Konteks

Be careful when you give advice–somebody might take it.” Anoniem.

 

Konteks

Keith Whitfield het ‘n interessante artikel oor konteks geskryf.

 In 1 Korintiërs 9:20 – 22 spel Paulus sy benadering teenoor mense en kulture uit: Vir die Jode het ek soos ‘n Jood geword om Jode te wen. Hy doen dit sodat hy die evangelie sonder belemmering kan verkondig.

Kontekstualisering beteken dat ons die evangelie aanpas by die uitdrukkings van ‘n ander kultuur – die evangelie moet nie as vreemd vir ‘n kultuur beskou word nie. In die proses mag die inhoud van die evangelie nie verander word nie.

 

Ons kry dit veral by mense wat oor kultuurgrense werk (byvoorbeeld sendelinge). Maar soos samelewings verander, word dit ook nodig vir mense wat dieselfde kultuurkonteks deel. Almal wat die evangelie wil verkondig, kom voor hindernisse in kommunikasie te staan – taal, kultuur of beide.  ‘n Kultuurgroep is mense met dieselfde taal en sosiale identiteit. Hierdie identiteit word gevorm deur wat dit beteken om mens te wees, wat is verkeerd met die wêreld, moontlik oplossings, ens. ‘n Kultuur se wêreldbeeld beïnvloed logika, vooroordele en dikteer watter oplossings lewensvatbaar is. Die taak van kontekstualisering is om dit wat goed en mooi en reg in ‘n kultuur is te gebruik om hindernisse vir die verstaan van die evangelie uit die weg te ruim.

 

In Handelinge is daar heelwat voorbeelde van Paulus wat die evangelie in ‘n spesifieke konteks plaas. Hy kommunikeer die evangelie in ‘n sinagoge deur te verwys na die geskiedenis van Israel en Johannes die Doper (Handelinge 13:23 – 24). In Ikonium praat hy met nie-Jode en verwys na die algemene openbaring van God (Handelinge 14:16 – 17). In Handelinge 17 praat hy met heidense filosowe en vra hulle om hulle teenkanting teen die evangelie te heroorweeg.

 

In al hierdie gevalle wyk Paulus nie af van die inhoud van die evangelie nie, maar in elke geval evalueer hy die plaaslike kultuur en beklemtoon verskillende Christelike leerstellings. Dit stem ooreen met die oproep dat Christene die lig vir die wêreld moet wees. Om dit te wees, moet ons boodskap verstaanbaar wees.

 




Bonhoeffer (30)

The shop, the barn, the scullery, and the smithy become temples when men and women do all to the glory of God! —C.H. Spurgeon

 

Bonhoeffer (30)

 




Teologie van die kruis

Our pleasure and our duty, though opposite before,

Since we have seen His beauty, are joined apart no more.
To see the Law by Christ fulfilled, to hear His pardoning voice,
Transforms a Slave into a Child, and Duty into Choice.

John Newton, die outeur van Amazing Grace.

 

 

Teologie van die kruis

Ons kultuur het ‘n afkeur aan lyding. Tullian Tchividjian het onlangs in Christianity Today hieroor geskryf.  

Om pyn te vermy is een ding, maar die totale onverdraagsaamheid of ontkenning van pyn is iets anders. Terugslae is vir ons onaanvaarbaar, want ons is behep met persoonlike beheer.

Al waarin die moderne mens belangstel, is vooruitgang, vooruitgang, vooruitgang. In baie kerke word ‘n Christelike geloof verkondig wat sê dat geloof lei tot persoonlike verbetering op alle gebiede. Daarom hoor ons dikwels die stelling dat lyding die gevolg is van ‘n gebrek aan geloof. In evangelisasie hoor ons dan: “Aanvaar Jesus Christus as jou Verlosser en al jou drome sal waar word.”

 

Lees ons egter die Nuwe Testament sien ons dat gelowiges sal swaarkry en ly. Om lyding met ‘n gebrek aan geloof te verbind kry ons in die Bybel … en dit word ten sterkste verdoem. Wat wel bevestig word, is dat God deur ons swaarkry werk.

 

‘n Teologie van die kruis verstaan dat die kruis ‘n stelling is van God se betrokkenheid by hierdie wêreld. Hierdie teologie aanvaar dit wat moeilik is. Luther sê dat God in lyding weggesteek is, en dat Hy aan die werk is in ons angs en twyfel. As jy nie meer hoop in jouself het nie, draai jy na Hom vir genade.

 

 




Vissers

It is the mark of a hyprocrite to be a Christian everywhere except at home. —Robert Murray M’Cheyne

 

Vissers

In Lukas 5:1 – 11 lees ons van die roeping van die eerste dissipels – Jesus roep hulle terwyl hulle visvang. Hy voeg by: Van nou af sal jy mense vang. Daar is baie ooreenkomste tussen visvang en mense vang. Beide vereis werk, taktiek, strategie, geduld, volharding, ens. Maar daar is nog ‘n kenmerk wat nie genoeg aandag kry nie: optimisme.

 

 

Het jy al ‘n pessimistiese visserman gesien? Hulle glo almal dat hulle vandag die ou grote gaan vang. Natuurlik is sommige vissermanne pessimisties op ander gebiede in hulle lewe, maar as hy sy visstok optel, word hy ‘n optimis. Dit is hoekom hulle vroeg soggens – al reën dit – opstaan.

 

As ons aan evangelisasie dink, is optimisme ‘n belangrike bestanddeel. Hoekom sal jy ander mense van die evangelie vertel as jy nie ‘n optimis is nie – vandag mag net die dag wees. Maar hoekom kan Christene optimisties wees as hulle iemand van die evangelie vertel? God se soewereiniteit. So lees ons van Lidia: Die Here het haar vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak (Handelinge 16:14). As God nie tussenbeide tree om mense te red nie, sou evangelisasie ‘n mors van tyd gewees het.

 

Voor Jesus sy groot opdrag aan sy dissipels gee, sê Hy eers: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde (Matteus 28:18). Daarom kan die dissipels uitgaan na die nasies en die mense sy dissipels maak.

 

Is jy ‘n optimistiese visser van mense?