Die Christelike lewe – wat is dit?

Strange and monstrous are the longings of our pride. — Johannes Calvyn

 

Die Christelike lewe – wat is dit?

Die Christelike lewe bestaan nie uit leerstellings en geestelike dissiplines nie, maar gaan oor gemeenskap met God – koinonia. Wat kan ek doen om gemeenskap met God te ondervind? J. D. Greear  geen ‘n paar riglyne:

 

  • Plaas jouself in die teenwoordigheid van God se Woord.

 

As jy wil hê dat God Homself aan jou moet openbaar, moenie onttrek en na “jou hart luister” nie; moenie onttrek in ‘n stil plekke en wag vir inspirasie nie. Nee, God kan nie die Woord wat lewe gee in jou lewendig maak, tensy die Woord daar is nie. Maar hoe doen ons dit?

 

ü  Stiltetyd. Vir ten minste 30 minute elke dag moet jy tyd maak om saam met God te verkeer. Lees die Bybel, bid en lees ‘n stukkie uit ‘n godsdienstige boek of kommentaar oor die gedeelte wat jy gelees het.

 

ü  Memoriseer die Skrif. Om dele van die Bybel in jou geheue gestoor te hê, is brandstof  vir ‘n ontmoeting met God.

 

ü  Bid die Skrif terug vir God. Bid oor dit wat jy in die Bybel gelees het. Die Skrif wys vir ons God se denke en ook hoe ons moet bid.

 

ü  Sluit aan by ‘n kleingroep. God praat baie dikwels deur sy liggaam – wees deel daarvan.

 

  •  Bid daarvoor

 

Ons het nie nuwe inligting nodig nie, maar ‘n beter verstaan van dit wat ons reeds weet. Daarom bid ons dat God ons oë sal oopmaak. Die Hebreeuse woord vir heerlikheid is kabod – letterlik beteken dit gewig. As jy dus iemand bo God verheerlik, sê jy daardie persoon dra meer gewig as God.

 

  •  Wees gehoorsaam al voel jy nie daarna nie

 

Daar kom tye wanneer jy nie God se teenwoordigheid “voel” nie. Gehoorsaam – die gevoelens kom later. In enige verhouding word die gevoel van intimiteit dikwels gefasiliteer deur lang tye van gehoorsaamheid. In hierdie tye sal God jou nader aan Hom trek.

 

 Versterk jou persoonlike verhouding met God deur jou in sy woord te verdiep, te bid en gehoorsaam te wees.




Jongmense verlaat die kerk – Hoekom?

We are more concerned about looking stupid (a fear of people) than we are about acting sinfully (fear of the Lord). —Ed Welch

 

Jongmense verlaat die kerk – Hoekom?

Jim West is nou ‘n man wat reguit praat. Hy lewer soos volg kommentaar op ‘n onlangse artikel waarin tien redes genoem word waarom mense – veral jongmense – die kerk verlaat. Hy glo daar is net een rede – en baie verskonings. Die rede is omdat hulle nooit werklik deel van die gemeente was nie.

Hy sê dat alle verskonings net pogings is om hulle persoonlike verantwoordelikheid te ontduik. Hulle verlaat die kerk omdat iets anders hulle aandag afgetrek het.

 Hy verwys dan na 1 Johannes 2:19: Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie. Dan maak hy ‘n baie sterk stelling: When a generation is raised on pizza parties and events and games and outings and trips and that’s the entire extent of their exposure to discipleship it isn’t discipleship to which they are exposed. It’s self-involvement.

 Hy sê die kerk behandel lidmate asof hulle die middelpunt van die gemeente is – die doel van die gemeente en die rede waarom die gemeente bestaan. Dit is dus logies dat hulle die gemeente sal verlaat as iets anders hulle aandag trek. As die gemeente reguit verklaar dat God die Here is en dat ons sy dienaars is, kan ons dissipels maak. Jesus se opdrag aan die kerk is om dissipels te maak – nie mense wat net eredienste bywoon nie.

 Die groot vraag volgens hom is: Wat verloor die gemeente as dit lidmate verloor wat nie bereid is om tyd, energie en liefde vir bediening te gee nie. Al wat hulle verlang is om bedien te word. Antwoord op die vraag: die gemeente verloor bitter min. As hulle volwasse word, sal hulle terugkeer. As hulle nie terugkeer nie, was hulle nooit werklik deel van die liggaam van Jesus Christus nie. Plastiese chirurgie kan hulle nie verander in iets wat hulle nie is nie.

 My eerste reaksie was dat hy darem baie uitgesproke is – nou nie iets wat ek by ‘n Christen sou verwag nie. Maar is dit nie dalk tyd vir die gemeente om ‘n slag reguit te praat nie?

 

 




Twee stories uit die begraafplaas

 

It is our care of the helpless, our practice of loving kindness that brands us in the eyes of our opponents – Tertullianus.

 

Twee stories uit die begraafplaas

  • Die oop graf

Eugene Peterson vertel van ‘n besoek aan ‘n klooster. Op pad na die eetsaal loop hulle verby die begraafplaas. Hy sien toe een oop graf en vra: “Watter lid van julle gemeenskap is onlangs oorlede?”

 

“ Niemand nie. Die graf is vir die volgende een,” antwoord hulle hom.

 Elke dag, drie maal per dag,  as hulle stap om te gaan eet, word die lede van daardie gemeenskap herinner aan iets wat ons graag wil vergeet. Een van hulle is volgende aan die beurt.

 Maar ons as Christene weet dat Jesus Christus ons grootste vyand, die Satan, oorwin het. Die Saterdag was Jesus in die graf, maar die Sondag het Hy opgestaan.

 

  • Twee grafstene

Eerste grafsteen is dié van Mel Blanc. Hy was die stem van heelwat karakters in Looney Tunes. Jy sal hom gereeld hoor as jy Cartoon Network kyk! Hy gee aan sy familie streng bevele wat op sy grafsteen moet verskyn. Dit is die woorde wat hy gereeld aan die einde van ‘n duisend strokiesprente gesê het: That’s all, folks. 

 

Die tweede grafsteen is een wat Philip Yancey beskryf. Dit was die graf van sy vriend se ouma. Dit was onder ou eikebome in die begraafplaas by ‘n Episkopaalse Kerk in die platteland van Louisiana. Sy het ook instruksies gegee van wat op haar grafsteen moes staan – net een woord: Waiting.

 

Dit is ‘n pragtige beeld van die verandering wat Jesus in die wêreld gebring het … hoop.

 

 




‘n Paar eenvoudige stories

 

It has never been quite enough to say that God is in the heaven and all is right with the world, since the rumor is that God had left the heaven to set it right – G K Chesterton

 

‘n Paar eenvoudige stories

  • Jy is ‘n prinses

Die skrywer George MacDonald het graag oor prinse en prinsesse geskryf. Toe iemand hom vra waarom hy altyd oor prinsesse skryf, antwoord hy: “Want elke meisie is ‘n prinses.”

 

Die vraesteller was verward:  “Dit is tog nie waar nie – elke meisie kan tog nie ‘n prinses wees nie.”

MacDonald vra hom: “Wat is ‘n prinses?”

Die man antwoord: “Die dogter van ‘n koning.”

MacDonald: “Reg. Daarom is elke meisie ‘n prinses. Alle meisies is die dogters van die Koning.”

 

  • Jesus verander die sitplekplan

Die Didascalia Apostolorum was ‘n vroeë kerkgeskrif. Daarin kry die biskop die opdrag om nie die diens te onderbreek net om ‘n ryk of belangrike man wat laat kom, te verwelkom nie. Maar as ‘n arm man of vrou die diens laat inkom, moet die biskop alles in sy vermoë doen om die arm persoon welkom te laat voel. Dit mag selfs beteken dat die biskop sy eie sitplek verloor en op die grond moes sit. Jesus kom en verander die hele sitplekplan.

 

  • John Newton

John Newton was die kaptein van ‘n slaweskip. Hy koop en verkoop mense wat gevang is. Die matrose was wreed, want slawe het geen waardigheid gehad nie. Newton se lewe was gekenmerk deur dobbel en drink. Op ‘n stadium oor weeg hy selfmoord, maar kom toe tot bekering. Hy word ‘n Anglikaanse priester en skryf: Amazing grace, how sweet the sound that saves a wretch like me.

 

  • Johann Sebastian Bach

Luther het ‘n baie sterk invloed op Bach gehad. Bach het elkeen van sy werke begin met JJ. Dit staan vir  Jesu, Jusa – Jesus help my. Aan die einde van elke werk skryf hy drie letters – SDG. Dit beteken Soli Deo gloria – aan God al die eer.

 

  • George Frideric Handel

George Frideric Handel is dieselfde jaar as Bach gebore. By sy suster se begrafnis was die onderwerp van die preek: Ek weet my Verlosser leef. Dit word een van Handel se beroemdste arias.