Bonhoeffer (29)

A praying Christian is a useful Christian in the world. —Jeremiah Burroughs

 

Bonhoeffer (29)

  • Bely julle sondes eerlik aan mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van die gelowige het ‘n kragtige uitwerking (Jakobus 5:16).
  • Sodat hy regverdige beslissings oor u volk sal vel en aan die verdruktes reg laat geskied. Laat berge en rante hulle verbly oor die vrede en reg vir die volk. Laat die koning die reg van die verdruktes onder die volk beskerm, laat hy armes te hulp kom en verdrukkers verbrysel (Psalm 72:2 – 4)

 

Here, wat vergewe en verander, dankie dat onder die kruis van Christus ons almal op die selfde vlak staan – onder u liefde en u genade. Amen.

 




Die opstanding: ‘n Brug tussen twee wêrelde

“A young man who wishes to remain a sound atheist cannot be too careful of his reading. There are traps everywhere.” C. S. Lewis

 

Die opstanding: ‘n Brug tussen twee wêrelde

Alister McGrath is ‘n wetenskaplike en teoloog. Tans is hy professor in Teologie aan King’s College, London. Hy was ‘n ateïs. Eendag lees hy Plato se Republic. In die boek vra Plato dat ons ons moet verbeel dat ons ‘n groep manne is wat in ‘n grot vasgevang is.

Al wat ons ken, is ‘n wêreld van flikkerende skaduwees as gevolg van die vuur. Ons ken net ‘n wêreld van skaduwees. Dit bring sekere vrae in hom na vore: Sê nou maar net hierdie wêreld is net deel van die storie? Sê nou maar net hierdie is maar net ‘n skaduwêreld? Sê nou maar net daar is nog iets – iets wonderliker – as hierdie wêreld?

 

Dit lei tot sy bekering – hy het so ‘n duidelike en oorweldigende beeld gesien dat dit ‘n reaksie van sy kant geëis het. Hy sien vir die eerste keer godsdiens as ‘n Godgegewe lens waardeur jy dinge kan sien – ‘n lig wat die skaduwêreld verlig.

 

As voormalige ateïs was die opstanding vir hom ‘n probleem. Het dit werklik gebeur? As dit nie gebeur het nie, kan ons tog nie die Nuwe Testament vertrou nie. Hoe pas die opstanding in die Christelike geloof? Hy besef dat die opstanding ‘n groter doel het as net om die identiteit van God te verduidelik.

 

Hy besef dat die opstanding hom gehelp het om swaarkry en pyn en onsekerhede te hanteer. Dit beklemtoon die Nuwe Testament se fundamentele boodskap van hoop. Al loop ons deur die doodsvallei weet ons dat God by ons is. Ons besef dat Christus se opstanding die vaste fondament vir ons hoop is. Diegene wat in Hom glo, weet dat hulle eendag saam met Hom sal opstaan.

 

Die opstanding verander nie net die manier waarop ons dink nie, maar ook die manier waarop ons leef. Die opstanding is ‘n brug tussen twee wêrelde – die alledaagse lewe en die helder lewe van Christelike hoop. Hierdie hoop is dat ons een dag die Nuwe Jerusalem sal belewe. Ons aanbidding op aarde is maar ‘n voorsmakie van ons aanbidding eendag in die hemel.

 

 Jonathan Edwards in sy bekende preek – The Christian Pilgrim (1733) – stel dit so:

To go to heaven fully to enjoy God, is infinitely better than the most pleasant accommodations here. Fathers and mothers, husbands, wives, children, or the company of earthly friends, are but shadows. But the enjoyment of God is the substance. These are but scattered beams, but God is the sun. These are but streams, but God is the fountain. These are but drops, but God is the ocean.

The resurrection of Christ is the guarantor that these hopes of heaven are not the pathetic delusions of wistful human hearts. No. These are realities that are secured, disclosed, and illuminated through the gospel declaration of the resurrection of Christ as the firstfruits, with believers to follow in God’s own good time. No wonder the New Testament exults in the Resurrection hope!

 




Goedkoop genade

The ultimate test of our spirituality is the measure of our amazement at the grace of God. —D. Martyn Lloyd-Jones

 

Goedkoop genade

Dietrich Bonhoeffer het na goedkoop genade verwys in sy boek The Cost of Discipleship. Elizabeth Eaton verwys na aanspraak maak op genade (entitlement grace). Goedkoop genade is ‘n groot vyand van die kerk en gelowiges.

Goedkoop genade beteken genade wat jy sommer op die mark kan koop. Dit word voorgehou as komende uit die kerk se tesourie. Uit hierdie tesourie versprei die kerk dan seëninge – sonder om vrae te vra of om grense te stel. Die redenasie is soos volg: die rekening is vooraf betaal en daarom kan almal dit kry – verniet.

 

Ons leef in ‘n kultuur waar mense voel dat dit hulle reg is om op sekere dinge aanspraak te maak. Het ons in die kerk nie genade so hanteer nie? Genade is tog nie iets waarop jy aanspraak kan maak nie – dit is ‘n geskenk wat net ontvang kan word.

 

Maar as daar iets soos goedkoop genade is, moet daar seker iets soos duur genade ook wees. Dietrich Bonhoeffer beskryf duur genade so:

Duur genade is die skat wat in die saailand weggesteek is. Hiervoor sal die mens alles wat hy het, verkoop.  Dit is soos die waardevolle pêrel waarvoor die handelaar alles wat hy het, sal verkoop. Hierdie is die heerskappy van Christus waarvoor ‘n mens alles sal opoffer. Dit is Jesus wat roep en daarvoor verlaat die dissipels hulle visnette.

 

Duur genade is die evangelie wat weer en weer gesoek moet word; die geskenk waarvoor gevra moet word; die deur waaraan die mens moet klop. Hierdie genade is duur, want dit verwag dat die mens Jesus Christus moet volg. Dit is duur, want dit het Hom sy lewe gekos; dit is genade, want dit gee aan die mens die enigste ware lewe. Dit is duur, want dit veroordeel sonde; dit is genade, want dit koop die sondaar vry. Dit is duur, want dit het die lewe van God se Seun geëis. As dit vir God duur was, kan dit tog nie vir ons goedkoop wees nie. Dit is genade, want God het nie gedink die lewe van sy Seun is ‘n te duur prys om te betaal nie. Duur genade is ‘n woord van vergifnis vir die gebroke  en berouvolle hart. Genade is duur, want dit dwing my om in Christus se juk te trek; dit is genade, want sy juk is maklik en sy las is lig.

 

So dikwels glo ons dat God ons genade skuld – ons kan daarop aanspraak maak. Kan ons werklik aanspraak maak op vergifnis sonder opregte berou en belydenis? Glo ons werklik dat ons vrygekoop moet word sonder heiligmaking? Leef ons soos mense wat geregtig is op al die voordele van genade sonder dat God ons kan gebruik om genade vir ander aan te bied?

 

 




Bonhoeffer (28)

There are no non-religious activities; only religious and irreligious. —C.S. Lewis

 

Bonhoeffer (28)

Die geloofsgemeenskap leef deur die voorbidding van sy lede vir mekaar. Gebeur dit nie, sal die gemeenskap vernietig word. Ek kan nie ander gelowiges vir wie ek bid, haat of veroordeel nie – al skep hulle baie probleme vir my.

 

Here, mag ek diegene met wie ek in konflik is, sien as u geliefdes. Mag ek u liefde vir hulle deel deur vir hulle te bid. Amen.