Bonhoeffer (8)

There are only two kinds of people in the end: those who say to God, “Thy will be done,” and those to whom God says, in the end, “Thy will be done.” All that are in Hell chose it – C. S. Lewis

 

Bonhoeffer (8)

Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.

 

Geen regte beskerm die geloofsgemeenskap – daardie gemeenskap van vreemdelinge in die wêreld nie. Hulle is die nederiges wat afstand van al hulle regte gedoen het vir die saak van Jesus Christus. Wanneer hulle beledig word, is hulle stil; wanneer geweld hulle aangedoen word, verdra hulle dit; wanneer hulle uitgegooi word, aanvaar hulle dit.

Hulle maak nie hofsake vir hulle regte nie; hulle maak nie ‘n bohaai as ‘n ongeregtigheid hulle aangedoen word nie. Hulle wil nie regte vir hulleself toe-eien nie. Tog sê Jesus: Hulle sal die nuwe aarde ontvang (Matteus 5:5). Die aarde behoort aan diegene sonder regte en mag. Diegene wat tans die aarde met geweld en ongeregtigheid besit, sal dit verloor.

 

Bonhoeffer gee weer twee Bybelverse vir ons:

  • Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang (Matteus 5:5).
  • U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed, U behartig die regsaak van die weeskind en van die mens in nood, sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie (Psalm 10:17 – 18).

 

Is ons sagmoedig? Verdedig ons voortdurend ons regte? Ons moet bid vir die  wat magtig is, die wat trots is, die wat staan op hulle regte, dat hulle werklik sagmoedig sal word, en die beswil van ander soek in plaas van hulle eie.

 

Here, help my om van my regte afstand te doen. Gee aan my die gawe van sagmoedigheid en maak my ‘n instrument vir u vrede. Amen.