Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )

image_pdfimage_print

Die Groot Geloofswoordeboek: Tussentoestand en Tussentyd

Die Groot Geloofswoordeboek: Tussentoestand en Tussentyd

Tussentoestand

Dit is een van die heel moeilikste onderwerpe in ons geloof. Dit moet onderskei word van die *tussentyd. Die tussentoestand is die toestand waarin ‘n mens is tussen jou dood en die opstan­ding by die wederkoms van Christus. Die tussentyd is die tyd tussen Chris­tus se hemelvaart en sy wederkoms.

Die Groot Geloofswoordeboek: Totale Verdorwenheid

Die Groot Geloofswoordeboek: Totale Verdorwenheid

Totale verdorwenheid

(*TULIP)

Die leer van die totale verdorwenheid van die mens (corruptio to­talis) word maklik misverstaan. Sommige dink dit beteken dat geen ongelowige ooit iets goeds kan doen nie. Dit is ‘n mis­verstand. Sedert *Augustinus, een van die groot kerkvaders, is dikwels verwys na die deugde van die heidene.

Die Groot Geloofswoordeboek: Tipologie

Die Groot Geloofswoordeboek: Tipologie

Tipologie

Tipologie verskil van *allegorie. In tipologie gaan dit oor werklike persone of gebeurtenisse en hulle antitipe of vervulling, en nie, soos in allegorie, oor die sogenaamde “dieper” betekenis van ‘n gedeelte in die Bybel nie. So was Adam ‘n tipe van Christus (Rom 5:12 ev) en die skepping ‘n tipe van die herskepping (verlossing).

Die Groot Geloofswoordeboek: Tempel; Sinagoge

Die Groot Geloofswoordeboek: Tempel; Sinagoge

Tempel Sinagoge

Tempel

Die tempel was die hart van Israel se godsdienstige lewe. Die ge­weldige betekenis van die tempel blyk uit uitsprake wat ons oral in die Ou Testament kry. Die sogenaamde Sionspsalms is sterk ge­tuienis daarvan (Ps 46, 48, 76, 84, 87, 122, 125). (Ter­loops, “Sion” is die “berg” [bult] waarop die tempel gebou was.)

image_pdfimage_print