Category: Bio-Etiese vraagstukke – Algemene Artikels

Bio-Etiese vraagstukke –  artikels

image_pdfimage_print

Het die mens lewe geskep?

Het die mens lewe geskep? – Coen Slabber

Dr Craig Venter en sy medewerkers het aangekondig dat hulle die eerste sintetiese vorm van lewe geskep het. Dit was ʼn bakterium met DNA waarvan die volgorde deur ʼn rekenaar bepaal is. [Dit behoort eintlik DNS in Afrikaans te wees, maar DNA word so algemeen gebruik dat ek dit behou het. DNS = desoksiribonukleïnesuur. Dit is ʼn suur in chromosome wat die spesifieke struktuur en funksie van elke sel bepaal (HAT).]

Bio-etiek (2): Wanneer begin lewe?

Bio-etiek (2): Wanneer begin lewe? – Coen Slabber

Hierdie is ʼn kernsaak in die debat oor aborsie, stamselnavorsing, kloning en baie ander etiese probleme waarvoor ons vandag staan. Kan ons bepaal wanneer lewe begin? Sommige sê dat ons hier met ʼn onsinnige speletjie besig is.

Bio-etiek (1): ʼn Moderne Dilemma

Bio-etiek (1): ʼn Moderne Dilemma – Coen Slabber

[Di = twee; lemma = veronderstelling – ʼn situasie waarin ʼn moeilike keuse tussen twee of meer alternatiewe gemaak moet word.]

Ek gaan ʼn reeks artikels oor verskillende aspekte van bio-etiek skryf.

1.       Hoekom praat ek van ʼn dilemma?

Miskien sal dit makliker wees om te verduidelik as ek iets sê oor aborsies. Veertig jaar gelede was aborsies wettig in sekere state in die VSA. Duisende aborsies is sedertdien deur geneeshere gedoen – maklik, vinnig en veilig. Maar ons lees ʼn paar maande gelede van ʼn man wat in die kerk doodgeskiet is terwyl hy besig was om die kollekte op te neem! Hoekom? Hy was ʼn geneesheer wat aborsies gedoen het. ʼn Paar weke gelede lees ons van ʼn man 63 jaar oud wat voor ʼn skool doodgeskiet is. Hoekom? Hy het teen aborsies betoog! Wat hieruit duidelik is, is dat hier ʼn situasie is waar die Christen – en die kerk – tussen twee alternatiewe moet kies.

2.       Hoekom praat ek van ʼn moderne dilemma?

Natuurlik is van hierdie probleme nie nuut nie. Aborsie was immers reeds in die Romeinse Ryk ʼn probleem. Die slegte nuus: Met die geweldige vooruitgang op mediese gebied, veral op die gebied van genetika, gaan meer en meer soortgelyke probleme na vore kom. Party van hulle is reeds met ons (voorbeeld: genadedood); ander gaan ons iewers in die toekoms tref (voorbeeld: kloning).

image_pdfimage_print