Ons godsdiens is te gemaklik

If Jesus had preached the same message that most pastors preach today, He would never have been crucified – Leonard Ravenhill

 

Ons godsdiens is te gemaklik

Het ons nie ‘n nasie van gemaklike Christene geword nie? Brian Dodd identifiseer tien tekens as bewys dat ons te gemaklik geword het.

 

1.Jy woon nie eredienste met ‘n hoë vlak van verwagting by nie.

2.Jy is nie meer bekommerd oor die geestelike toestand van jou bure, gesinslede of jou medewerkers nie.

3.Jy het lank laas ‘n geestelike gesprek met iemand gehad.

4.Die Bybel is vir jou soos ‘n geskiedenisboek – leweloos.

5.Solank as wat jy ‘n parkeerplek en sitplek kry en die musiek waarvan jy hou, hoor, is jy tevrede Sondagoggende. Dit is belangriker as diegene wat nie glo nie.

6.Die lot van die armes pla jou nie meer nie.

7.Foto’s van swaarkry in ander lande raak jou nie meer nie.

8.Jy gee nie finansiële bydraes as offer nie.

9.Dit voel vir jou asof jou gebede nie verder as die plafon gaan nie.

10.Jy dink nie eers daaraan dat God iets ongelooflik radikaal in jou lewe kan doen nie. 

Gaan deur hierdie lysie en merk daardie items waaraan jy skuldig is/was. Dit is nogal ontstellend.

 

 

 




Bonhoeffer (37)

Every human being’s essential nature is perfect and faultless, but after years of immersion in the world we easily forget our roots and take on a counterfeit nature. -Lao-Tzu, filosoof (6de eeu vC.)

Bonhoeffer  (37)

Hierdie is die laaste artikel in hierdie reeks: 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer, Augsburg Books

 

Aan die einde van sy lewe het Bonhoeffer die volgende gesê: “Wat my voortdurend pla is die vraag: Wie is Christus werklik vir ons vandag?”

 

 

Hy gee weer ‘n paar aanhalings uit die Bybel vir ons:

  • Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” “Maar julle,” het Hy gevra, “Wie sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (Matteus 16:13 – 16)
  • Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? (Lukas 6:46)
  • Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde (Psalm 46:11)

 

Wie is Christus vir my en jou vandag?

 

Liefdevolle God, vir waar ek was en waarheen ek op pad is op my reis saam met Jesus, gee ek aan u al die eer en dank. Amen.

 

 




Die beeld van God

The heart of the matter is this: preach one Christ, by Christ, to the praise of Christ. —William Perkins

 

Die beeld van God

As ons met iemand argumenteer, is dit dikwels goed om stil te staan en te praat oor dit waaroor ons saamstem. Hoekom? Dit dwing ons om na die ander persoon te luister en dit gee duidelikheid oor waaroor die argument nou eintlik gaan.

Wat beteken dit as God sê: Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld (Genesis 1:26). Dit lyk asof daar ‘n paar gebiede is waaroor meeste mense saamstem.

1.Die beeld sluit in weerkaatsing

Op een of ander manier weerkaats die mens die goddelike. Die beeld is dus ‘n weerkaatsing van iets anders. Waar die ware argument na vore kom, is as ons begin bespreek wat presies weerkaats word, hoe hierdie weerkaatsing plaasvind en waar dit in die mens weerkaats word.

 2.Die beeld is universeel

Daar is mense wat redeneer dat daar sekere groepe is wat nie na die beeld van God gemaak is nie. [In die verlede was dit nogal dikwels vroue!] Dit is verkeerd. In Genesis 1:27 word dit bevestig dat beide man en vrou na sy beeld geskep is. Dit is dan ook die basis waarom ons alle mense met waardigheid moet hanteer.

 3.Hierdie beeld is deur sonde beïnvloed.

Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (Romeine 3:23). So kry ons ook dat hierdie beeld vernuwe en herstel moet word:  Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is (Efesiërs 4:24); Leef nou die lewe van ‘n nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper (Kolossense 3:10).

 4.Hierdie beeld is Christologies

In die Ou Testament word dit beklemtoon dat alle mense na die beeld van God gemaak is. In die Nuwe Testament word daar baie op Jesus Christus as die ware beeld van God gefokus. Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie (Kolossense 1:15) Jesus Christus maak die onsigbare God sigbaar aan sy skepping.

 5.Die beeld is nie staties nie

Ons word al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word (2 Korintiërs 3:18). Soos ons nader en nader aan Christus getrek word, word ons verander. Hiervoor is die mens bestem: Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun (Romeine 8:29). Dit is dus ‘n proses – ‘n beweeg na die beeld van God.

 

Daar is heelwat punte waaroor ons kan saamstem. Natuurlik is daar nog aspekte waaroor ons verskil, veral as ons meer spesifiek wil wees. Dit is egter goed om te begin by dit waaroor ons saamstem.

 

 




Die Missie van God

 “We fear men so much, because we fear God so little. One fear cures another.” G.K. Chesterton

 

Die Missie van God

[Missio in Latyn beteken stuur.]

Scot McKnight gee die volgende raamwerk van God se missie. Hy maak veral van die Evangelie volgens Johannes gebruik.

 

  1. 1.Missie begin by God wat stuur
  • God stuur vir Johannes die Doper: Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop … (1:33).
  • God stuur vir Jesus: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi (4:34).
  • Jesus stuur vir ons: Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (20:21).

As ek ‘n volgeling van Jesus is, is ek ‘n gestuurde.

 

  1. 2.Die gestuurde Christen, ‘n volgeling van Jesus, bly binne God se missie

Jesus voorsien die patroon vir die gestuurde Christen.

  • Die gestuurde Christen streef die wil van God na: Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig, omdat dit nie my wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het (5:30).
  • Die Bron van God se waarheid is Jesus: Wat Ek die mense leer, kom nie van Myself af nie, maar van Hom wat My gestuur het … Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer, maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig en daar is niks oneerlike in Hom nie … Terwyl Jesus die mense in die tempel leer, het Hy uitgeroep: “Ja, julle ken My, en julle weet ook waar Ek vandaan kom. En tog het Ek nie uit my eie gekom nie, maar dit is die ware God wat My gestuur het (7:16, 18, 28).
  • Die gestuurde Christen word deur God se teenwoordigheid versterk:
  1. oGod is aan die werk: Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan (6:44).
  2. oGod is teenwoordig: En as Ek oor iemand oordeel, is my oordeel reg, omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het (8:16). Hy wat My gestuur het, is by My Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil (8:28).
  3. oGod is teenwoordig in sy Heilige Gees: En wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het (14:26).
  4. oDie Heilige Gees se teenwoordigheid oriënteer ons teenoor Jesus: Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig (15:26)
  • Die gestuurde Christen praat God se woorde: Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het my opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat (12:49).

 

  1. 3.Die gestuurde Christen is in God
  • Om Jesus te sien, is om die Vader te sien: Wie in My glo, glo nie net in My nie, maar ook in Hom wat My gestuur het (12:44).
  • Wie iemand ontvang, ontvang vir Jesus ontvang vir God: Wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het (13:20).
  • Om die gestuurde Christen teen te staan, beteken ek staan Jesus en die Vader teen: Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie (15:21).

 

Hierdie is slegs ‘n raamwerk. Dit is die moeite werd om verder hierop uit te brei in jou stiltetyd.