Bevoordeel vrygewigheid vir my?

 

As the wicked are hurt by the best things, so the godly are bettered by the worst. —William Jenkyn

 

Bevoordeel vrygewigheid vir my?

Deur God se genade is dit nie net ander wat bevoordeel word as ons gee nie. Hier is ‘n paar voordele vir ons as ons vrygewig is.

  1. Ons word meer soos Christus

Ons vrygewigheid is ‘n reaksie op God se genade in ons lewens – dit is as gevolg van God se transformerende werk in ons. God se genade is die optrede; ons vrygewigheid is die reaksie. Ons gee, want Hy het eerste aan ons gegee. Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe (2 Korintiërs 9:15).

 

  1. Ons kom los van materialisme

Hoe meer ons besit, hoe sterker is die greep van ons besitiing op ons. Uiteindelik word ons deur ons besittings ingesuig. Vrygewigheid verander dit alles. Ons kom los van die aantrekkingskrag van ons besittings. Ons ontsnap die swaartekrag van ons besittings en konsentreer op ons skatte in die hemel.

 

  1. Ons ondervind vreugde

Jesus vertel die gelykenis van ‘n man wat ‘n skat in die saailand ontdek. Hy gaan verkoop alles wat hy het en koop die skat. Ons lees: Uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het (Matteus 13:44 – OAV). Die skat kos hom alles wat hy gehad het, maar hy kry alles wat hy wou gehad het. Dit vul hom met blydskap.  Die voordele weeg swaarder as die koste. Hoe meer ons gee, hoe meer blydskap ontvang ons. Maar dit maak ook vir God bly: God het die blymoedige gewer lief (2 Korintiërs 9:7). As ons nie gee nie, word ‘n groot bron van blydskap van ons weggeneem.

 

  1. Ons stoor ‘n ewige beloning in die hemel

Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het (Efesiërs 6:8); Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade (Romeine 2:6). Maar Jesus gee ook ‘n beloning vir vrygewigheid. In die verhaal van die ryk jongman lees ons: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê (Matteus 19:21). Ons taak is om Christus te volg en om die beloning aan Hom oor te laat.

 

Ons moet ons bates van die aarde na die hemel toe oordra. Gee vrygewig vir God se werk; dien ander. Jy sal vry voel; jy sal blydskap ondervind; jy sal God se glimlag aanvoel.