Die evangelie is waar. Loop nou so.

Die evangelie is waar. Loop nou so.

As iemand se bene misvorm is, kan jy nie vir hom video’s wys oor mense wat loop en dink hy sal loop nie. Jy moet eers dit wat gebreek is, moet regmaak.

 

In sy brief aan die Efesiërs vertel Paulus vir ons hoe ons behoort te loop as ons in Christus is. Hy wys ook vir ons waar ons die krag sal kry om te loop. Hy begin sy loop opdragte met omdat in Hoofstuk 5:1 omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Paulus het pas verskeie hoofstukke gebruik om te verduidelik wat God in Christus vir ons gedoen het, waarvan Hy ons gered het en wat Hy vir ons in die vooruitsig het.

 In die lig van wat ons in die evangelie ondervind het, geen hy aan ons drie maniere om te loop/lewe:

  1. Loop/lewe in liefde

Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en om ons ontwil sy lewe as ‘’n offergawe gegee het (5:2). Ons het ander lief soos Christus ons liefgehad het. Hoe kan ons sê dat ons God se liefde ondervind het as daar geen teken van daardie oorvloedige liefde in ons alledaagse verhoudings sigbaar is nie

 

Ons kan ook vir God liefhê. Ons liefdesoptrede teenoor ander is uiteindelik vir Jesus al lyk dit vir ons asof dit vermors is op die persoon wat ons lief het. Ons moet in ieder geval liefhê.

 

  1. Loop/lewe as kinders van die lig

Leef dan as mense van die lig … Vra julleself voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak (5:8 – 11)

God het lig in ons harte gebring. Ons moet daardie lig in elke hoekie van ons lewens skyn. Moenie net saam met die stroom gaan nie. Dink oor jou huwelik, jou werk, jou finansies en jou plesier. Ons moet met die lens van die evangelie na ons lewens kyk.

 

  1. Loop/lewe in wysheid

Wees baie versigtig hoe julle lewe; nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘’n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen (5:15 -17). Baie van die lewe se groot besluite word nie in die Bybel uitgespel nie – soos watter werk ek moet doen, of hoe ek my geld moet spandeer of wat ek met my tyd moet doen nie. Dink aan jou huwelik, jou finansies En jou ontspanning. Moenie sommer aanvaar dat jou hart jou wyslik sal stuur nie

 

Om wys te lewe beteken ek neem besluite op daardie gebiede wat inpas met ons verstaan van God. Dit is nie maklik nie, maar die alternatief is rampspoedig. Die dae is boos en om in God te groei, vereis doelgerigtheid. Paulus sê dat baie dinge vir ons wettig is, maar dit help ons nie, want dit bevorder nie God se doelwitte met ons lewens nie. As ons wat ons van die wêreld weet in ag neem, hoe moet ons ons tyd bestee? Weerspieël jou skedule die dringendheid en fokus van die evangelie?

 

Die kerk is op ‘n reddingsending. As ons weet die skip waarop ons is, gaan sink wat moet ons gesindheid wees? Ons moet seker maak dat al die mense weet van die reddingsbote.   Ons moet leer om ons werk op so ’n manier te gebruik dat dit wys is in die lig van die evangelie.

 

 




Jou ‘WAT’ is nie so belangrik soos jou ‘HOEKOM” NIE

Jou ‘WAT’ is nie so belangrik soos jou ‘HOEKOM” NIE

Andy Stanley sê dat ons altyd bekommerd is oor die “wat” in ons lewens. Ons dink aan ons einddoel en die proses om daar uit te kom. Andy Stanley sê dat ons eers aan die “hoekom” moet dink voor ons aan die “wat’ dink.

 

As ons die “hoekom” moet antwoord moet ons teruggaan na God se roeping vir ons. Jou persoonlike roeping was tot jy die eerste stappie geneem het. Dit het moed vereis. Dit is belangrik, want om ander mense te bedien vereis moed. Jou persoonlike roeping is ook waar jy jou passie gaan kry. Passievolle leiers met passievolle volgelinge vorm die kerk van ‘’n beweging.

 

Jou “wat” en “hoe” jy iewers uitkom, is nooit so belangrik soos jou “hoekom” nie.




Is Christene te eksklusief?

Is Christene te eksklusief?

Die vroeë Christene, voor Konstantyn, was vervolg omdat hulle te eksklusief en vreemd was. Tog, terselfdertyd het die kerk baie vinnig gegroei. Dit is al beskryf as ‘n doeltreffende sending ontmoeting met die Romeinse samelewing. Daar was beide aanstoot en aantrekking, konfrontasie en oorreding, Die Christelike geloof het nie by die kultuur aangepas om meer volgelinge te wen nie. Dit het ook nie ‘n klein, afgesonderde groepie gebly nie. Die gelowiges het die kultuur gekonfronteer en gekritiseer en die gelowiges het daaronder gely. Daarteenoor is baie mense ook aangetrek daagliks is nuwe mense bygevoeg.

 

Wat kan ons hieruit leer?  In die Westerse samelewing word Christen vandag weer as te eksklusief gesien en word toenemend uitgeskakel in akademiese en selfs regeringswerk. Hulle word op verskeie terreine gemarginaliseer.

 

Wat ons by die vroeë kerk kan leer, is dat ons steeds doeltreffende sending ontmoetings kan hê. Dit beteken nie noodwendig vinnige groei of stadige vordering met min of geen vrug op ons arbeid nie. Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ‘n mens se lewe. Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening (1 Petrus 2: 11 – 12). Sommige mense buite die kerk sal gelowiges beskuldig en vervolg terwyl ander die goeie dade sal sien en God sal verheerlik.

 

Ons moet assimilasie of rigiditeit vermy. Daar is mense, in ‘n poging om meer mense te trek, die eise van die Christelike geloof  aanpas, afwater, sterk veroordeel. Daar is ook mense wat enige poging om ons evangelistiese pogings aan te pas veroordeel.

 

Gregorius van Nyssa het reeds gesê dat jy nie ‘n heiden en ‘n Jood met dieselfde argumente kan oortuig nie Jy moet jou verduideliking van die evangelie verskillend aanbied in elke geval. Ons moet dit ook doen.

 

Wat mag so ‘n ontmoeting behels

  1. ‘n Openbare Apologetiek.

Die vroeë kerk het doeltreffende openbare apologetiek ontwikkel, Dink aan Tertullianus, Origenes, Augustinus as voorbeelde. Ons moenie ‘n suiwer rasionele apologetiek aanbied nie, maar ook ‘n kulturele een. Augustinus het die oortuigings wat eksklusief lyk soos volg verdedig:

Our beliefs and lives do not in any way weaken the social fabric—rather they strengthen them. Indeed, you will never have the society you want if you maintain your polytheism.” 

Maar ook op straatvlak moet daar apologetiek wees. Ons moet wys hoe die beloftes van sekularisme ten opsigte van bevrediging, betekenis, vryheid en identiteit nooit vervul kan word nie. Ons het deurdagte, toeganklike en diverse stories van mense wat Christus ontmoet het en wie se lewens verander het, nodig. Ons het ook boeke nodig wat die logika van die Christelike geloof op ‘n toeganklike wyse beskryf. Die kerk moet ook in die openbaar verskoning vra vir sy foute van die verlede en die hede.

  1. ‘n Alternatiewe kultuur

Soos die vroeë kerk moet ons ‘n alternatiewe gemeenskap wees met sekere kenmerke.

  • Multi-etnisiteit Die Westerse kerk lyk nie multi-etnies vir buitestanders nie. Tog is die Christelike kerk die mees diverse godsdiens in die wêreld
  • Ons moet brûe bou na diegene wat ons teenstaan. Die vroeë kerk is vervolg, maar het vergewe en nie vergeld nie. Ons ondervind nie vandag iets soortgelyk nie, maar die kerk reageer dikwels neerhalend en met aanvalle. Christene moet vredemakers wees.
  • Christene moet bekend wees vir hulle vrygewigheid, versorging van die armes en ons toewyding aan geregtigheid. Die kerk moet dié instelling wees wat bekend is vir werk in arm en gemarginaliseerde gemeenskappe
  • Ons moet ons toewy aan die heiligheid van lewe.

 

  1. Teenwoordigheid in die beroepe

Die kerk moet Christene toerus om hulle geloof en werk te kan integreer.

  1. ‘n Evangelistiese siening en benadering

Die evangelie vervul die kultuur se diepste verwagtings nie net deur die verwronge siening wat die wêreld aanvaar te weerspreek nie. Die basiese element van sonde en verlossing moet op ‘n omvattende manier gekommunikeer word.

Die kerk moet verskeie maniere ontdek om die evangelie te verkondig – nie net deur prediking nie, maar deur onderrig op elke lewensterrein.

  1. Christelike vorming in ‘n digitale tyd.

Die vroeë kerk het mense in lewenskragtige Christene verander in ‘n heidense kultuur. Sy lede het ander prioriteite gehad ten opsigte van seks en geld en baie ander dinge. Hulle het dit verkry deur drie jaar kategese, die krag van hulle gemeenskappe en deur aanbidding. Die kerk staan vandag voor dieselfde uitdagings. Te midde van ‘n sekulêre kultuur met sy narratiewe ‘jy moet waar aan jouself wees, Jy moet doen wat jou gelukkig maak, niemand het die reg om vir ander te sê hoe hulle moet lewe nie,” hoe vorm ons Christene deur die Bybelse narratief.

 

Die kerk staan ook voor ‘n ander probleem; kommunikasie tegnologie. Mense kom voor honderde idees te staan wat ondermyn dit wat in aangesig tot aangesig interaksie gebeur. Hoe vorm ons mense wat onderskeidend Christelik is?

  • Nuwe instrumente vir kategese wat tenoor die verhale van die laat-moderne kultuur staan.
  • Aanbidding wat antieke patrone van liturgie met kulturele vorme kombineer.
  • Opleiding wat leiers in staat stel om hierdie soorte formatiewe praktyke te ondersteun.

 

 




Psalm 37 (6)

Psalm 37 (6)

Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

TEOLOGIESE IMPLIKASIES:

Hier is nie ‘n argument in die formele struktuur van die psalm ingebou nie. Dit keer egter gereeld na ‘n aantal punte terug:

  • Dit het ‘n pastorale bekommernis. Hy wil hê dat die luisteraars/lesers hulle gesindheid moet verander. Hulle tob omdat die goddeloses blykbaar voorspoedig in die lewe is – selfs beter af is as die regverdiges. Die goddeloses is sterk en die regverdiges swak, en daarom bedreig die goddeloses die regverdiges.
  • In hierdie situasie wil die psalmis hê dat die regverdiges nie langer ontsteld moet wees nie, maar dat hulle in die Here moet vertrou – hulle toewy aan Hom en op Hom wag.
  • Gelowiges mag energie vermors deur hulle oor die goddeloses te ontstel. Hulle mag selfs in die versoeking kom om hulle by die goddeloses aan te sluit.
  • Die gelowiges moet tevrede wees met dit wat hulle het – al is dit min –  want die oorvloed van die goddeloses is net tydelik en sal nie lank duur nie.
  • Die voorspoed van die goddeloses tans laat dit lyk asof daar geen morele orde in die wêreld is nie. Daar is ‘n ingeboude morele band tussen optrede en gevolge. Die swaard van die goddeloses vind sy weg na hulle eie hart.
  • Die mens word aangemoedig om op die Here en nie op ‘n morele orde te vertrou nie. Hy sal dinge reg laat uitwerk.

 

Die psalmis vermaan my om rustig  my werk in vertroue op die Here te doen. Die Here sorg vir die mense wat hulle lewens aan Hom oorlaat.  Dit help my niks om kwaad of ontsteld te word oor die voorspoed van die goddeloses nie. Ek moet positief bly optree; ek moet volgens die wil van die Here lewe; ek moet die voorbeeld van die opregtes volg, want net hulle het ‘n toekoms. Daarteenoor vergaan die goddelose gou; hulle word uitgeroei; hulle is sonder toekoms. Die Here lag vir hulle. Hy sien die dag waarop Hy met hulle gaan afreken. Die mag waarop hulle staatmaak, sal in hulle hande verkrummel. Hulle is nie net sonder God nie, maar soms teen God. Daarom wag ondergang op hulle. Dwarsdeur die psalms staan die goddelose en sy dwaalweg teenoor die goeie pad van die gelowige waarop hy deur die Here gehelp word.

 

Hierdie versekerings is vir my van onskatbare waarde as ek dag vir dag gekonfronteer word met die gevolge van moord en doodslag, roof en geweld. Dit sê vir my: Moenie aanvaar dat die bose tog sy sin gekry het nie. Ek moenie glo dat ek weerloos staan nie; ek moenie moed verloor, boedel oorgee of op ‘n hopie gaan lê nie. Dieselfde God wat lank gelede al deur die psalmis vir gelowiges gesê het: “Laat julle lewe aan die Here oor”, sê presies dieselfde ding vir my vandag. Ek moet myself in sy hande plaas; ek moet op Hom vertrou. Hy sal, soos Hy nog altyd gedoen het, sy beloftes nakom en vir my uitkoms gee – op sy tyd, op sy manier.