Wat is die regte manier om vir God te werk?

The entrance exam for Christianity is admitting you are a failure –  J. R. Briggs

 

Wat is die regte manier om vir God te werk?

Jesus verwag dat sy volgelinge aktief in sy koninkryk sal werk. Verlossing beteken nie dat ek iets vir God doen nie; verlossing beteken dat ek weet wat God vir my gedoen het.

 

Wat is ek veronderstel om vir God te doen? Waar begin ek?

 

  • Begin met die behoeftes reg voor jou. Jesus prys die Goeie Samaritaan, want hy het ‘n behoefte gesien en dit hanteer. Daarenteen veroordeel Hy die priester en die Leviet, want hulle het die behoefte voor hulle gesien, maar dit geïgnoreer – hulle voel hulleself “geroepe” vir hoër dinge. As daar ‘n behoefte is wat jy kan hanteer … doen dit.
  • Evalueer hoe jou talente in God se koninkryk gebruik kan word.
  • Vra wat jou gemeente doen waarmee jy kan help.
  • Oorweeg of daar ‘n passie of belangstelling besig is om in jou te groei. Het jy dalk ‘n droom? Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg (Psalm 37:4 – 5).
  • Luister na wat ander gelowiges oor jou gawes sê. Hulle mag ‘n gebied raaksien waar jy besonder sterk is.
  • Wees ontvanklik vir die leiding van die HG.

Hierdie paar eenvoudige riglyne mag ons help om ons plek in God se doel vir die mensdom te identifiseer.




Hoe reageer ek as God nie optree nie?

When I rise up, let me rise up joyful like a bird.

When I fall let me fall without regret like a leaf.

Wendell Berry.

 

Hoe reageer ek as God nie optree nie?

Hoe reageer ek as God nie optree nie? As Hy nie my gebede antwoord nie?

  • Hou aan vra. God gee sekere dinge net as ons aanhou vra. Lees net weer die gelykenis van die weduwee en die regter (Lukas 18:1 – 8). Die arme weduwee nader herhaaldelik die onregverdige regter – sonder sukses. Later willig hy tog in om haar te help. Die doel van hierdie gelykenis is om dit duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. As ‘n onregverdige regter die versoek van ‘n weduwee toestaan net omdat sy nie ophou vra nie, net so sal God aandag gee aan die volgehoue versoeke van sy kinders vir wie Hy liefhet.
  • Verstaan dat God sy doel dikwels bereik deur onbeantwoorde gebede. In Hebreërs 11:33 – 35 lees ons van gelowiges wat verkry het wat God beloof het, maar in verse 35 – 37 lees ons van ‘n ander groep wat doodgemartel, bespot is en lyfstraf gekry het. Twee verskillende groepe, maar die skrywer beskryf beide van hulle as voorbeelde van geloof – God het beide groepe gebruik om sy doel op aarde te bereik: En alhoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, omdat God vir hulle iets beters beoog het (11:39 – 40). God het ‘n doel met beide groepe; beide is deel van sy plan. Dit gaan nie oor oorwinning in ‘n spesifieke situasie nie, maar oor die verheerliking van God se Naam op aarde.
  • Moet nooit ophou glo nie. Geloof in God is moeilik as dit lyk asof Hy nie ons gebede beantwoord soos ons dit verwag nie. Ons mag nie God se gevoel vir ons herinterpreteer op grond van ons omstandighede nie Die kruis maak dit duidelik hoe God oor ons voel. Die kruis maak dit ook vir ons duidelik dat God soms op onverklaarbare maniere (vir ons) werk. By die kruis lyk dit asof God afwesig is en dat die Bose in beheer is. Nou besef ons dat God in totale beheer was – op daardie oomblik bewerkstellig Hy ons verlossing. Ons moet nooit ophou bid vir God se krag nie, maar uiteindelik berus ons in God se liefde vir ons soos bewys aan die kruis.
  • Bly in Jesus. You might never really know Jesus in all that you need until He is all that you have (Larry Crabb). Die mate waartoe jy in Jesus bly word gemeet aan jou vermoë om onder alle omstandighede bly te wees. As my blydskap deur my werk, sukses, status, ens bepaal word, bly ek nie werklik in Jesus nie. Wat jou blydskap bepaal, is dit waarin jy bly.

 

As God nie jou gebede beantwoord op die manier waarvan jy hou nie moet jy weer aan twee dinge dink: sy deernis soos bewys aan die kruis; sy mag soos bewys in sy opstanding.

 




Bybelse beginsels oor geld

To follow the teachings of our Lord Jesus Christ and to walk in his footsteps – Franciskus van Assisi se “primitiewe reël.”

 

Bybelse beginsels oor geld

In die Bybel kry ons ten minste ses beginsels oor geld. As ons slegs een van hierdie beginsels aanvaar, is ons nie in balans nie – al ses moet aanvaar word.

  • God gee aan sommiges in oormaat sodat hulle met diegene wat minder het, kan deel.

Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig (2 Korintiërs 8:13 – 14).

God sal nie môre van ons vergeet nie. Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopsprys daarvan gebring en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte (Handelinge 4:34 – 35). Dit is hoekom God aan sommige van ons baie gegee het – om dit weg te gee. Om met die armes te deel, is ons plig en blye voorreg.

  • Jesus se radikale vrygewigheid teenoor ons dien as ‘n model en motivering vir ons radikale vrygewigheid.

In 2 Korintiërs 8 en 9 verduidelik Paulus aan die Korintiërs dat Jesus se vrygewigheid teenoor hulle die patroon van hulle vrygewigheid teenoor ander moet wees. As God ons vermoë om geld te verdien verbeter, moet ons dit gebruik, nie om ons lewenstandaard verder te verhoog nie, maar wel om ons standaard van gee te verhoog. God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer (9:10). Sy deernis teenoor ons moet ons natuurlik instel om diegene in nood te help.

  • Die Heilige Gees moet ons lei na watter offers ons persoonlik moet maak.

Hoe weet ek waar ek my beperkte hulpbronne moet gebruik? Oppas: as jy net gee waar die Heilige Gees jou sê jy moet, voer jy net bevele uit – jou hart loop nie oor van dankbaarheid nie.

  • God verheug Hom in ons genieting van sy materiële gawes

As julle wat sleg is dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Lukas 11:11 – 12). Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet I1 Timoteus 6:17). God gee wyn om mense se harte bly te maak (Psalm 104:15); God maak goeie wyn by Kana, want Hy weet dat as ons dit geniet ons God verheerlik (Johannes 2:1 – 11); na die wetboek ontdek is, was die volk treurig, maar Nehemia sê vir hulle dat hulle moet gaan  feesvier – eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie (Nehemia 8:10 – 11); toe Maria Jesus se voete met duur nardusolie salf, was Judas ontstel, want hulle kon tog die geld vir die armes gegee het. Jesus sê dat hulle Maria moes los: die armes het julle tog altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie (Johannes 12:1 – 8). Jy hoef dus nie skuldig te voel as jy baie geld maak of as jy daarvan geniet nie. Paulus sê: Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is (Filippense 4:12).

  • God, nie geld nie, moet ons primêre bron van skoonheid en veiligheid wees

Sommige spaar obsessief vir hulle ou dag – hulle bron van veiligheid; ander koop alle moontlike statussimbole – hulle bron van skoonheid. Vir diegene wat geld as sekerheid sien, sê Jesus: Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie: hulle hemelse Vader sorg vir hulle (Matteus 6:26). God kan jou beter versorg as wat geld ooit sal kan doen. Vir diegene wat geld as hulle bron van skoonheid sien, sê Jesus: Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, en tog was hulle mooier as Salomo gekleed (Matteus 6:28 – 29). As geld nie meer ons bron van sekerheid en skoonheid is nie, sal ons meer hê om weg te gee, want ons het minder van die wêreld nodig om gelukkig en seker te wees. Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak … Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar … Waar jou skat is, daar sal jou hart oor wees (Matteus 6:19 – 21).

  • Om rykdom te bou, mag wys wees

Luister na die skrywer van die Spreuke-boek: Wyse mense word bekroon met rykdom (14:24); rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik; wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, word ryk (13:11); ‘n Goeie mens laat ‘n erfenis na ook vir sy kleinkinders (13:22). Om rykdom te bou, vermeerder jou vermoë om vrygewig te wees. Die Goeie Samaritaan gee geld vir die man in nood, want hy het dit gehad. As ons hierdie beginsel in isolasie beskou, mag dit tot ongesonde opgaar van rykdom lei: verantwoordelike spaar en vrygewige gee, moet gebalanseer word. Jy kan geld spaar op ‘n manier wat God verheerlik.

 

Elke beginsel op sy eie kan misbruik word, maar as ons die beginsels as ‘n pakket sien en aanvaar, is ons getrou aan die Bybel se raad.

 

 

 




Vrygewigheid – foute wat ons maak

A person who is a good and true Christian should realize that truth belongs to his Lord, wherever it is found – Augustinus.

 

Vrygewigheid – foute wat ons maak

Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: Hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word (2 Korintiërs 8:9). As ons verstaan wat Jesus gegee het om ons te red, sal ons gewillig en blymoedig gee.

 

 

As dit kom by gee, maak ons twee basiese foute:

  • God wil 10% hê en daarna kan ek met die ander 90% doen wat ek wil. Ander verwys selfs na Maleagi 3:10 om God te oorreed om die 90% nog meer te maak: Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe … Toets My of ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Die gee van die tiende is as ‘t ware ‘n beleggingsplan – ons gee vir God sodat ons meer kan kry. Ons moet gee uit dankbaarheid vir alles wat God vir ons gegee het – alles en nie volgens reëls nie
  • Die enigste ding wat jy met jou geld moet doen, is om dit vir die armes weg te gee – daar is altyd nog arm mense. As jy nog iets het wat jy kan weggee en nog oorleef … gee dit weg. Ons moet op die absolute minimum oorleef. Hier is ‘n paar probleme met hierdie benadering:
  1. oDaar is geen praktiese einde aan hierdie manier van dink nie. Wanneer is genoeg genoeg?
  2. oHierdie benadering veronderstel dat God ons geld nodig het. Hy het nie. Hy maak genoeg kos vir 5 000 gesinne van vyf broodjies en twee vissies.
  3. oHierdie benadering, ten spyte van sy geestelike taal, is ‘n vorm van verpligte gee. Ons voel skuldig en daarom gee ons. Ons moet blymoedig gee as gevolg van God genade. In Lukas noem Jesus by drie geleenthede verskillende bedrae wat gegee moet word: vir die ryk jongman sê Jesus dat hy alles moet verkoop en die geld aan die armes moet uitdeel (18:22); Saggeus gee die helfte van sy goed vir die armes en Jesus sê dat dit goed is (19:9). Daar is geen vasgestelde standaard nie.
  4. oDie benadering is nie in ooreenstemming met ander dinge wat die Bybel ons oor God se doel met ons besittings leer nie. God het ander doelstellings met geld behalwe om dit weg te gee.

 

In die volgende blog kyk ons ‘n bietjie verder hierna.