Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake

image_pdfimage_print

Reuse in die Bybel

Reuse in die Bybel – Marius Nel

Elmarie Potgieter vra:

In Genesis voor die Sondvloed lees ons oor die hemelwesens wat afgekom het aarde toe en uit hulle is Reuse gebore. Daarna het die Sondvloed gebeur en dus almal is dood. My vraag is, later in die Bybel lees ons van Dawid en Goliat, waar Goliat gesê is as ‘n Reus. Hoe het daardie Reus dan ontstaan, of was sy voorkoms slegs as Reus omdat Dawid bietjie kleiner was?

Psalm 16:3

Psalm 16:3 – Marius Nel

Lou Pistorius vra:

Mens moet dit seker nie so letterlik sien nie, maar hoe werk dit dat Psalm 16:3 in 1953 lui: “Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is,” maar 30 jaar later “die afgode in die land, so aantreklik vir baie – met hulle wil ek niks te doen hê nie?”

Wanneer het die Sabbat na Sondag verskuif en waarom?

Wanneer het die Sabbat na Sondag verskuif en waarom? – Kobus Kok

Van die heel begin van die skepping af, volgens die Hebreeuse, of OT tradisie is die Sabbat op die sewende dag en dit gaan terug na die skeppingsverhaal.

Ons lees in Genesis 2:1-3 “Op die sewende dag het God alreeds alles geskep en 2) op die sewende dag het God gerus  3 God het die sewende dag geheilig en as gereelde rusdag ingestel…”

Skatte in die Hemel

Skatte in die Hemel – Jan van der Watt

Daan Smit vra:

Jesus sê: ons moet skatte in die hemel bymekaar maak – nou wonder ek – wat wil ek met skatte in die hemel maak, en ook – is dit dan verkeerd om op aarde skatte bymekaar te maak om voorsiening te maak vir die dag wat ek nie meer kan werk nie

image_pdfimage_print