Moses het duidelik gehoor en verstaan wat God gesê het toe God hom geroep het.. Hy het geweet wat God wou gehad het dat hy moes doen.

  1. Om ons van wêreldse denke te reinig

Veertig jaar in isolasie het Moses se siel help reinig. Paulus het dramaties tot bekering gekom, maar God stuur hom drie jaar na die woestyn in Arabië as voorbereiding vir sy taak. God het hom daarheen gestuur om die ywerige verdediger van die wet te verander in ‘’n sendeling vol deernis en passie.

  1. Om ons siele te kalmeer

Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde (Psalm 46:11) Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee (Matteus 11:28). Meeste van ons laste sal kleiner word as ons net sou tyd inruim om weg te breek.

  1. Om te herbesin oor ons prioriteite en doelwitte

Ons put ons uit en ons bediening is ondoeltreffend.  Afsondering help ons om weer te kalibreer. Elia was vreesbevange en uitgeput; hy vlug na die woestyn; hy verlang om dood te gaan. Na ‘’n tydperk van rus en vernuwing verlaat hy die teenwoordigheid van God met ‘’n nuwe visie en opdrag (1 Konings 19:15 – 16).

 

 Goals are discovered, not made.” ( Richard Foster). Ons kanse daarom om dit reg te kry, is beter as ons afgesonder is.

 




Die najaag van geluk is ’n doodloopstraat

Die najaag van geluk is ’n doodloopstraat

Toe God met Job uit die stormwind gepraat het (Job 38) het God vir hom gesê dat Hy die aarde se fondamente gelê het. Dit beteken dat Hy alles gemaak het. Daardie oggend toe die sterre saamgesing het en die hemelligame gejubel het. As ons terugdink so ver as moontlik is vreugde wat ons kry. Die sterre van God en die hemelliggame sing en jubel van vreugde.

In Openbaring, as ons so vêr as moontlik in die toekoms kyk, kry ons ‘’n soortgelyke vreugde. Die hele skepping is om die Seun se troon vergader en hulle sing van vreugde – ‘’n groot uitbundige koor. Te midde van diegene wat daar saamgetrek is, is daar 24 ouderlinge wat die twaalf stamme van Israel en die 12 apostels van die kerk verteenwoordig. Hulle sit hulle krone voor die troon neer (Openbaring 4:10)

Ons geloof, ons hele bestaan, begin en eindig met vreugde. En tussen die begin en einde is daar vreugde: oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad (PSALM 46:5).  Jesus sê dit reguit: dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees (Johannes 15;11). Paulus skryf aan die Filippense oor blydskap: Maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees; een in liefde, een van hart  en in strewe (Filippense 2:2).

Die bron van geluk is ons omstandighede. Die bron van ons vreugde/blydskap is God.




Jy het minder manne nodig

Jy het minder manne nodig

Die twee leërmagte – Gideon se manne en die Midianiete wat Israel sewe jaar lank onderdruk het – se kampe lê naby aan mekaar. Die geveg is naby en daar word aanvaar dat Israel elke moontlike man nodig sal hê as hulle die vyand wil verslaan. Maar God wil hê dat Gideon minder manne moet hê en nie meer nie: ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie (7:2). Hoekom wil God die mag verminder? Israel sal teenoor my spog en sê: ‘Ek het myself gered.’ Gideon sal of die eer vir die Here gee of dit vir homself toe-eien. Die menslike natuur is so dat as daar die geringste geleentheid is om in sy eie werk te spog, hy dit is voldoende sal sien. Let op die Here sê dat hulle teenoor My sal spog. Sodra ons dink ons verdien die krediet vir ons eie verlossing, neem ons die heerlikheid van God, wat dit verdien, weg. Ons stel onsself aan as alternatiewe verlossers. Die les wat ons nooit mag vergeet nie, is dat verlossing slegs deur God se genadige optrede is – ons verdien dit nie met ons optrede nie. God kan ‘’n oorwinning bewerkstellig deur een man (soos Simson) of deur duisende (soos Debora en Barak). God verminder die manne want Hy weet hulle is te vee is om te sien wie geloof en geprys moet word as hulle die oorwinning behaal.

Daarom sê die Here dat die getalle verminder moet word. Al die manskappe wat bewe en bang is, moet teruggaan 22000 uit die 33 000 draai terug diegene wat bereid was om hulle vrees vir die oorlog in die openbaar te erken sal die eerste wees wat terugval as die oorlog begin.

Die rede om hulle terug te stuur was goed. Vrees is aansteeklik as ‘’n groep paniekerig raak en vlug word die vasberadenheid van die ander getap Hierdie besluit was vir die moraal van die leër.

Die tweede groep word huis toe gestuur vir onseker redes. Na die 22 000 weg is sê die Here dat hulle nog te veel is. Die Here sê vir Gideon: Daar is nog te veel. Vat hulle afwater toe en daar sal Ek hulle vir jou sif. 10 700  kniel om te drink en 300  skep die water met die hand op. DIt is hierdie 300 wat oorbly – die res word almal huis toe gestuur. Die Here sê: Ek sal julle red met die 300 man wat die water opgeskep het. Ek sal vir Midian in jou mag oorgee. Gideon openbaar groot geloof hier. Hy vertrou vir God en nie die getalle nie. Dit is die geloof waarvoor hy in Hebreërs 11:32 – 34 aangeprys word. Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, SImson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag.

Hoekom het die Here juis hierdie toets aangelê. Mense sê die 300 was wakkerder en waaksaam. Hulle hou vas aan hulle wapens en bly op hulle voete terwyl die ander gedrink het op ‘’n manier wat dit onmoontlik gemaak het dat hulle hulleself kon verdedig.

Beide verminderings is gedoen sodat Israel nie teenoor die Here in hulle eie krag sou spog nie. Gideon moes terugkyk en dink: “Hierdie oorwinning was God s’’n, nie myne nie my aandeel was om Hom te vertrou en te gehoorsaam Die heerlikheid is syne.” Ook die 300 man sou sê: ‘Dit was onmoontlik vir ons om te wen. Ons was te min. Dit is God se oorwinning die heerlikheid is syne. Ons was bevoorreg om deel te wees van wat Hy gedoen het.” Die res van Israel kon dink: “Ek was nie ers daar nie, God het my verlos sonder dat ek iets gedoen het. Prys die Here!”

Hier sien ons weer die beginsel wat ons herhaaldelik in Rigters en die res van die Bybel kry. God verlos nie op maniere wat ons verwag nie of deur krag nie. Meeste van die Rigters lyk nie na groot leiers nie en die oorwinnings val buite die wêreld se logika. Gideon is ‘’n man uit ‘’n swak familie en ‘’n swak stam en hy kom voor die magtige Midianiete met net 300 man te staan – en oorwin hulle.