B Binne – Pilatus ondervra Jesus oor koningskap (18:33-38a)

B Binne – Pilatus ondervra Jesus oor koningskap (18:33-38a) – Francois Malan

18:33 Pilatus se ondervraging van Jesus in die hofsaal begin met sy vraag: Is jy die koning van die Jode? (Die Romeinse reg het vereis dat die hoofklag teen ‘n gevangene drie maal aan hom in die hof gestel moes word). Uit Pilatus se vraag is af te lei dat die owerpriesters hulle godsdienstige aanklag van godslastering, dat Jesus Homself God maak, vir die Romeinse goewerneur verander het na ‘n politieke aanklag van opstand teen die regering, as die Messias/Christus/Gesalfde koning, wat die Jode verwag om hulle van die Romeinse oorheersing te bevry (Mat. 26:63-66). Die ander Evangelies bied Jesus se antwoord direk na die vraag aan. Johannes gee die antwoord eers in vers 37 nadat hy ‘n kritieke verklaring van die aard van Jesus se koningskap aanbied:

Pilatus toon sy minagting vir die Jode met sy wedervraag: Ek is mos nie ‘n Jood nie, is ek? Hy ontken enige kennis van Jesus behalwe dat Jesus se eie volk en owerpriesters Hom aan hom oorgelewer het (paradidoomi). Daarom sy volgende vraag: wat het jy gedoen? – dat hulle jou aan my oorgegee het om ter dood veroordeel te word. Dit is duidelik hy is nie tevrede is met die aanklag wat die Jode teen Jesus gebring het nie. Het Hy slegs Joodse tradisies verbreek, of het Hy werklik ‘n misdaad gepleeg wat deur die Romeinse hof gestraf moet word?

18:36 Jesus antwoord nie direk op Pilatus se vraag nie, maar sê iets oor sy koningskap. Jesus ontken nie dat sy koninkryk oor mense regeer en hulle lei om in gehoorsaamheid aan Hom op te tree in die wêreld nie, maar sy koningsheerskappy oor mense se lewens het nie sy oorsprong in hierdie wêreld nie, en gebruik nie die politieke magsmiddele van hierdie wêreld met ‘n leërmag wat met geweld veg teen sy vyandige volksgenote, die Jode, nie – daarom moes Petrus sy swaard terugtrek van die hoëpriester se slaaf af, en het Jesus Homself sonder weerstand aan die Jode oorgegee.

julle dat ek die Koning van die Jode (ironies) vir julle loslaat?  Hy verruil sy Romeinse reg vir die Joodse gebruik dat die goewerneur vir hulle met Paasfees een man (wat skuldig bevind is)  uit die gevangenis los laat.  So neem die onskuldige Seun van God die skuld van die sondaar op Hom.

 

Prof Francois Malan