Belê in God se beleggingsfondse


“O Father who sought me, O Son who bought me, O Holy Spirit who taught me” Celtic Prayer to the Holy Trinity” – Keltiese gebed

Belê in God se beleggingsfondse

Spoor hulle aan om goed te doen, en ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ‘n skat as ‘n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry (1 Timoteus 6:18 – 19).

Rick Warren verwys na God se vyf beleggingsfondse waarin ons moet belê.

 

  1. Belê in God se tesourie-fonds

Ons gebruik van ons geld om uitdrukking aan ons aanbidding te gee. Daar is niks wat ons vir God kan gee wat Hy nodig het nie. God het nie ons geld nodig nie. As ons ‘n offer vir God gee, aanbid ons Hom – ons sê dat ons Hom liefhet. Vereer die Here met offerandes uit wat jy besit en met die beste uit jou oes (Spreuke 3:9). Ons eer God as ons aan Hom offer. God wil hê dat ons in hierdie fonds belê voor ons in enige ander fonds belê.

 

  1. Belê in God se onderlinge hulpfonds

God wil hê dat ons van ons geld moet gebruik om die geloofsgemeenskap te bevorder – om te wys dat ons ander gelowiges liefhet; om verhoudings te bou. As ek in hierdie fonds belê, kry ek ook voordele uit ander bronne: Liewe Gaius, jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eens geken het nie (3 Johannes :5). As ons ons geld belê in die ontwikkeling van verhoudings in die gemeente, rig dit ander op God – dit help om mense na God te bring.

 

  1. Belê in God se groeifonds

Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus (2 Petrus 3:18). Ons moet in ons persoonlike en geestelike ontwikkeling belê. Ons moet geestelik groei, vaardihede ontwikkel en onsself opvoed, sodat ons die persoon kam wees  wat God ons gemaak het.  Ons belê in God se groeifonds as ons goeie boeke koop en Christelike kongresse bywoon.

 

  1. Belê in God se ekwiteitsdiensfonds

God wil van ons geld gebruik om behoeftige mense te help. God het ons nie op aarde geplaas net om vir onsself te lewe nie. God is vrygewig. Alles wat ons in die lewe het, is as gevolg van sy vrygewigheid. God wul hê dat ons, net soos Hy, vrygewig moet wees. Hy wil veral hê dat ons vrygewig teenoor die armes moet wees. Wie hom oor die arm mens ontferm, gee ‘n lening aan die Here en Hy sal hom ten volle vergoed (Spreuke 19:17); Wie vir ‘n arm mens iets oor het.sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor *Spreuke 28:27).

 

  1. Belê in God se globale fonds

God wil hê dat ons van ons geld gebruik om die evangelie dwarsoor die wêreld te verkondig. Hierdie is  goeie gebruik van ons geld. Dit is evangelisasie of sendingwerk.

 

Om in hierdie vyf fondse te belê is van ewigheidsbelang. As jy al jou skatte in die wêreld belê, is dit al wat jy het. Maar as jy in die ewigheid belê sal jy jou beleggings vir altyd geniet.