‘n Nuwe Kategismus: Vraag 28

In times of drastic change, it is the learners who inherit the future. The learners find themselves well equipped to live in a world that no longer exists – Eric Hoffer

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 27

Vraag:

Word alle mense, net soos hulle deur Adam verlore is, deur Christus gered.

 

 

Antwoord:

Nee, net diegene wat deur God verkies en deur geloof met Christus verenig is. Nietemin bewys God algemene genade aan mense al is hulle nie verkies nie. Dit doen Hy deur die gevolge van sonde te beperk en werke vir menslike welstand te bemiddel. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

Skrifgedeelte:

Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer (Romeine 5:17).

 

Kommentaar:

Algemene genade verwys na daardie seëninge wat God aan alle mense soos Hy goed dink gee. Nie net aan sy mense nie, maar aan alle mans en vrouens volgens sy wil. Algemene genade verwys na die algemene werkinge van die Heilige Gees waarin, sonder dat Hy die hart vernuwe, Hy sy morele invloed uitoefen sodat sonde beperk word, orde in die sosiale lewe behou word en sosiale geregtigheid bevorder word. Dit is die algemene definisie.

 

Die Heilige Gees was van die begin af werksaam in die wêreld en Hy het mense wat nie verlos is nie en na die verderf gaan, beïnvloed. Terwyl hulle in hierdie lewe en wêreld was, ontvang hulle hierdie  algemene, nie-verlossende optrede van die Heilige Gees … dit is nie ‘n verlossende invloed of ‘n versoenende invloed nie, maar dit is deel van God se doel … As die Heilige Gees nie op hierdie wyse in mans en vrouens aktief was nie, sou mense as gevolg van die sondeval en sonde lank gelede in vergetelheid krepeer het … Daarna is wat ons gewoonlik as kultuur beskryf – daardeur bedoel ek kuns en wetenskap, ‘n belang in die dinge van die verstand, literatuur, argitektuur, beeldhouwerk, skilderkuns en musiek. Dir ontwikkeling van die kunste is goed. Dit verlos nie, maar dit verbeter die lewens van mense. Waar kom hierdie dinge vandaan? Hoe verduidelik jy mense soos Shakespeare of Michelangelo? Die antwoord uit die Skrif is dat hierdie mense hulle talente gehad het en dit kon beoefen  as gevolg van die werking van algemene genade – die algemene invloed van die Heilige Gees.

 

Hierdie kommentaar is deur David Martyn Lloyd-Jones (1899–1981) geskryf. Hy was ‘n Walliese geneesheer en Protestantse predikant. Hy word veral vir sy prediking en onderrig van dertig jaar in Westminster Chapel in Londen onthou. Hy sou maande, selfs jare, gebruik om ‘n hoofstuk in die Bybel vers vir vers uit te lê. Sy bekendste publikasie is sy reeks kommentare op Romeine – veertien volumes.

Hierdie kommentaar kom uit

“Creation and Common Grace” in Great Doctrines of the Bible, “Volume 2: God the Holy Spirit” (Wheaton: Crossway, 2003), 24–25.

Verdere Leesstof:

“Divine Pre-ordination” in A Faith to Live By, deur Donald Macleod.
“Predestination” en “Definitive Redemption” inConcise Theology, deur J. I. Packer.

Gebed:

From all my lame defeats and oh! much more
From all the victories that I seemed to score;

From cleverness shot forth on Thy behalf

At which, while angels weep, the audience laugh;
 
From all my proofs of Thy divinity,

Thou, who wouldst give no sign, deliver me.

Thoughts are but coins. Let me not trust, instead 
of Thee, their thin-worn image of Thy head.

From all my thoughts, even from my thoughts of Thee,
 
O thou fair Silence, fall, and set me free.

Lord of the narrow gate and needle’s eye,
Take from me all my trumpery lest I die.

Hierdie gebed is deur C. S. Lewis (1898 – 1963) geskryf. Hy was ‘n lektor in Engelse literatuur aan Oxford Universiteit en Professor in Engels aan Cambridge Universiteit. Hy skryf literêre kritiek, kinderliteratuur, fantasieliteratuur en ook teologie. Sy bekendste werke is Mere Christianity, The Screwtape Letters, en The Chronicles of Narnia. Hy was lidmaat van die Anglikaanse Kerk en sy bekering is deur sy kollega aan Oxford en vriend J. R. R. Tolkien beïnvloed.

Hierdie gebed kom uit:“The Apologist’s Evening Prayer” in Poems by C. S. Lewis(Orlando: Harcourt, 1964), 129.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.




Die Openbare bediening van Jesus (Johannes 1:19-12:50)

Die Openbare bediening van Jesus (Johannes 1:19-12:50) – Francois Malan

Na die proloog volg die verhaal van Jesus se selfopenbaring onder sy eie mense, die Jode, waardeur baie tot geloof gekom het, maar die meerderheid besluit het dat Hy moet sterwe.

 

Sewe wondertekens word vertel: die wynwonder (2:1-12), genesing van ‘n seun (4:43-54), genesing van die sieke in Betesdabad (5:1-9), vermeerdering van die brode (6:1-15), wandel op die see (6:16-21), gesondmaking van die blindgeborene (9:1-7), opwekking van Lasarus (11:1-44).

Tussenin is sewe gesprekke te onderskei as die belangrikste deel van Jesus se selfopenbaring: met Nikodemus oor die nuwe geboorte (3:1-21), met die Samaritaanse vrou oor die nuwe godsdiens (4:1-26), oor Jesus as die Seun van God (5:19-47), oor die brood van die lewe (6:22-66), oor die vraag of Jesus die Christus is (7:1-52), oor die lig van die wêreld (8:12-59), oor die goeie herder (10:1-42).

Daar word aangeknoop by die feeste van die Jode: paasfees (2:13; 5:1), gesprekke na aanleiding van die sabbat (5:1-18),  paasfees (6:1-71), huttefees (7:1-8:59), tempelwyding (10:22-42), afsluiting met die laaste paasfees (11:55; 12:1-50).

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Laat sy liefde jou lei: Hoor jy reg?

Laat sy liefde jou lei: Hoor jy reg? – Milanie Vosloo

Abraham het 175 jaar oud geword. Hy het in ’n rype ouderdom na ’n lang en vol lewe gesterf … Ná Abraham se dood het God sy seun Isak geseёn … Genesis 25:7, 13a *

 

Wonder jy soms of jy God reg hoor en twyfel jy met tye aan die sinvolheid van dit wat Hy van jou verwag? Staan dan vandag ’n oomblik stil by die Abraham-verhaal.

God het Abraham male sonder tal met die feitlik onmoontlike getoets. Eers beveel hy hom om – sonder dat hy weet waarheen hy gaan – uit sy land van herkoms te trek. Kort hierna belowe God hom dat hy die voorvader van ’n groot nasie sal word … maar dan kan sy vrou nie swanger raak nie. Abraham moet tot op 100-jarige leeftyd vir sy seun, Isak, wag. En toe … vra God dat Abraham hierdie selfde seun op ’n brandstapel moet gaan offer!

 

Abraham het rede gehad om telkens te wonder: ”Hoor ek reg?” en dan gerieflikheidshalwe ’n ander koers in te slaan. Maar hierdie man van God kies ánders. Hy maak die keuse om God te gehoorsaam ongeag die vreemdheid van sy beloftes en opdragte. En die uiteinde daarvan is dat die Here hom in alle fasette van sy lewe onmeetlik seёn en elke belofte in oorvloed nakom.

 

Wanneer jy oortuig daarvan is dat God met jou praat, wees dan gehoorsaam. Bly getrou en volg sy stem onvoorwaardelik. Jy sal die seёn van jou gehoorsaamheid in oormaat ervaar.

 

Here, help my om U rég te hoor en dan rég te doen asseblief!

 

 

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za 

 

milanie_boeke_advertensie

 

 Skrywer: Milanie Vosloo

 




Johannes 1:18 Opsomming en slot van die proloog tot die Evangelie.

Johannes 1:18 Opsomming en slot van die proloog tot die Evangelie. – Francois Malan

1:18 ‘Niemand het God ooit gesien nie’ – In Eksodus 33:18-20 vra Moses om God se heerlikheid, kabood, (NAV magtige verskyning) te sien. Die Here sê Hy sal al sy goedheid toob (NAV voortreflikheid) by Moses laat verbygaan, sy Naam voor hom uitroep, sy genade en ontferming skenk aan wie Hy wil, maar  niemand kan sy gesig sien en bly lewe nie.

           

Nadat Moses die twee kliptafels stukkend gegooi het, toe Israel die goue bulkalf aanbid het, en hy die Here gesmeek het om saam met hulle te trek, het die Here dit belowe, tot groot vreugde van Moses (Eks. 33:1-17). Voordat Moses die tweede stel kliptafels van die Here ontvang het, was sy versoek om die heerlikheid van die Here te sien – ‘n versoek dat die Here die belofte van sy teenwoordigheid sal bewys. Sy heerlikheid is sy teenwoordigheid. Maar vir Moses se beswil weier die Here dit. Die gaping tussen ‘n beperkte mens en die ewige God is te groot, en van die ewige God kan geen ware afbeelding of selfs ‘n prent in jou gedagte gemaak word nie. Daar is ‘n grens tussen die menslike en die goddelike. Maar wat die Here wel vir Moses sal wys, is nie ‘n beskrywing van hoe Hy lyk nie, maar van hoe Hy is en wie Hy is: sy goedheid, sy seënende invloed, sal voor Moses verbygaan  en die Here (Jahweh) sal sy Naam uitroep (Eks. 3:14 ‘Ek is’ – verwys na God se ‘aktiewe teenwoordigheid’; so het Hy Hom aan Moses bekend gestel het by sy roeping om Israel uit te lei). Die Here se genade en sy erbarming gee Hy op sy eie voorwaardes. Daarom kon Moses in die rotsskeur staan,  deur die Here bedek om nie nuuskierig te kyk terwyl die teenwoordigheid van die Here verbykom nie, en bly lewe. Uit hierdie ontmoeting volg die tweede uitreiking van die wet in Eks 34.

 

‘Sy enigste Seun, self God’, … dié het Hom ten volle en duidelik bekend gemaak. Hy het die outentieke bekendstelling en verduideliking van God aan die mens kom gee. Die woord ‘bekendmaak’ is deur die rabbi’s gebruik vir die verklaring van die wet. Die Seun kom die Vader uitlê. Sy uitleg van God is outentiek op grond van die eenheid van die Seun met die Vader ‘Hy wat in die boesem van die Vader is’ (NAV wat die naaste aan die Vader i) Vergelyk 13:23 waar die selfde woord gebruik vir die geliefde dissipel wat op die bors van Jesus lê (NAV wat die naaste aan Hom gesit het) soos wat hulle aan tafel op rusbanke gelê het – Jesus openbaar as’t ware God se hart. Daarmee word die innigste gemeenskap tussen Jesus en die Vader aangewys. Dit het reeds voor die skepping bestaan. Die verhouding gaan voort tussen die mensgeworde Woord en die Vader, Hy is in die boesem van die Vader.. God kan alleen reg geken word soos Hy Hom in Christus geopenbaar het (14:8-11).    

       

1:1-18 In die proloog van die Johannes-Evangelie word die lewe van Jesus geskets teen die agtergrond van sy verhouding met die ewige God.. Jesus Christus is die voltooiing en vervulling van  alle vorige openbarings en verlossings deur God. Hy is die Woord van God wat dwarsdeur die Ou Testament praat en optree, die bron van alle lewe en lig in die duister wêreld. Hy is die Lewe, die bron van alle lewe in die skepping en van die nuwe lewe as middelaar van die nuwe skepping. Die Evangelie begin met Christus wat by God is, en mens word om ons ‘n deel te maak van God se ewige lewe (vgl. 20:31). Die proloog is soos ‘n opera se overture, wat die luisteraars inlei in die temas van die hele werk.

 

Skrywer: Prof Francois Malan