Vyf wanbegrippe oor die Nuwe Testament

Vyf wanbegrippe oor die Nuwe Testament

  1. Die evangelies gee teenstrydige berigte oor Jesus se lewe, dood en opstanding

Ooggetuies se verslae oor dieselfde gebeurtenis is baie selde presies dieselfde. In die evangelies is daar baie meer ooreenkomste as verskille. Waar daar wel verskille is, is dit onbeduidend en verander nie die basiese verslag beduidend nie. Dit sou meer suspisieus gewees het as almal presies dieselfde besonderhede vertel het. Dit sou gelyk het of hulle vooraf saamgespan het om die verhaal reg te kry.

 

  1. Paulus en Jesus leer verskillende dinge

Mense argumenteer dat die evangelies vol van Jesus se onderrig oor die koninkryk van God is, terwyl Paulus se fokus op regverdigmaking is. Leer Paulus nie hier iets wat Jesus nooit geleer het nie. Hierdie beredenering verstaan nie hoe openbaring in die Bybel werk nie. Openbaring werk op ‘n organiese stap vir stap manier en nie sommer alles op een slag nie. Jesus het onthul waarop die apostels gebou het. Jesus het sekere dinge onthul waarop die apostels onder leiding van die Heilige Gees gebou het. Dit is ook moontlik dat ‘n konsep teenwoordig is al is daar nie noodwendig ‘n spesifieke woord wat die konsep beskryf nie. Jesus het duidelik geleer dat verlossing net deur Hom moontlik is (Johannes 3;16 – 17; Johannes 14:6) al gebruik Hy nooit die woord regverdigmaking nie. Paulus leer ook dat Christene wat op Christus vertrou ‘n ewige erfenis het, dat hulle kinders van God is en dat hulle sal opstaan as Jesus Christus weer terugkom. Al hierdie dinge is elemente van die koninkryk van God wat verkondig is.

 

  1. Jakobus en Paulus leer twee verskillende verlossings

Dwarsdeur sy briewe beklemtoon Paulus verlossing deur geloof alleen. Ons kry die veral duidelik in sy briewe aan die Romeine en die Galasiërs. Jakobus verkondig skynbaar ‘n teenstrydige verlossing van geloof en werke (Jakobus 2:14 – 17). Jakobus ontken nooit dat geloof noodsaaklik vir verlossing is nie. Sy fokus op weke is om te wys dat lewende geloof, soos ‘n lewende boom vrugte dra. Geloof wat dood is, dra nie vrugte nie en is dus waardeloos. Dit ontken nie verlossing deur geloof nie, maar beklemtoon net dat verlossing en heiligmaking verbind is. Verlossing kom altyd eerste as optrede van God terwyl heiligmaking later kom as die voortgesette werk van God.

 

  1. Die Christelike geloof is ‘n primitiewe godsdiens geskep om di behoeftes van die gemeenskap te pas

Die argument is dat die apostels Jesus geredigeer, aangepas en verander het om die behoeftes van die gemeenskap te pas. Dit is onwaarskynlik. Die evangelies is nie lank na Jesus se hemelvaart geskryf nie. Dit was ‘n tyd toe baie mense wat vir Jesus geken het nog gelewe het. Dit is onwaarskynlik dat die apostels Jesus se teologie sou verander het terwyl daar nog mense was wat kon gesê het hulle jok.

 

  1. Die Bybel moet foute hê, want daar is variante tussen die manuskripte

Die ooreenkomste tussen die kern onderrig van die Nuwe Testamentiese manuskripte is ver meer as die verskille. Die verskille is so klein dat dit nie betekenis van die teologie op ‘n betekenisvolle wyse verander nie. Dit is merkwaardig as ons dink hulle is moeisaam per hand gekopieer. Baie van die variasies is kopieerfoute wat ‘n enkele woord uitlaat of die orde van twee woorde omdraai – Jesus Christus en Christus Jesus. Ons weet wat die oorspronklike manuskripte gesê het, want ons het so baie kopieë wat almal dieselfde ding sê.

 

.




‘N Lewe wat nie raakgesien word nie.

‘N Lewe wat nie raakgesien word nie.

Ons weet nie veel van Henog nie. Ons lees niks van sy dade in die Bybel nie. Ons weet net dat hy die sewende geslag tussen Adam en Noag was, dat sy vader Jered was, en dat sy seun Metusalag was. Ten spyte van hierdie onopvallende lewe (ten opsigte van geskiedkundige opvallendheid en Bybelse besonderhede) verskyn sy naam tweede in die heldegalery van Hebreërs 11.

 

Hoekom verskyn sy naam saam met dié van Noag, Abraham en Moses op hierdie lys? Soos Henog gaan meeste Christene nie opgemerk word nie. Natuurlik gaan ons die mense om ons beïnvloed, maar min Christene se name sal in die geskiedenisboeke verskyn. Ons het ‘n klein klompie mense wat ons op Facebook volg of ons blogs lees.

 

Ontmoedig dit vir jou? Dit is ‘n versoeking om te glo dat wat ons glo en wat ons doen geen impak op ander sal hê nie. Is ons nie maar net klein spikkeltjies in die groot heelal nie? Henog se verhaal van geloof daag hierdie pessimistiese siening uit. Hebreërs 11:5 sê: Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nêrens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou.

 

Alhoewel ons baie min van Henog weet, konfronteer die verwysing na hom in Hebreërs 11 met die werklikheid dat God sien en omgee.  Die enigste manier waarop God tevrede met Henog se lewe kon wees, is dat HY dit raakgesien het; die enigste rede vir God om sy lewe raak te sien het, was omdat Hy omgegee het. Dit beteken dat Henog se lewe hoe onbeduidend ook al in menslike terme, was beslis nie betekenisloos nie.

 

Henog se storie sê vir ons dat dié betekenis en doel van die lewe nie te vinde is in politieke mag, die bymekaarmaak van rykdom of geskiedkundige bekendheid nie. Jy kan al hierdie dinge hê, en steeds voel jy is sonder betekenis. Die plek om tevredenheid te ondervind – dit is betekenis en doel en vrede in die lewe –is in ‘n verhouding met God. Henog se storie leer ons dat in God se oë is nie een van sy kinders klein nie – almal word raakgesien.

 

Die grootste impak van wat reg, goed en waar is in die gemeenskap word nie gemaak deur die paar mense wat in die geskiedenisboeke beskryf word nie, maar deur die massas onbekende karakters wat doen en sê wat reg is en ander ten goede beïnvloed. God bevorder sy saak deur duisende “klein” mense soos Henog wat doen wat reg is daar waar God hulle geplaas het.

 

Henog se storie is bowe-al ‘n storie van genade. As genade in jou huis kom word jou hart radikaal herrangskik. Nou is dit nie meer jou eie begeertes, gevoelens en behoeftes wat belangrik is nie, maar nou is Wat God sê belangrik vir jou. Nou wil jy hê dat jou lewe vir Hom aanvaarbaar sal wees. Genade vang verlore en doellose klein mensies en vul hulle lewens met betekenis en doel. Die gevolg van hierdie genade is dat hulle God en ander mense meer liefhet as hulleself.

 

Hierdie is Henog se verhaal en deur genade kan dit ook my en jou verhaal wees.

 




Hoe die psalms aanbidding kan vorm

Hoe die psalms aanbidding kan vorm

Ons gebruik die woord aanbidding om daardie deel van die erediens te beskryf waar die gemeente sing. [Dit gebeur veral met die gebruik van die woord worship.] As mense vra na die ‘worship” in die gemeente stel hulle gewoonlik belang in di gehalte van die sang. Die hele erediens van die sang tot die preek tot die sakramente is alles aanbidding. Moontlik is dit die belang van sang in ons kultuur wat daartoe gelei het dat sang as die kern van aanbidding gesien word. Die Bybel bevat ‘n hele boek van lofgesange – die psalms.

 

 

Die psalms is vol insigte wat kan help om ons musikale aanbidding te vorm. Wat kan die psalms ons leer?

 

  1. Moderne aanbiddingsmusiek moet ons help om die lewensprobleme te hanteer

Die psalms is nie ‘n lukraak bloemlesing wat toevallig bymekaar gegooi is nie. Dit is geskryf oor ‘n periode van ‘n duisend jaar. In sy finale vorm het dit die Jode gehelp om die moeilike omstandighede tydens die ballingskap waar hulle sonder ‘n koning was, te hanteer. Die boek begin met die belofte dat God se gesalfde koning oor die hele wêreld sal regeer (Psalm 2). Soos die psalms ontvou lyk dit asof God van sy belofte vergeet het.

 

Aan die einde van psalm 89 roep die psalmis uit: Waar is u liefde van vroeër, Here, wat U in u trou aan Dawid belowe het. Dink Here aan die smaad wat my aangedoen is, aan alles wat ek moes verduur van baie volke. Die mense van wie hierdie smaad kom, is u vyande, Here, dit is u gestalte vir wie hulle smaad waar hy ook gaan (Psalm 89:50 -52). Dit is ver verwyder van die visie wat ons in Psalm 2 kry. God se gesalfde word gespot eerder as gedien.  Die psalms met die Hebreërs gehelp deur hulle in staat te stel om hulle verwarring uit te druk., maar dit bring ook ‘n boodskap van hoop.

 

Onmiddellik na Psalm 89 lees ons: Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag (Psalm 90:1).

Vir mense in ballingskap is daar die hoop  van God as skuiling. Want die Here is ‘n magtige God, die groot koning oor al die gode (Psalm 95:3).

 

Die Psalter beweeg van klaaglied en verwarring oor wat lyk soos ‘n mislukking van God se kant, eindig dit in vertroue en lof, want God regeer en Hy sal Jerusalem weer opbou, wat die verstrooides van Israel bymekaar bring (Psalm 147;2).

Hierdie boek van lofgesange het God se mense gehelp om die uitdagings van die wêreld te hanteer. Die liedere wat ons vandag in die kerk sing, moet dieselfde doen. Die Psalms doen dit deur die sake van die dag reguit te hanteer en ‘n duidelike prentjie te skilder van hoe God sy mense in hulle probleme ontmoet. Vir die soekers het God gesê dat Hy hulle toevlug is; vir dié sonder ‘n koning het Hy gesê dat hy hulle koning is (95:3); en vir dié ongeregtigheid ondervind het Hy belowe dat hy oor die aarde in regverdigheid sal heers (Psalm 96:13). Ons liedere moet die groot kenmerke van God besing wat hoop gee aan pelgrims op pad na die nuwe Jerusalem.

 

  1. Moderne kerkmusiek moet alle emosies insluit

Die psalms is skokkend eerlik. Ons sien regte mense, wat vreugde en feesvier uitdruk, maar ook vrees, frustrasie en klaagliedere. Om eerlik onsself voor God uit te druk, lyk nie altyd vrolik nie, maar God verstaan. , “There is not an emotion of which any one can be conscious that is not here represented as in a mirror.” (Calvyn). Aanbidding beteken nie net om vrolike liedere te sing nie, maar sluit in ons gebroke uitroepe.

Moderne kerkmusiek moet kyk na die spektrum van gevoelens verteenwoordig in die psalms en moet dan help om ‘n reeks van emosies en uitdrukking aan te moedig. Dit moet breër as net happy-clappy wees. Dit is moeilik, want ‘n weeklag maak ons ongemaklik. As ons nie kan weeklag in die kerk nie impliseer ons dat Christene altyd op die bergspits is. Is daar ‘n lied wat perone met ‘n gebroke hart in die kerk kan sing?

Die psalms wys dat God se mense eerlik na Hom kan kom en ons musiek moet hierdie eerlike uitdrukking fasiliteer.

 

  1. Moderne kerkmusiek moet mooi en uitmuntend

Die psalmboek is ‘n kunswerk. In die psalms kry ons parallelisme, akrostiese psalms en lewende beelde. Die psalms stel God voor as Vader (103:13), Beskermer (68:6), Herder (23:1). Koning (93:1) en Regter (98:9). Gee ons dieselfde aandag aan ons huidige kerkmusiek? Tim Keller skryf:

In many churches, the quality of the music is mediocre, or poor, but it does not disturb the faithful. Why? Their faith makes the words of the hymn or the song meaningful, despite its slack of artistic expression; what’s more they usually have a personal relationship with the music presenter. But any outsider who comes in as someone unconvinced of the truth and having no relationship to the presenter will likely be bored or irritated by the expression. In other words, excellent aesthetics includes outsiders, while mediocre aesthetics excludes. The low level of artistic quality in many churches guarantees that only insiders will continue to come.

 

 




Die lewende dooies

Die lewende dooies

Dié wat na haar luister, besef nie dat die dood self daar wag nie., dat dié wat hulle deur haar laat nooi het, klaar diep in die doderyk s nie (Spreuke 917 – 18).

Spreuke leer ons dat geregtigheid lewe bring en boosheid lei na die dood. Baie van die gedrag wat Spreuke voorstel – die huwelik, werk en omsigtigheid –  gaan gepaard met ‘’n langer lewe. Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê; dit sal jou lewensjare baie maak (Spreuke 4:10). Gewoonlik verwys “lewe” en “dood” nie na die lengte nie, mar na die gehalte van jou lewensjare. Soms verwys ‘om te lewe” na liefdevolle verhoudings (15:27) of na die sielkundige welstand van ‘’n kalm gemoed (14:30). Soms verwys dit na die geestelike lewe wat gemeenskap met God beteken (21:21.)

Om nie waarlik te lewe nie is om die gebied van die dood te betree selfs voordat jou fisiese lewe op aarde beëindig word. Om te leef sonder God met toenemende geestelike blindheid, broosheid en hardheid is om ’’n geestelike lyk te wees. Dwaasheid se gaste woon diep in die gebied van die dood. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe (Deuteronomium 30:19). Besef jy dat om Bybelse wysheid te hê, ‘’n saak van lewe of dood is.

Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes, wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is (Efesiërs 2:1). Om hierdie rede word ek nie moedeloos nie Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe (2 Korintiërs 4:16). Ek moet altyd onthou wat ware lewe en ware dood is, veral as ek voor die onvermydelike uitdagings soos siekte, besering en ouderdom te staan kom.