Boeke oor Jesus se lewe

Boeke oor Jesus se lewe – Kobus Kok

Vraag:
Goeie dag, Ek is die sondagskool hoof vir junior kategese by die NG Wilgespruit. Ons is tans besig met die 40 dae in die woord projek. Ons het ‘n uitdeel stukkie ontvang waarin die kinders moet se watter boeke in die nuwe testament die volgende se: Jesus se lewe, lesins ens. (ek is bewus daarvan dat dit Matteus, Markus, Lukas en Johannes is) Die eerste volgers van Jesus? Die boeke in die NT wat handel oor hoe ons moet lewe? en, Die boek wat die eind tyd wys. (die eind tyd weet ek is Openbaring. As julle my asb kan help deur die ander twee vrae vir my te antwoord sal dit fantasties wees !! baie dankie, Bianca Booysen
 
Prof Kobus Kok antwoord
 
Waar leer ons van die eerste volgers/dissipels van Jesus?
Ons lees op verskeie plekke van die heel eerste volgers van Jesus. Kyk onder andere na Johannes 1:35, wat ook die opskrif dra “Die eerste dissiples van Jesus”. Indien mens een plek in die Bybel het waar so ‘n tema voorkom, kan mens die ander plekke ook maklik opspoor. Die meeste Studie-Bybels gee vir mens parallelle tekste in die kantlyn wat jou met kruisverwysings na ander gedeeltes neem waarin soortgelyke sake aangetref word.
 
Boeke oor hoe’n Christen moet lewe
Eintlik gaan die hele NT oor hoe ‘n Christen moet lewe. Ek se dit omdat daar myns insiens ‘n direkte verband is tussen wie ek is (identiteit) en wat ek doen (etiek). Dus,elke boek van die Bybel vertel ons iets van ons identiteit en rig daarom ‘n appel op ons lewenswyse. In die evangelies is Matteus 5-7 ‘n goeie beginplek. Dit handel oor die bergrede waarJesus self vir ons se hoe ‘n Christen moet lewe.
 
Paulus is by uitstek die teoloog van die Bybel wat skryf aan gemeentes wie hy geken het en vir wie hy van raad bedien het. Mens kan al Paulus se briewe lees vir rilglyne. Pauliniese briewe wat baie sulke riglyne gee is Tessalonisense, Galasiers, Korintiers, Romeine,  Philemon, Kolossense, Efesiers, ens. Net so gee Petrus se twee en Johannes se drie briewe ook goeie raad oor hoe ‘n Christen moet lewe.
 
Skrywer:Prof Kobus Kok