Psalm 37 (1)

Psalm 37 (1)

Laat jou lewe aan die Here oor – die swakkes sal die land besit (37:1 – 40)

37 Van Dawid.

Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie,

2want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.

3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

4Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

5Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son,

jou reg soos die helder lig van die middag.

7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie.

8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede,

moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

9Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.

10Nog ’n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;

’n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.

11Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart.

12Die goddelose soek die ondergang van die regverdige en bedreig sy lewe.

13Die Here lag vir die goddeloses, want Hy sien hulle dag kom.

14Die goddeloses trek die swaard en span die boog om die hulpelose en die arme

dood te maak, om dié wat die regte pad loop, te vermoor.

15Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref en hulle boë sal stukkend gebreek word.

16Die bietjie van die regverdige is beter as die rykdom van talle goddeloses,

17want die mag van die goddeloses sal verbreek word,

maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.

18Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,

en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.

19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,

in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.

20Die goddeloses sal te gronde gaan, die vyande van die Here sal tot niet gaan;

soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan, so sal hulle verdwyn.

21Die goddelose leen en betaal nie terug nie, die regverdige kry jammer en help.

22Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;

maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.

23Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.

24As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.

25Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.

26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan.

27Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, dan sal jy die land altyd bewoon,

28want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie.

Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.

29Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon.

30Wat die regverdige prewel, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg.

[Prewel – die  Hebreeuse woord verwys na die Joodse gebruik om die Tien Gebooie en ander wette van die Ou Testament gedurig saggies vir hulleself op te sê.]

31Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie.

32Die goddelose lê die regverdige voor en soek ’n kans om hom dood te maak,

33maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie

en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie.

34Wag op die Here en hou by sy pad, dan sal Hy jou aansiwn gee om grond te besit. Jy sal toekyk  wsnneer goddelose mense uitgeeroei word.

35Ek het ‘n goddelose mens gesien, ‘n gewelddadige wat gedy het soos ‘n lowerryke inheemse boom

36Maar toe iemand weer daar verbygaan, was hy weg, Ja, toe ek hom soek, was hy nêrrens te vinde nie.

37Let maar op ‘n onbesproke mens, kyk maar na ‘n optregte – ‘n vredeliewende mens het afstammelinge;

38Maar oortreders wod almal saam uitgedelg, di afstammelinge van goddelose mense word uitgeroei.

39Regverdiges se verlossing kom van die Here – hulle toevlug in ‘n tyd van verdrukking

40Die Here help hulle en  bevry hulle,

Hy bevry hulle van goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

 

 




Hoe lees ek my Bybel?

Hoe lees ek my Bybel?

As ek die Bybel wil lees, moet ek die groot prentjie sien. Dit is baie moeilik om vir jou kinders ‘n huis te bou sonder enige planne. Volg die instruksies. Net so, as ons die Bybel lees, moet ons die oorkoepelende verhaal in gedagte hou. Dan sal ons die besonderhede beter verstaan. Waaroor gaan die Bybel? Vir so ‘’n groot boek geskryf oor soveel jare is dit eenvoudiger as wat ons dink.

 

Van Genesis tot by Openbaring is die Bybel die verhaal van God se verlossing Dit gaan oor die Persoon en werk van Jesus Christus. Hy is gestuur om die slang se kop te vermorsel. Die Bybel skets God se reddingsending in verhaal na verhaal- in gelykenisse, gedigte en profesieë. Die verhaal van God wat ons red, is versprei oor elke blad van beide Testamente. Elke gedeelte word vervul in die woorde en werk van Jesus Christus. God, die Vader, stuur sy enigste Seun om te doen wat niemand in die geskiedenis kon doen nie: nie Adam of Israel of een van ons nie.

 

Ons almal het op een of ander manier misluk om God en ons naaste lief te hê soos Hy van ons verwag. Jesus het nooit hierin misluk nie Hy het gedoen presies dit waarvoor God Hom gestuur het – sodat ons met Hom sal leef – nou en vir ewig. Die Bybel gaan oor Jesus.

 

So maklik as wat dit is om te ontdek dat Jesus die hoofkarakter van die hele Bybel is, net so maklik is dit om op ‘’n syspoor te beland en te vergeet waaroor – eintlik oor Wie- die verhaal gaan. Kerke kan afdwaal en baie interessante onderwerpe bespreek wat nie noodwendig ons liefde vir Jesus vermeerder nie. As kerke nie die Jesus van die Bybel verkondig nie, lees hulle in werklikheid nie meer die Bybel nie. Dit is nie doelbewus nie, maar as gevolg van ons sonde lees ons onsself in plaas van Jesus in die verhaal in. Die Bybel is so vol van Jesus dat dit moeilik is om Hom te vermy. Ons wil so graag die Bybel alles oor onsself maak. Die Bybel is eerstens die verhaal van Jesus voordat dit ons verhaal kan word. As ons die Bybel eerstens die verhaal van onsself maak, kan ons baie maklik vir Jesus en onsself verloor. C.S. Lewis sê: “Put first things first and we get second things thrown in: put second things first and we lose both first and second things.” As jy weer jou Bybel lees fokus jou oë op Jesus, die Begin en voleinder van die geloof (Hebreërs 12:2)

 

 

 




Daar is nie iets soos ’n louwarm Christen nie.

Daar is nie iets soos ’n louwarm Christen nie.

Elke week sit baie Suid-Afrikaners in kerkbanke en luister na boodskappe van hoop, bemoediging en oproepe om uit te gaan en dissipels te maak. Die ideaal is dat ons die res van die week met ander spandeer en die evangelie met hulle deel. Maar binne-in die kerk is daar ‘’n segment mense wat verlossing nodig het. Wat ‘’n tragedie sal dit wees as diegene wat dink dat hulle Christene is by die eindtyd. deur God uit sy mond uitgespoeg word.

 

Francis Chan vra of louwarm Christene gered is. In Openbaring lees ons dat die mense van Laodisea nie koud of warm was nie en dat God hulle uit sy mond gaan spoeg. God gaan geen Christen uit sy mond spoeg nie Hy gaan vêrder: Julle sê; “Ons is ryk, skatryk en het niks meer nodig nie.’ En julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. (Openbaring 3;17).

 

Hierdie is ‘’n betekenisvolle stelling, want dit beteken dat ons kerke vol mense is wat nie waarlik Christene is nie. Dit was nog altyd so. Jesus verwys na die koring en die onkruid. Eers by die oestyd sal ons weet wie waarlik Christene is. Ons moet na hulle leefwyse kyk en dan sal ons sien wie waarlik Christene is. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is ‘’n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie (1 Johannes 2:4).

 

Daar is ‘’n breë pad wat na vernietiging lei, en baie sal daarop loop. Daar is ook ‘n nou poort wat na die lewe lei en dié wat dit kry is min (Matteus 7;13 – 14). Die wêreld wil sê dat almal hemel toe gaan, want daar is geen hel nie. Die kerk sê dikwels; ‘Ons is almal gelowiges, want ons het almal op een of ander stadium ‘n gebed gebid.’ Chan sê hy sien dit nêrens in die Skrif nie.

 

.

 




Hoe verdiep die Ou Testament ons liefde vir Jesus

Hoe verdiep die Ou Testament ons liefde vir Jesus

Christene gaan terug na die OT om ‘’n beter en groter prentjie van Jesus Christus te bou. Deur met sy verlede te verbind, verbind ons beter met Hom en verdiep ons liefde vir Hom. Hoe gebeur dit?

  1. Ons lees Jesus se Bybel

Die 39 boeke van die OT is die Skrif wat Hy gehoor en gelees het. Dit is die verse wat Hy gememoriseer het.

  1. Ons leer Jesus se taal

Hy het die OT gepraat en dit onderrig en dit toegepas. Hy het doelbewus en doelgerig die OT vervul.

  1. Ons sing Jesus se liedere.

Die psalms was Jesus se liedboek Hy het hulle gebruik om geloof, hoop en vertroue, maar ook vrees en angs en selfs verlatenheid uit te druk. Hy het hulle die aand voor sy kruisiging gesing en baie van sy laaste woorde kom uit die psalms.

  1. Ons voel Jesus se gevoelens.

Paulus het gebid: Al wat ek wens is om Christus te ken … deel te hê aan sy lyding (Filippense 3;10). Een van die beste maniere om dit te doen, is om die psalms wat Jesus se lyding, veral sy emosionele lyding, die worsteling met mense wat Hom verraai en verlaat het, kry ons in die psalms soos Psalm 22 en 69. Daar voel ons Jesus Christus se gevoelens.

  1. Ons hoor Jesus se stem.

Ons moet ophou dink dat God in die Ou en Jesus in die Nuwe Testament praat Dit is die stem van die Drie-enige God wat ons in die OT hoor. Dit sluit die stem van die Seun in. Jesus is die Woord van  God – die gewone manier waarop God met sondaars praat. Hy is die een Middelaar tussen God en die mens.

  1. On sien Jesus in aksie

Ons sien watter soort Verlosser in menslike vorm sou wees lank voor sy menswording. Hy het dikwels boodskappe van genade en hulp gebring aan behoeftige mense.

  1. Ons bewonder Jesus se trofeë.

Die OT gelowiges was in baie maniere meer verbasend as die gelowiges in die NT as ons dink aan hoe min waarheid hulle gehad het. Hulle het ook min van die Gees gehad. Daarom is dit verbasend dat hulle aan die Messias wat sou kom geglo het – en aanhou glo het.

 

Open die Bybel by Genesis en reis terug oor tyd in die OT en verdiep jou verhouding met Hom en laat jou liefde vir Hom toeneem.