Psalm 37 (2)

Psalm 37 (2)

Tema: Twee lewenshoudings is moontlik: dié van die gelowiges en dié van die goddeloses, maar God beslis.

Psalm 37 is ‘n wysheidspsalm. Die psalmdigter kontrasteer twee lewenshoudings. Dit is ‘n alfabetiese psalm. Dit stem ooreen met die psalm se tema dat daar ‘n orde in die wêreld is.Die ou man in vers 25 kom ooreen met die leermeesters in Spreuke wat die jonger mense onderrig.. Die Psaalm kan goed by Spreuke inpas:

  • Die oproep met rredes (vers 1 – 2).
  • ‘n belofte oor gevolge (vers 3 – 4)
  • Die bestemming van die regversiges en gelowiges (vers21 – 22).
  • X is beter as Y (vers 16).
  •  Die  beroep op ondervinding (verse 25 en35 – 36).

Daar is geen ontwikkeling van denke in die psalm nie, maar ‘n reeks waarnemings wat illustreer dat die here na die gelowiges omsien terwyl die goddeloses sterf. Psam 37 hervat die tema van Psalm 1.

Die digter trek vyf vergelykings tussen die regverdige en die goddelose se botsende lewenshoudings. Sy doel met hierdie vergelykings is om die gelowige te oorreed om die regverdige se lewenshouding te kies en die goddelose se houding te verwerp. Die gelowige sien soms dat dit goed gaan met die goddelose terwyl hy swaarkry. Dit ontstel hom.

 

37:1 – 4: Eerste vergelyking.

Van Dawid.

Tysens die monargie was dit die koning se verantwoordelikheid om toe te sien dat Israel die samelewing was at hier beskryf word.

 

Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie,

2want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.

Hiedie oprop om jou nie te ontstel nie word in verse 7 en 8 herhaal. Ontstel verwys dikwels na kwaad wees die voorwerp van hierdie kwaad wees is skelms en skurke hoekom moet hulle nie ontsteld wees nie. Hierdie skels en skurke leef nie lank nie. Die skelms is soos gras. ‘n Kenmerk van gras is dat dit gou verdroog en vergaan. Hierdie is vir die lesers ‘n bekende feit.

 

3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

4Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

In plaas van behep te  wees met negatiewe gevoelens teenoor die skelms en skurke, moedig hulle mense aan om op die Here te vertrou. Die Here is die voorwerp van hulle vreugde Mense moenie te entoesiasties wees oor materiële voorsiening nie. Mense wat op die Here vertrou vind hulle vreugde in Hom. Mense moet nou hulle vreugde in die Here vind nie later as hulle sy seëninge ondervind het nie. Die geneesmiddel vir negatiewe gevoelens wat die gevolg van kyk na ander is, is om na die Here te kyk en laat toe dat toepaslike gevoelens ontwikkel. Hulle word uitgenooi om hulle diepste verlange na die Here te bring sodat dit vervul kan word.

 

Hierdie kort vergelyking begin met ‘n stukkie negatiewe raad: die gelowige moet hom nie kwel oor skelms en skurke se voorspoed nie. Letterlik staan hier dat die gelowige nie warm moet raak nie. Dit is nie die moeite werd nie, want  soos gras vergaan hulle – hulle verdwyn sommer. In plaas daarvan moet die gelowige liewer op die Here vertrou en doen wat goed is. Hy moet net rustig woon en werk. As hy sy vreugde in die Here vind, sal Hy aan die gelowige gee wat sy hart begeer. Teenoor die verganklikheid van die goddelose staan die gelowige se sekerheid en vertroue op die Here, wat aan die mens gee wat hy nodig het. Die raad is dat die gelowiges maar stilweg moet voortgaan met hulle lewens. Israel se geloof gaan oor:

  • Vertrou op die Here;
  • Doen goed;
  • Geniet die Here; en dan sal God gee wat jy die meeste begeer
  • Fokus op die Here en jousself en nie op hulle nie.

Dit gaan oor ‘n hiuding van openheid en vrygewigheid teenoor een van misleiding en vyandigheid. As jy die Here vertrou en goed doen ssl jy in die land woon. Ajay kan net eet as jy ‘n land het en die familie wat sy deel van die land besit.

 

Vind jou vreugde in die Here is belangrik:

  • Die Here is jou bron van vreugde. Ons moenie te entoesiasties oor materiëlee voorspoed wees nie. Die psalmis sê dat mense wat op die Here vertrou waarlik vreugde sal ondervind as gevolg van sy voorsiening Mense moet nou hulle vreugde in die Here vind en nie later as hulle eers sy seëninge ondervind het nie.
  • Die geneesmiddel vir negatiewe gevoelens wat die gevolg is van na ander mense kyk kan oorwin word deur na die Here te kyk.
  •  Mense word uitgenooi om hulle diepste verlangens na die Here te bring sodat hulle vervul kan word.

 




Psalm 37 (1)

Psalm 37 (1)

Laat jou lewe aan die Here oor – die swakkes sal die land besit (37:1 – 40)

37 Van Dawid.

Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie,

2want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.

3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

4Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

5Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son,

jou reg soos die helder lig van die middag.

7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie.

8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede,

moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

9Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.

10Nog ’n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;

’n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.

11Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart.

12Die goddelose soek die ondergang van die regverdige en bedreig sy lewe.

13Die Here lag vir die goddeloses, want Hy sien hulle dag kom.

14Die goddeloses trek die swaard en span die boog om die hulpelose en die arme

dood te maak, om dié wat die regte pad loop, te vermoor.

15Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref en hulle boë sal stukkend gebreek word.

16Die bietjie van die regverdige is beter as die rykdom van talle goddeloses,

17want die mag van die goddeloses sal verbreek word,

maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.

18Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,

en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.

19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,

in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.

20Die goddeloses sal te gronde gaan, die vyande van die Here sal tot niet gaan;

soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan, so sal hulle verdwyn.

21Die goddelose leen en betaal nie terug nie, die regverdige kry jammer en help.

22Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;

maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.

23Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.

24As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.

25Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.

26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan.

27Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, dan sal jy die land altyd bewoon,

28want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie.

Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.

29Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon.

30Wat die regverdige prewel, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg.

[Prewel – die  Hebreeuse woord verwys na die Joodse gebruik om die Tien Gebooie en ander wette van die Ou Testament gedurig saggies vir hulleself op te sê.]

31Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie.

32Die goddelose lê die regverdige voor en soek ’n kans om hom dood te maak,

33maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie

en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie.

34Wag op die Here en hou by sy pad, dan sal Hy jou aansiwn gee om grond te besit. Jy sal toekyk  wsnneer goddelose mense uitgeeroei word.

35Ek het ‘n goddelose mens gesien, ‘n gewelddadige wat gedy het soos ‘n lowerryke inheemse boom

36Maar toe iemand weer daar verbygaan, was hy weg, Ja, toe ek hom soek, was hy nêrrens te vinde nie.

37Let maar op ‘n onbesproke mens, kyk maar na ‘n optregte – ‘n vredeliewende mens het afstammelinge;

38Maar oortreders wod almal saam uitgedelg, di afstammelinge van goddelose mense word uitgeroei.

39Regverdiges se verlossing kom van die Here – hulle toevlug in ‘n tyd van verdrukking

40Die Here help hulle en  bevry hulle,

Hy bevry hulle van goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

 

 




Hoe lees ek my Bybel?

Hoe lees ek my Bybel?

As ek die Bybel wil lees, moet ek die groot prentjie sien. Dit is baie moeilik om vir jou kinders ‘n huis te bou sonder enige planne. Volg die instruksies. Net so, as ons die Bybel lees, moet ons die oorkoepelende verhaal in gedagte hou. Dan sal ons die besonderhede beter verstaan. Waaroor gaan die Bybel? Vir so ‘’n groot boek geskryf oor soveel jare is dit eenvoudiger as wat ons dink.

 

Van Genesis tot by Openbaring is die Bybel die verhaal van God se verlossing Dit gaan oor die Persoon en werk van Jesus Christus. Hy is gestuur om die slang se kop te vermorsel. Die Bybel skets God se reddingsending in verhaal na verhaal- in gelykenisse, gedigte en profesieë. Die verhaal van God wat ons red, is versprei oor elke blad van beide Testamente. Elke gedeelte word vervul in die woorde en werk van Jesus Christus. God, die Vader, stuur sy enigste Seun om te doen wat niemand in die geskiedenis kon doen nie: nie Adam of Israel of een van ons nie.

 

Ons almal het op een of ander manier misluk om God en ons naaste lief te hê soos Hy van ons verwag. Jesus het nooit hierin misluk nie Hy het gedoen presies dit waarvoor God Hom gestuur het – sodat ons met Hom sal leef – nou en vir ewig. Die Bybel gaan oor Jesus.

 

So maklik as wat dit is om te ontdek dat Jesus die hoofkarakter van die hele Bybel is, net so maklik is dit om op ‘’n syspoor te beland en te vergeet waaroor – eintlik oor Wie- die verhaal gaan. Kerke kan afdwaal en baie interessante onderwerpe bespreek wat nie noodwendig ons liefde vir Jesus vermeerder nie. As kerke nie die Jesus van die Bybel verkondig nie, lees hulle in werklikheid nie meer die Bybel nie. Dit is nie doelbewus nie, maar as gevolg van ons sonde lees ons onsself in plaas van Jesus in die verhaal in. Die Bybel is so vol van Jesus dat dit moeilik is om Hom te vermy. Ons wil so graag die Bybel alles oor onsself maak. Die Bybel is eerstens die verhaal van Jesus voordat dit ons verhaal kan word. As ons die Bybel eerstens die verhaal van onsself maak, kan ons baie maklik vir Jesus en onsself verloor. C.S. Lewis sê: “Put first things first and we get second things thrown in: put second things first and we lose both first and second things.” As jy weer jou Bybel lees fokus jou oë op Jesus, die Begin en voleinder van die geloof (Hebreërs 12:2)

 

 

 




Daar is nie iets soos ’n louwarm Christen nie.

Daar is nie iets soos ’n louwarm Christen nie.

Elke week sit baie Suid-Afrikaners in kerkbanke en luister na boodskappe van hoop, bemoediging en oproepe om uit te gaan en dissipels te maak. Die ideaal is dat ons die res van die week met ander spandeer en die evangelie met hulle deel. Maar binne-in die kerk is daar ‘’n segment mense wat verlossing nodig het. Wat ‘’n tragedie sal dit wees as diegene wat dink dat hulle Christene is by die eindtyd. deur God uit sy mond uitgespoeg word.

 

Francis Chan vra of louwarm Christene gered is. In Openbaring lees ons dat die mense van Laodisea nie koud of warm was nie en dat God hulle uit sy mond gaan spoeg. God gaan geen Christen uit sy mond spoeg nie Hy gaan vêrder: Julle sê; “Ons is ryk, skatryk en het niks meer nodig nie.’ En julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. (Openbaring 3;17).

 

Hierdie is ‘’n betekenisvolle stelling, want dit beteken dat ons kerke vol mense is wat nie waarlik Christene is nie. Dit was nog altyd so. Jesus verwys na die koring en die onkruid. Eers by die oestyd sal ons weet wie waarlik Christene is. Ons moet na hulle leefwyse kyk en dan sal ons sien wie waarlik Christene is. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is ‘’n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie (1 Johannes 2:4).

 

Daar is ‘’n breë pad wat na vernietiging lei, en baie sal daarop loop. Daar is ook ‘n nou poort wat na die lewe lei en dié wat dit kry is min (Matteus 7;13 – 14). Die wêreld wil sê dat almal hemel toe gaan, want daar is geen hel nie. Die kerk sê dikwels; ‘Ons is almal gelowiges, want ons het almal op een of ander stadium ‘n gebed gebid.’ Chan sê hy sien dit nêrens in die Skrif nie.

 

.