Ons sien meer “jingle” en al hoe minder Jesus in ons Kersvierings

Ons sien meer “jingle” en al hoe minder Jesus in ons Kersvierings

Nege uit elke tien Amerikaners vier Kersfees, maar die viering word al hoe meer sekulêr. Al hoe meer Amerikaners glo nie meer dat die Kersverhaal soos ons dit in die Bybel kry ware geskiedkundige gebeure weerspieël nie. Hulle is gevra of hulle in vier elemente van die verhaal glo, naamlik Jesus se maagdelike geboorte, Jesus was in ‘’n krip neergelê, wyse manne, gelei deur ‘’n ster het vir Jesus geskenke gebring en engele het Jesus se geboorte aan die skaapwagters aangekondig. In 2014 het 65% dit geglo. In 2017 is dit net 57% [Pew Research Center]. 54% Amerikaners glo dat Kersfees ‘’n sekulêre eerder as ‘’n godsdienstige vakansiedag is.

 

Soos ons kultuur meer sekulêr word, is die geboorteverhaal vir al hoe minder mense eg of selfs betekenisvol. Vir Christene is die Kersverhaal noodsaaklik. Die menswording van Jesus is ‘’n sleutel oortuiging van Christene

 

Too many people think Christmas is about a mall and not a manger,”  (Ed Stetzer). Hy voeg egter by:

On the upside, and Christians always look at the upside, as fewer people celebrate Christmas without knowing the story of Christ, we have the opportunity to tell them why Jesus came, why he lived and died, and ultimately that he rose again — changing everything for Christians, not just one day,” said Stetzer.




Moenie hierdie Kersfees van Josef vergeet nie.

Moenie hierdie Kersfees van Josef vergeet nie.

Dit is baie maklik om van Josef in die Kersverhaal te vergeet Beide Matteus en Lukas volg Josef se geslagsregister terug tot by Dawid. Profesieë het vereis dat die Seun van God ook die Seun van Dawid moes wees. Dit was seker nie die enigste kwalifikasie van Josef nie. Hier is nog ‘’n paar kwalifikasies wat hy gehad het.

 

  1. God het Josef weens sy oortuigings gekies

‘’n Verlowing destyds het meer bindende krag gehad as vandag. Haar verloofde wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar ot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek (Matteus 1:19). So ‘’n verbreking van die verlowing in hierdie geval was toelaatbaar volgens die Skrif en die burgerlike wet. Kyk na Josef se punt:

  • Sy verloofde was swanger; en
  • die baba was nie syne nie.

Hy kon met reg geglo het dat Maria ‘’n storie opgemaak het dat sy deur die Heilige Gees swanger geword het.

 

  1. God kies Josef vir sy deernis

Josef hanteer ‘’n baie sensitiewe situasie met groot deernis.                                                                                                                        Hy was regverdig – hy doen die regte ding op die regte manier. Goeie vaders intimideer en verneder nie diegene wat God aan hulle gegee het om lief te hê en te lei nie. Josef het geweet hoe om mense te behandel. Volgens Deuteronomium 22:21 het Josef die reg gehad om Maris te stenig. Ons stenig nie meer mense nie – ons dagvaar hulle en smeer hulle swart op sosiale media. Ons kan baie van mans leer deur te kyk hoe hulle hul vrouens, kinders, ouers, werknemers ens. behandel.

 

  1. God het Josef gekies as gevolg van sy moed

‘’n Mate van vrees is normaal en gesond. Vrees dat hy vir sy verloofde se probleem gestenig kan word, is genoeg rede om nie met haar te trou nie. Dit is ’n maklike uitkoms, want Josef kon nie bewys dat Maria ontrou aan hom was nie. Hy kon dus self gestraf word. Dit was ‘’n groot geloofstap vir Josef om vir Maria te glo. Hoe kon hy weet of die swangerskap die gevolg van Maria se ontrou was of as gevolg van God se intrede? Hy vertrou sy hemelse Vader en nie sy eie gevoelens nie. Hy aanvaar sy rol as eggenoot en vader. As ons familie probleme het, moet ons vir hulle bid en nie paniekerig raak nie. Om God te vertrou met die onvolmaakte mense in ons gesinne vereis geloof en moed.

 

Toe Josef uit sy droom wakker word, doen hy wat die engel hom beveel het. Hy trou met Maria, hy noem die seun Jesus en hy het geen omgang met Maria tot ná die seun se geboorte nie. Hy neem die swanger Maris byna 150 kilometer van Nasaret na Betlehem.. Na die geboorte neem hy haar na Egipte. Later trek hy wee terug na Nasaret. Hy doen dit alles om moeilikheid in Jerusalem te voorkom.

 

Josef is nie gekies omdat hy slim of ryk of beroemd was nie. Hy is gekies, want hy was ‘’n gehoorsame man.

 

 




Christene volg Jesus uit eie vrye wil

 

Christene volg Jesus uit eie vrye wil

Hy sê: “Kom, volg My.” Om ‘n Christen te wees beteken meer as dat ek moreel en intellektueel saamstem met die Christelike onderrig. Christus vra van ons liefde en lojaliteit. Om Hom te volg vereis bekering, wat lei na lidmaatskap van die kerk, die liggaam van Christus.  Om ‘n Christen te wees, beteken ek is ’n burger van ‘n stad met ‘n ryk erfenis en ‘n heerlike toekoms. Soos die psalmis sê: Gaan om Sion, trek reg rondom, tel sy torings, bewonder sy mure, bekyk sy versterkings, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel! Dié God is ons God vir altyd; hy sal ons altyd lei (Psalm 48:13 – 15).

 

Die Christendom is ‘n geloofsgemeenskap gevorm deur die Heilige Gees, deur aanbidding en verkondiging, deur gebed en geestelike dissiplines, deur antieke rites en onderrig wat ontvang is van diegene wat vooraf gegaan het. In die geloofsgemeenskap ken en geniet ons God se teenwoordigheid. Die Christelike lewenswyse se wortels is in die mense van Israel. Christene deel met Jode ‘n erfenis wat teruggaan tot eeue voor Jesus van Nasaret geleef het op aarde. Dit begin met God se beloftes aan Abraham: Trek uit jou land uit, weg van jou mens en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou ‘n groot nasie maak. Ek sal jou seën en jou ‘n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ‘n seën wees. Ek sal seën, wie jou seën, en hom vervloek  wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees (Genesis 12:1 – 3)

Trek uit jou land uit, weg van jou mense. Die soeke na God is aanhoudend. Godsdienstige oortuigings en rites kry ons in alle kulture. Die Christelike godsdiens het nie uit natuurlike menslike impulse, begeertes of instinkte ontstaan nie. Net soos God Abraham uit sy vader se huis en land geroep het, net so roep Christus ons om in ‘n nuwe werklikheid te leef. Ons besit ‘n natuurlike  godsdienstige sin, maar die goeie nuus dat God liefde is en begeer dat ons na Hom moet kom, is ‘n onverwagte en verbasende gawe. Ons kan onsself nie na God oplig nie – God kom en lig ons op na Hom. Die Christelike weg is bonatuurlik, gebaseer op die persoon en werk van Jesus Christus.

 

Jesus herhaal God se oproep aan Abraham as Hy vir sy eie dissipels sê: As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe (Lukas 14:26). Jesus wil nie die natuurlike bande wat ons saambind ondermyn of vernietig nie, maar hy beklemtoon hiermee sy eie gesag. Hy is die Here oor alle dinge. Geen geestelike magte of menslike magte kan Jesus se oproep vervang nie. Die Here Jesus heers oppermagtig oor die Christelike weg en oor alle skepsels. Diegene wat Hom volg, mag geen ander God hê nie.

 

Christus se Heerskap gee aan die Christelike weg ‘n karakter wat die hele wêreld in beroering kan bring (Handelinge 17;6). As beperkte mense leef ons in ‘n wêreld waar amptenare, goewerneurs-generaal, goewerneurs, administrateurs, die raadgewers, die tesourieamptenare, die regters die landdroste, die hoofamptenare van die provinsie heers (Daniël 2:3). Vandag het die gesagte van die wêreld ander name – kundiges terapeute, bestuurders, burokrate, ens. Hulle heers en oefen hulle gesag uit in die normale loop van die lewe – soms ten goede, soms nie. Christene moedig ‘n kritiese evaluering van wêreldse gesagte aan. Christene ontken ook hulle finale gesag; Jy mag naas My geen ander gode hê nie (Eksodus 20:3).

 

God is een en as Skepper van die heelal is Hy oppermagtig. Hierdie aanspraak word met krag uitgespreek deur die sentrale stelling van die Christelike geloof: “God die Vader het die gekruisigde Jesus uit die dood opgewek deur die krag van die Heilige Gees.”

 

 

 

 

 




Aanbidding werk wonders I

 
Aanbidding werk wonders

In die loflied van Maria lees ons: Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God my Verlosser … omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het (Lukas 1:46 -47. 49)

Hierdie is ons tweede aflewering van Max Lucado se Bybelstudie: Because of Betlehem.. Vandag kyk ons na aanbidding. Aanbidding is die kragtigste mag om herstel in die hele persoon te voltooi en te onderhou.

 

“For your own sake, do what the angels did: make a big deal about the arrival of the King.” – Max Lucado. Aanbidding is ‘n integrale deel van die Kersverhaal. Ons lees dat die engel van die Here die aankondiging van Jesus se geboorte aan die skaapwagters gemaak het. Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele uit die hemel wat God prys. (Lukas 2:13). Dit was die engele se uitbundige aanbidding wat die skaapwagters aangespoor het om die baba in Betlehem te gaan soek. Toe die menigte engele na die hemel teruggekeer het. Sê die skaapwagters vir mekaar:Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.

 

Mag ons intieme aanbidding van Koning Jesus nie alleen die hart van God maar ook ons eie hartte seën. Mag dit ook ander nader trek om Hom te dien net soos op die eerste Kersdag gebeur het. Ons leer drie lesse uit hierdie gedeelte:

·         Vestig jou aandag op God;

·         Herken wat Hy van ons verwag – aanbidding; en

·          Reager met anbidding.

 

“Give Jesus the gift the angels gave Him,
the gift of praise.”
– Max Lucado

 

Almal van ons aanbid iets/iemand. Die tyd wat ons spandeer om die verkeerde ding te aanbid, gaan ons nooit terugkry om die regte ding te aanbid nie. Kersfees en die gee van geskenke was nog altyd met mekaar geassosieer. Die engele gee aan Jesus die geskenk van aanbidding. God kyk uit vir mnse wat Hom wil aanbid. Elke keer as ons ‘n voorwerp of aktiwiteit vertrou om ons lewe en betekenis te gee, aanbid ons dit. As ons goeie dinge dié ding in ons lewe maak, gaan ons teleurgesteld wees. Om plaasvervangers vir God te aanbid, gaan ons harte breek en ons ontmoedig. Aanbidding doen vir die siel wat die eerste lentereëns vir ‘n droeë veld doen. Dit dring in en roer die lewe.

 

Hoe kn ons die aankoms van die Koning na behore vier?

·         Aanbid verbaal Jesus sê vir ons: Waar die hart van vol is, loop die mond van oor (Matteus 12:34). As jy God liefhet, sê dit vir Hom.

·         Aanbid in gemeenskap. Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente wegbly soos party se gewonnte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom (Hebreërs 10:24 – 25).

·         Aanbid sodat mense dit kan sien. Laat jou liggaaam uitdruk wat jou hart voel.

Moenie geleenthede laat verbygaan om God te aanbid nie: Kyk, Ek staan by ie deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal ek by Hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My (Oenbaring 3:20).

God forseer nooit sy pad in nie Hy eis nooit om met ons te ontmoet nie. Al het jy Christus vantevore weggewys, kan jy nog steeds in genade en geloof, jou plek in die hemelse koor inneem en sing: Ere aan God in die hoogste hemel (Lukas 2:14).

 

Wat is jou primêre bron van geluk, betekenis, sekuriteit en identiteit?

·         Sukses/ wat jy bereik het

·         Mag/invloed

·         Behoort/ bevestiging/reputasie

·          Lewenstyl

·         Godsdiens

·         Voorkoms

·         Finansies

·          Besittings

·         Familie

As ons van ‘n goeie ding dié ding in ons lewens maak –  ons stel dit bo alle dinge- gaan ons teleurgestel wees. Hoe kan ons ons harte op God bo alles rig sonder om aan die goeie dinge waarvan ons hou, skade te doen? Ons het ons afgode gemaak. Intense aanbidding van God is nodig. “Re joicing” is a way of praising God until the heart  is  sweetened and rested, and until it relaxes its grip on anything else it thinks that it needs (Tim Keller).

 

Die engele in die Kersverhaal het God aanbid en sê vir die herders: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aard vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het. Mag die woorde van Psalm 103 jou woorde wees en mag dit jou liefde en dankbaarheid teenoor God uitdruk:

Ek wil die Here loof met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.

Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.

Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon.

Wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.