Belydenis

Belydenis

Die Peacemakers beklemtoon sewe aspekte van belydenis wat sal help om konflik te vermy of op te los.

Praat met almal wat betrokke is – almal wat beïnvloed is.

 

Vermy as, maar en moontlik – moenie verskonings soek as jy verkeerd opgetree het nie.

Erken spesifiek – beide jou gesindheid en optrede.

Erken die pyn – vra verskoning as jy iemand seer gemaak het.

Aanvaar die gevolge.

Verander jou gedrag – gesindhede en optrede.

Vra om vergifnis.

Ek dink as ons hierdie beginsels volg sal daar minder onenigheid en konflik wees.