‘n Leier lei

Live each season as it passes; breathe the air, drink the drink, taste the fruit, and resign yourself to the influences of each.”  – Henry David Thoreau

 

‘n Leier lei

Jona is in Nineve en daar verkondig hy ‘n verskriklike boodskap: Nog net veertig dae en Nineve word verwoes! Hierdie oordeelsboodskap van Jona het ook die koning bereik. Hoe reageer hy? Hy het van sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op ‘n ashoop gaan sit.  Hy bely sy eie sonde.

  Toe gebruik hy sy invloed om ‘n herlewing in die hele stad teweeg te bring. Hy vaardig ‘n proklamasie uit: Elke inwoner moet sy voorbeeld volg.  Toe God sy reaksie sien, het Hy deernis met die mense van Nineve en Hy spaar hulle.

 

Ons kan sê dat in hierdie geval ‘n leier die lot van ‘n hele stad bepaal het.  Hy doen dit deur die drie fundamentele vereistes wat elke volgeling nodig het, te voorsien:

(a)‘n Duidelike model.

(b)‘n Duidelike boodskap: hy roep sy mense op vir ‘n spesifieke optrede: Geen mens of dier mag aan iets proe nie of iets drink nie. Hulle moet rouklere aantrek en die mense moet tot God roep en hulle van hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle gepleeg het.

(c)‘n Duidelike motivering: hy sê vir hulle hoekom hulle so moet optree. Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie.

 

Almal van ons is leiers – by die huis of werk of kerk of waar ook al. Stel ons ‘n voorbeeld, gee ons ‘n duidelike boodskap en motiveer ons wat ons sê en doen vir ons volgelinge?

 

 




Ester

Iemand vra vir Ignatius: “What would you do if you knew that the world was going to come to an end tomorrow?” Hy antwoord: “I would go on doing what I’m doing now.”

 

Ester

Tydens die Joodse Purimfees word die verhaal van Ester herleef. Dit is gewoonlik ‘n fees vol vreugde, die gee van geskenke en ‘n toneelstuk. Hierdie toneelstuk, gewoonlik deur kinders gespeel, dramatiseer die verdeling van die wêreld tussen goed en sleg.

Die bose is Haman, ‘n Persiese offisier wat die Jode haat. Hy word uiteindelik gehang aan die galg wat hy vir sy aartsvyand Mordegai voorberei het. Die goeie mense is Ester en haar oom, Mordegai. Hulle red die Jode van vernietiging.

 

Hierdie is ‘n verhaal om Jode in ballingskap te bemoedig. Selfs op daardie stadium was daar baie Jode wat verspreid deur die Griekse Ryk (en kort daarna die Romeinse Ryk) geleef het. Ballinge het hoop nodig en Ester se verhaal gee hoop.

 

Die verhaal van Ester is ‘n verhaal wat eeue lank reeds hoop vir die Jode te midde van wanhoop beteken. Almal van ons moet oor hierdie verhaal nadink, want almal van ons se vlammetjie van vryheid flikker soms en dan het ons hoop nodig.

 

 

 




Psalm 119:43

In coming to understand anything we are rejecting the facts as they are for us in favour of the facts as they are. —C.S. Lewis

 

Psalm 119:43

Weerhou my tog van alles wat onwaar is. In u bepalings stel ek my vertroue (NAV)

En onttrek die woord van waarheid nie geheel-en-al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek (OAV)

Help my om net die waarheid te praat. Dag en nag luister ek fyn na u stem (Die Boodskap)

 

 

Vrees en hoop. Beide emosies is op die toekoms gerig, maar is teenoorgesteldes – vrees verwag die slegte en hoop verwag die goeie. Ons wil almal graag hoopvol wees, maar dit is ‘n stryd om nie te vrees nie. Die psalmis is bang dat hy van die waarheid ontneem sal word. In die konteks van die hele psalm is hierdie waarheid God se woord.

 

Maar hoekom sou God sy woord van die psalmis ontneem? Is die psalmis se vrees nie irrasioneel nie? In baie gevalle is ons vrese irrasioneel; ons sukkel om rasioneel te dink as ons bang is. Wat is die teenmiddel van vrees? Hoop. Die psalmis se hoop – dit waarin hy sy vertroue plaas – is God se bepalings.

 

Het die psalmis nog hoop? Beslis. Hoekom anders sou hy aanhou bid? Psalm 119 is in werklikheid een lang gebed oor God se woord – 176 verse lank.

 

Vrees is nie vir ons iets vreemd nie. Almal van ons ondervind dit op een of ander stadium. God se woord dryf die vrees weg en gee weer hoop aan ons.

 

 

 

 




Belydenis

Though infinitely better able to do without prayer than we are, yet [Christ] prayed much more than we do. —C.H. Spurgeon

 

Belydenis

Die Peacemakers beklemtoon sewe aspekte van belydenis wat sal help om konflik te vermy of op te los.

1.Praat met almal wat betrokke is – almal wat beïnvloed is.

 

2.Vermy as, maar en moontlik – moenie verskonings soek as jy verkeerd opgetree het nie.

3.Erken spesifiek – beide jou gesindheid en optrede.

4.Erken die pyn – vra verskoning as jy iemand seer gemaak het.

5.Aanvaar die gevolge.

6.Verander jou gedrag – gesindhede en optrede.

7.Vra om vergifnis.

Ek dink as ons hierdie beginsels volg sal daar minder onenigheid en konflik wees.