B1 Binne: Pilatus praat met Jesus oor mag/gesag (19:9-11)

B1 Binne: Pilatus praat met Jesus oor mag/gesag (19:9-11) – Francois Malan

telkens deur mense gevra in hierdie Evangelie (7:27-29; 8:14;9:29-30). Is Jesus mens of god? As Hy werklik ‘n god is, vrees Pilatus vir die straf van die gode op hom. Jesus swyg egter soos die skaap van Jes.53:7 wat stil is voor sy skeerders. Hy het reeds by die eerste verhoor gesê dat sy koninkryk nie van hierdie wêreld is nie (18:36). Daarop het Pilatus skepties gereageer toe Jesus gesê het Hy het gekom om van die waarheid te getuig. Hoe sal Pilatus nou kan verstaan dat Jesus die ware God is? Slegs geloof kan die misterie van Jesus verstaan. (Openb.19:11-13).

19:10 Pilatus se vrees verander in wrewel oor die man wat hom nie antwoord of self verdedig nie, en sê: ‘Praat jy nie met mý nie? Weet jy nie: ék het die gesag om jou los te laat, en ék het die gesag om jou te kruisig?’ Dié gesag het Pilatus ontvang van die hoogste gesag op aarde wat hom aangestel het, die keiser van die magtigste ryk op aarde, die imperium Romanum. Daarme erken hy dat die beslissing by hom lê. Sy poging om die beslissing aan die Jode oor te dra (19:6) is ‘n lafhartige ontvlugting van sy verantwoordelikheid (19:6).

doodstraf vir Jesus (19:12-16)

 

Skrywer: Prof Francois Malan