Category: Kruis van Jesus

Kruis van Jesus (fisies) Hoe is Jesus gekruisig? Ons aanvaar dat die kruis lyk soos die hangertjies met kruisies wat ons dra. Tog is die nie so seker nie. Hoe die kruis gelyk het, word nêrens beskryf nie en daar was baie moontlikhede, byvoorbeeld, dit kon soos ‘n maalteken gelyk het, of soos ‘n T of kon miskien net ‘n regop boomstomp gewees het. Wat sê die Nuwe Testament hieroor?

image_pdfimage_print

Die Kruis-en-die-Kroon(2)

Die Kruis-en-die-Kroon Deel 2

Binne die heiligheidsbeweging is daar verskeie groepe wat die kombinasie van die kruis-en-kroon as wapen of logo gebruik.  Pastoor Ollie Raper vertel so dat hy twintig jaar gelede in Edinburgh, Skotland in ‘n boekwinkel op ‘n kerkgroepering, Christian Mission, wat sterk op sendingwerk ingestel is, se wapen afgekom het.Die groepering het noue bande met Andrew Murray, Nederduits Gereformeerde predikant en bekende in heiligheidskringe as spreker by die Keswick-konferensies.  En hulle wapen is die kruis-en-kroon.  Ook by ander groepe is die wapen gebruik.

Die Kruis-en-die-Kroon(1)

Die Kruis-en-die-Kroon Deel 1

VROEGSTE BETEKENISSE

Die kruis is seker vandag die bekendste van die simbole wat Christene gebruik.  Anders as wat ons dalk mag dink, was die kruis nie van vroeg af as simbool benut nie.

ʼn Plek van skande? (Kruis)

ʼn Plek van skande? (Kruis)

Die vreeslikste manier om destyds dood te gaan, was om gekruisig te word. Net party soorte misdadigers is so tereggestel, soos verraaiers, of staatsvyande.

image_pdfimage_print