Ek loop mank

 When people talk, listen completely. Most people never listen.” — Ernest Hemingway  

 

Ek loop mank

Jakob was altyd besig om planne te maak. Hy was ‘n opportunis. Hy manipuleer sy broer vir sy eersgeboortereg; hy jok vir sy vader; en so kan ons voortgaan. Maar een nag vrees hy vir sy lewe.

 

 

Hy was op pad terug om sy broer te ontmoet. In sy kamp by die Jabbokrivier bly hy alleen ager.  ‘n Man het tot dagbreek met hom gestoei. Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie uit gespring het … Jakob het mank gebly aan sy heup (Genesis 32). Jakob besef: Ek het God van aangesig tot aangesig gesien.  Nou besef Jakob dat God sy God was.

 

Jakob kon nou met vertroue loop al was hy mank. Lei ons nie beter as ons gewond/mank is as wanneer ons op ons eie krag voortstorm. Soos Jakob mag ons dink dat ons teen ‘n mens baklei, maar dan is dit God.




Hoekom is jy dankbaar?

 

“I know the price of success: dedication, hard work, and an unremitting devotion to the things you want to see happen.”  –Frank Lloyd Wright

Hoekom is jy dankbaar?

When you arise in the morning, think of what a precious privilege it is to be alive – to breathe, to think, to enjoy, to love. –Marcus Aurelius

Hoekom is sommige mense dankbaar en vrygewig en ander skynbaar ondankbaar en suinig? Kyk na die aanhaling. Dankbare mense besef dat die lewe nie iets is wat hulle verdien nie.

Elke nuwe dag word ontvang, nie as ‘n skuld wat afbetaal word nie, maar as ‘n onverdiende gawe van God. Dankbare mense staan verbaas oor al die seëninge wat hulle elke dag ontvang, want hulle weet dat dit onverdiend is. Dankbare mense fokus op wat hulle ontvang het en nie op dit wat hulle nie het nie.

 

Dankbare mense is vrygewig, want hulle weet dat wat hulle het, het hulle nie verdien nie – hulle besit ook nie dit wat hulle gekry het nie. Omdat hulle geseën is wil dankbare mense ander seën.

 

Seën jy ander?




Nog dankbaarheid

 

“The reward for work well done is the opportunity to do more.”      –Jonas Salk, die uitvinder van die polio druppels

 

Nog dankbaarheid

Omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister (Romeine 1:21).

 As die mens in opstand kom, verdwyn dankbaarheid en eer aan God. Ons glo al meer dat ons op sekere dinge geregtig is. Daarom verdwyn dankbaarheid – jy skuld my in plaas van dankbaarheid. Dit is selfs ons houding teenoor God.

 Ons is nie meer dankbaar vir die gawes wat God in genade aan ons skenk nie; ons trap op die dinge wat Hy gee om ons te onderhou. Wie het vir ons die lug wat ons inasem, die water wat ons drink, die kos wat ons eet en die mense wat ons liefhet gegee? God het. Wie het vir ons die lewe gegee? God het.

 




Dankbaarheid

God of Abraham, God of Isac, God of Jacob, not of philosophers and scholars – Blaise Pascal

 

 Dankbaarheid

Toe ons klein was, het ons ouers altyd gesê: “Sê dankie.” Waardeer ons altyd dit wat ons kry? Sê ons as volwassenes nog dankie? Geneeshere het bevind dat om dankie te sê, om die positiewe dinge in jou lewe raak te sien, nie allen vir jou psige goed is nie, maar ook vir jou liggaam.

 

 

Navorsers by die Universiteit van Kalifornië het bevind dat dankbaarheid ook jou bloeddruk verlaag. Dankbare mense word nie so gou kwaad nie en is minder negatief. Navorsers by die Cornell Universiteit bevind dat dankbare mense ‘n laer risiko het om fobias, alkoholisme en selfs depressie  te ontwikkel. Hulle immuunsisteme is selfs sterker.

 

Maar dankbaarheid moet dan elke dag gebeur. Maar baie mense kla en sê hulle het niks om voor dankbaar te wees nie – die ekonomie is sleg, ek het my werk verloor … Maar as ons gesond is en omring is deur die mense vir wie ons liefhet, het ons baie om voor dankbaar te wees.

 

Moet ons nie besluit dat ons van nou af meer dankaar gaan wees nie. Waarvoor is jy dankbaar? Hoe druk jy jou dankbaarheid uit?