Islam

You are nothing better than deceitful hypocrites if you harbor in your minds a single unforgiving thought. There are some sins which may be in the heart, and yet you may be saved. But you cannot be saved unless you are forgiving. If we do not choose to forgive, we choose to be damned.

–Charles Spurgeon, Sermons, 13.718.

 

Islam

Tanya Walker van Ravi Zacharies International Ministries bespreek die agtergrond en denke van Islam. Een uit elke vier mense in die wêreld vandag is ‘n Moslem en hulle is besig om vinnig toe te neem. Ons word meer bewus van Moslems, maar ons deernis vir hulle – die voorvereiste as ons hulle wil bereik – het nie toegeneem nie.

 

 

Daar is vyf pilare in Islam:

  • Shahada: Dit is hulle belydenis en as jy dit hardop sê, is jy ‘n Moslem. Hulle beklemtoon woorde en ‘n mistiese geloof dat die opsê van hierdie belydenis al is wat jy nodig het.
  • Shallat: Daaglikse gebede.
  • Zakat: Die gee van aalmoese
  • Sawm: Vas tydens Ramadan
  • ‘n Pelgrimsreis na Mekka ten minste een maal tydens jou lewe.

Islam en die Christelike godsdiens gebruik beide woorde soos gebed en vas, maar dit is twee totaal verskillende godsdienste.

 

Die leer van Allah is vir hulle die belangrikste. Hy is een en kan nie verdeel word nie – daarom is die leer van die Drie-eenheid vir hulle totaal onaanvaarbaar. Hulle glo ook nie dat Allah hom kan openbaar nie. Hy is deur niks gebonde nie en daarom kan hy verander. Daar is ook nie so iets soos ‘n verhouding met Allah nie. Die hemel is ‘n plek waar hulle vreugde kry en die Koran is die ware skrif.

 

Hulle siening van die mensdom is dat alle mense inherent goed is – hulle is die toppunt van die skepping, maar is nie na die beeld van Allah gemaak nie. Hulle moet dus hulle verlossing verdien, wat selfs volgens hulle feitlik onmoontlik is. Niemand is verseker van verlossing tensy hy ‘n martelaar is nie. Hulle aanvaar nie dat iemand vir iemand anders kan vrykoop nie – wat Christus vir die mensdom deur sy kruisiging en opstanding gedoen het, is onmoontlik.

 

Daar is ‘n neiging om te glo dat alle godsdienste uitloop op dieselfde eindbestemming. Moenie deur hierdie vroom klinkende woorde mislei word nie.

 




Die Apostoliese Geloofsbelydenis (4)

The Christian lives not in himself, but in Christ and the neighbor. He lives in Christ through faith and in his neighbor through love. –Martin Luther, Freedom of the Christian 1520.

 

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (4)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

 

Jesus: En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here

 

Jesus Christus staan sentraal in die Christelike verhaal. In die Nuwe Testament word Hy as mens wat die stowwerige paaie van Israel geloop het, geopenbaar en daarna deur sy lewende gemeenskap van volgelinge. Ons volg Hom, ons aanbid Hom en ons word meer en meer na sy beeld gevorm. Hy is die hoop vir die wêreld, die oplossing vir ons probleme; Hy is die motivering vir alles wat ons doen. Al ons gebede, offers, werk en aanbidding is vir Hom – nie vir die bevordering van ‘n spesifieke kerk nie.

 

Jesus beteken “God is ons verlossing” of “God red.” Hy sê self: Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10). Hy kom red mense wat soos skape sonder ‘n herder ronddwaal. Toe Jesus vir sy dissipels vra wie hulle dink Hy is, antwoord Simon Petrus: U is die Christus, die Seun van die lewende God (Matteus 16:16). Christus is ‘n titel en nie ‘n naam nie. Dit beteken Jesus is Koning. Maar Hy is ook die Seun van die lewende God. God stuur sy eie Seun sodat sy beloftes aan die mense vervul kan word. Hy stuur nie ‘n plan of padkaart of ‘n stel reëls nie.

 

Beteken dit nou daar is meer as een God? God het nog altyd as Vader, Seun en Heilige Gees bestaan – een wese, maar drie persone. Daarom aanbid ons Jesus as ‘n menslike wese, maar ook as die Seun van God – Jesus is self ook God. Hy is nie ‘n minderwaardige of geskape God nie – Hy is ten volle God. Die Geloofsbelydenis van Nicea stel dit so: “God uit God, Lig uit Lig, waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader.”

 

As ons bely dat Jesus die Here is, sê ons in wese dat ons sy eiendom is – Hy neem die beheer van ons lewens oor. Al wat ons doen, is om te bevestig wat reeds waar is: Jesus is die Here oor die hele skepping.

 

 

 




Mislukkings

By no means runne in debt: take thine own pleasure. Who cannot live on twentie pound a yeare, cannot on fortie; he’s a man of pleasure. George Herbert, in “The Church-porch”

 

Mislukkings

Petrus is ‘n unieke geval. Hy het Jesus teleurgestel en was seker dat God se planne vir hom iets van die verlede was. Tog sê Jesus vir hom dat hy die leier van sy kerk gaan word. Hoe het Jesus vir Petrus, die man wat Hom drie maal in een aand verraai het, verander in ‘n man wat vir sy geloof gekruisig sou word?

 

 

Petrus se trots en selfvertroue in sy eie vermoëns was sy ondergang:

  • Dit maak hom onseker van sy verhouding met God. Hy wil altyd weet of hy genoeg gedoen het.
  • Dit laat hom geestelik swak, want sy vertroue in sy eie krag weerhou hom daarvan om op Jesus te vertrou.
  • Dit hou die fokus op homself. Hy was so gefokus op hoe hy doen en hoe hy met ander vergelyk dat hy nooit ander se behoeftes raakgesien het nie.
  • Die gevolg was dat Petrus nie ander met hulle behoeftes kon help nie.

 

Wat ander mense moet sien, is hoe God se genade in ons lewens werk, want dit wys vir hulle waar hulle genade vir hulle eie swakhede kan kry. As ons God se genade ondervind, keer dit Petrus se vier probleme, wat ook ons probleme is, om. Petrus verander van ‘n onseker mens na iemand wat God vertrou – hy wil naby aan Jesus bly. Hierdie naby aan Jesus vul hom met geestelike krag – hy steek voortdurend sy hande na Jesus toe uit. In plaas van selfgesentreerd word hy ander-gesentreerd – toe hy ophou om op homself te fokus sien hy die behoeftes van ander raak. Uiteindelik kon hy hulle help.

 

Petrus se mislukking bring hom in aanraking met God se genade – ons Bron van ware krag. Jy kan net God se genade aan ander bewys as jy self vol daarvan is. Jesus het Petrus gekies om sy kerk te lei – nie ten spyte van sy mislukkings nie, maar juis omrede sy mislukking. Sy mislukkings maak hom ‘n groot leier, want dit laat hom besef dat hy God se genade nodig het.




Ek kom vir die eerste keer in die kerk

Seriously  and frequently meditate on the account that men are to give of using their wealth. We are not lords of our riches, but stewards; and a steward must give an account of his stewardship. William Gouge, “Of Well-using Abundance” (preek, 1655)

 

Ek kom vir die eerste keer in die kerk

Dit is belangrik dat gemeentes ‘n goeie indruk maak op besoekers wat vir die eerste keer daar ‘n erediens bywoon. In Christian Post word tien stellings genoem wat mense wegjaag.

1.Ons leraar is nie gewoonlik so … As jy ‘n deel van die leraar se styl moet verduidelik omdat jy weet buitestanders gaan nie daarvan hou nie, het jy ‘n probleem.

 

2.Ons is vol. Jammer. Daar moet ‘n terugval plan wees. Enige besoeker wat dit een maal gehoor het, sal nie weer terugkom nie.

3.Wat doen jy hier? Dit is duidelik dat jy graag oordeel – veral in die oë van besoekers. Wat jy in werklikheid sê, is: “God kan tog nie iemand soos jy lief hê nie.”

4.Jy kan nie iewers dien nie – jy moet eers ‘n lidmaat wees. Hoekom wil jy nou ‘n lidmaat van so ‘n gemeente wees?

5.Ons glo nie daaraan om Sondae na die diens koffie te bedien nie!

6.Wat is jou adres? Jy het al ses vorms met jou adres op ingevul. Jou verwelkoming van nuwe besoekers moet goed georganiseerd wees anders skrik jy mense af.

7.Jy wil graag by ‘n kleingroep aansluit? Jy sal moet wag tot die nuwe jaar. Moenie mense meer as ‘n maand laat wag nie.

8.Hier is die waarheid alles. As jy nie daarvan hou nie, kan jy maar gaan. Wat van so ‘n bietjie liefde vir mense?

9.Hier is 38 dinge wat ons elke week in hierdie gemeente doen. Vereenvoudig dinge. As jy skielik uit 38 dinge moet kies, kies jy niks nie.

10.As jy weer kom, maak seker jy dra … Kom soos jy is, is die kultuur wat ons graag wil skep – beslis nie kom soos ek is nie.

 

Ja, miskien so ‘n bietjie oordrewe, maar hier is tog baie waarheid in.