Stilte

We [Christians] are not diplomats but prophets, and our message is not a compromise but an ultimatum.”  — A.W.  Tozer

 

Stilte

Weer een van Henri Nouwen se kort stukkies:

Stilte is ‘n noodsaaklike vereiste vir ons geestelike lewe. Afsondering, stilte, jou gewone dagtake, om met mense sonder groot agendas te wees, slaap, eet, werk, speel … alles sonder om anders as ander te wees. Dit is die lewe wat Jesus gelei het en Hy verwag dat dit ook ons lewens sal kenmerk.

Dit is in stilte dat ons, soos Jesus, verstandelik en liggaamlik kan groei en in guns by God en die mense toeneem (Lukas 2:52). Dit is slegs in stilte waar ons ware intimiteit met God en ware liefde vir mense kan ondervind.

 

Selfs tydens sy aktiewe bediening het Jesus gereeld stil plekkies waar Hy alleen met God kon wees, opgesoek. As ons nie so ‘n stil lewe met God het nie, kan ons openbare lewe vir Hom nie vrugte dra nie.

 




Sokrates en godsdiens

Men are never duly touched and impressed with a conviction of their insignificance, until they have contrasted themselves with the majesty of God – Calvyn

 

Sokrates en godsdiens

Die Christelike geloof word tans deur militante ateïste aangeval. Hoe hanteer ons dit? Petrus sê: Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe (1 Petrus 3:15). Die probleem is dat Christene dikwels nie die werklike vrae wat ongelowiges vra, antwoord nie. Die beste formaat om hierdie probleem te hanteer, is debat. Die probleem met so ‘n debat is dat hoflikheid maar skaars is in ons moderne samelewing. Daar is ook ‘n sinisisme oor die waarheid en rede. Baie mense glo vandag dat daar nie so iets soos die absolute waarheid is nie.

  

Sokrates het geglo dat die lewe wat nie ondersoek is nie, nie die moeite werd is om te leef nie. Sy model vir die soeke na die waarheid was gesonde, openbare debat. Hy het homself beskou as ‘n vroedvrou – sy vrae sou lei tot die geboorte van ‘n nuwe idee. Hy glo dat die sterk- en swakpunte van ‘n siening slegs na vore kom as dit krities ondersoek word. Hierdie is nie altyd ‘n aangename ondervinding nie – veral as jou oortuigings op vooroordele berus. Jy leer nederigheid as jy besef dat iemand anders se siening eintlik beter as jou eie is.

 

Daar is baie mense wat by so ‘n debat kan baat:

1.Ateïste – ten minste diegene wat bereid is om te luister.

2.Christene wat seker is in hulle geloof, maar graag beter antwoorde op die vrae van ongelowiges wil gee.

3.Christene met twyfel waarvoor hulle nie antwoorde het nie.

4.Mense wat hou van ‘n lewendige debat – maak nie saak wat hulle glo nie.

 

Die probleem is dat mense wat eenders dink, saam kom – hulle word nie blootgestel aan ander idees nie. Miskien moet ons weer kyk na Sokrates se model.

 

 




DIE KERK (2)

For in regard to the fabric and admirable arrangement of the universe, how few of us are there who, in lifting our eyes to the heaven, or looking abroad on the various regions of the earth, ever think of the Creator? – Calvyn

 

Die Kerk (2)

In die vorige blog het ek probeer aantoon dat die kerk ‘n belangrike plek in God se plan vir die wêreld speel. Ons kyk nou na ‘n paar beelde van die kerk soos ons dit in die Bybel kry. Dit word beweer dat daar meer as negentig beelde van die kerk in die Bybel beskryf word. Dit is omdat geen enkele beeld die volle belang van die kerk kan beskryf nie. Ons gaan in die volgende blogs na vier van hierdie beelde kyk.

 

Beeld #1: Die huishouding van God

Mense wat saam in ‘n huishouding leef, is ‘n intieme toneel van liefde. Paulus skryf aan Timoteus: Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid (1 Timoteus 3:15). In Efesiërs 2:19 verwys hy na die gelowiges as lede van die huisgesin van God. Liefde in die kerk straal uit hierdie beeld van die kerk as huisgesin. In ‘n huisgesin is dit belangrik dat lede mekaar moet liefhê.

 

‘n Ander aspek van die kerk as huisgesin is sy verhouding met die Vader. En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader!  In die Misjna beteken Abba ‘n gesinsverhouding waarin die kinders versorg word. Dit beteken ook dat die gelowiges die erfgename van sy koninkryk is. Soos ons probeer vasstel wat dit beteken om lede van God se huisgesin te wees, word die verantwoordelikheid wat ons het om God se begeertes te vervul, duidelik.

 

Ons moet ons medegelowiges liefhê, maar ons moet ook maniere vind om te verseker dat ander mense ook die goeie nuus van ons Vader hoor. In die huisgesin sorg ons vir diegene wat minder bevoorreg as ons is. Dien ons nog die minder bevoorregtes in ons gemeenskappe?

 

Wat nou van al die gevegte in die kerk? Gesinslede baklei ook. Solank as wat ons nog hier op aarde is, is die kerk ‘n disfunksionele gesin. Dit is omdat gesinslede staan op hulle regte en hulle eie voorkeure wil afdwing – in plaas van ons oë op die oes gerig te hou.

 

Volgende keer gaan ons na die tweede beeld van die kerk in die Bybel kyk: die liggaam van God.

 

 




God se eienskappe

We must learn to expect and ask all things from him (God) and thankfully ascribe to him whatever we receive – Calvyn

 

God se eienskappe

Ons hou van God se mense … so lank as wat hulle vir ons aanvaarbaar is. Luister na Jona se bekentenis: Ek het geweet U is ‘n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het (Jona 4:2). Kyk na God se eienskappe wat Jona hier beskryf:

 

  • Genadig en barmhartig. Jona se haat staan teenoor God se genade en barmhartigheid. Jona wou hê dat God Nineve moet verwoes, maar God bewys barmhartigheid aan sondaars wat dit nie verdien nie. Wat motiveer so ‘n gesindheid? Liefde.
  • Lankmoedig en vol liefde.
  • U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het. Net God kan so iets doen – afsien van verdiende straf.

 

Ons houding teenoor die mense om ons is gewoonlik selfsugtig. Ons moet in ons die hart vir God vir mense om ons ontwikkel. Nie soos Jona nie: rigied. Ons glo dat God ‘n God van toorn is vir almal wat anders as ons is. Ons is dikwels so besig met godsdienstige sake dat ons nooit God se hart vir diegene wat ver van Hom af is, ontdek nie.

 

Ons moet bid dat ons mense sal sien soos God hulle sien – ook diegene wat nie ‘n verhouding met Hom het nie.