Hoe sing jy?

 “Nay, though an angel should come and appear before mine eyes from heaven, yet it would not add to my belief; for I have of my Saviour Christ Jesus bond and seal; I have his Word, Spirit, and sacrament; thereon I depend, and desire no new revelations.” – Martin Luther

 

 

Hoe sing jy?

In 1761 gee John Wesley ‘n paar voorskrifte vir hoe om in die kerk te sing.

 

  • Learn these Tunes before you learn any others ….
  • Sing them exactly as they are printed here without altering or mending them at all …
  • Sing ALL. See that you join with the congregation as frequently as you can …
  • Sing lustily and with a good courage. Beware of singing as if you were half dead, or half asleep; but lift up your voice with strength …
  • Sing modestly. Do not bawl, so as to be heard above or distinct from the rest of the congregation, that you may not destroy the harmony …
  • Sing in Time. Whatever time is sung, be sure to keep with it. Do not run before nor stay behind it … and take care not to sing too slow…
  • Above all sing spiritually. Have an eye to God in every word you sing. Aim at pleasing Him more than yourself or any other creature.”

Daar is niks nuuts in die wêreld nie!

 




Die Pastor

Oh, if we could not die, it would be indeed horrible! Who wants to be chained to this poor life for a century or longer? —C.H. Spurgeon

 

Die Pastor

[Pastor is Latyn vir herder – WAT]

Eugene H. Peterson (The Contemplative Pastor: Returning to the Art of Spiritual Direction) skryf onder andere oor die taak van die pastor. Die subtitel gee natuurlik ‘n leidraad: nie Bybeluitleg, nie apostoliese entrepreneurskap, nie mentorskap, nie berading nie, nie CEO nie, nie die gemeente aan die gang hou nie, maar geestelike rigtinggewing.

 

 Peterson sê dat ‘n gesonde selfstandige naamwoord nie allerhande byvoeglike naamwoorde nodig het om hom staande te hou nie. Hy glo pastor is so ‘n gesonde woord. Die woord pastor het nog altyd vir hom iemand beteken wat passievol vir God is en deernis met mense het. Maar nou is pastor nie meer ‘n sterk woord nie. Die huidige definisies maak van die pastor ‘n skadelose persoon.

 

Hy sê as jy met Solzhenitsyn of Tutu praat oor die toestand van die kerk in die VSA sê hy:

They see a lot of greed and arrogance. And they see a Christian community that has almost none of the virtues of the biblical Christian community, which have to do with a sacrificial life and conspicuous love. Rather, they see indulgence in feelings and emotions, and an avaricious quest for gratification.”

 

Toe Barna begin om negatiewe bevindings op te skryf oor mense wat gereeld kerk bywoon, het mense begin glo pastors is voer-my-skape kommunikators van die inhoud van die Bybel. Die aanname was dat mense wat die Woord hoor outomaties ware Christene sal wees. Die slagspreuke was: “Preek die woord … Preek die hele woord van God.” ‘n Mens sou sê die groot opdrag van Jesus was om die woord te preek en nie om dissipels van al die nasies te maak nie. Die gevolg is die kerk groei na binne.

 

Luister net hierna:

Small groups came in vogue. Artificial, zip-code formulated communities studying fill-in-the-blank discipleship books—surely this will turn things around. A companion was added to the Sunday morning entertainment, the celebration (huge worship services). That companion was community (the template-driven small groups). Distinctive Christian living here we come! Yet, alas, large group celebration and small group community were not the magic bullet.

 

Met verloop van tyd kom ons tot die gevolgtrekking: dit is die pastor se skuld. Wat het van die ander gawes geword: apostels, profete, evangeliste en leermeesters?  Nee ons skep allerhande nuwe posisies: leierpastor, aanbiddingspastor, uitvoerende pastor … Sy gevolgtrekking is die pastor van vandag dra Saul se wapenrusting – hy kans skaars asemhaal of beweeg.

 

Peterson sê dat ons al hierdie dinge moet afgooi en weer die robuuste term pastor herstel met ‘n duidelik opdrag: Geestelike rigtinggewing.

 




Wanneer is Petrus bekeer?

The longer I live, the more faith I have in providence, and the less faith in my interpretation of providence. —Jeremiah Day

 

Wanneer is Petrus bekeer?

Scot McKnight het ‘n baie interessante bespreking hieroor gehad. Hy begin deur na die bewyse te kyk:

 

Johannes 1: Andreas, Petrus se broer, sê vir hom dat hulle die Messias gekry het: Hy het hom na Jesus toe gebring. Net daar sê Jesus vir Petrus dat hy nou Sefas genoem gaan word.

Lukas 5:1 – 11: Petrus, die visserman, word deur Jesus aangesê om die nette uit te gooi nadat hulle die hele nag niks gevang het nie. Hulle vang so baie vis dat die nette wou skeur. Petrus val op sy knieë voor Jesus en vra Jesus om weg te gaan, want ek is ‘n sondige mens.

Markus 8:27 – 9:1: Jesus wil by sy dissipels weet wie hulle sê Hy is. Petrus antwoord: U is die Christus. Net daarna berispe Petrus vir Jesus omdat Hy gesê het dat Hy doodgemaak gaan/moet word.

Markus 14:66 – 72:  Petrus verloën vir Christus. Toe die haan die derde keer gekraai het, lees ons dat Petrus in trane uitgebars het.

Johannes 21:15 – 20: Drie maal vra Jesus vir Petrus of hy Hom liefhet. Drie maal sê Petrus ja. Petrus se verloëning word ongedaan gemaak en hy is weer op die spoor.

Handelinge 2: Petrus is saam met die ander gelowiges met die Heilige Gees vervul. Net daarna hou hy ‘n toespraak voor die skare mense.

Handelinge 10 en 11: Petrus ontdek dat die evangelie vir alle mense is – ook onrein heidene soos Kornelius.

 

Wanneer is Petrus bekeer? Toe hy Jesus die eerste maal ontmoet het? Toe hy sy sonde bely het? Toe hy bely het dat Jesus die Messias is? Toe hy die Heilige Gees ontvang het? So kan ons voortgaan. Onderliggend aan hierdie vrae is daar ‘n aanname: Daar kom ‘n tyd wanneer God sê jy is nou reg!

 

Is dit korrek? Hy stel dan die volgende voor:

Petrus begin ‘n verhouding met Jesus in Johannes 1 en hierdie verhouding groei progressief. Hy het voortgegaan om Jesus lief te hê en toe hierdie liefde probleme in Markus 14 ondervind, word dit in Johannes 21 reggestel.

 

Mc Knight sê dat as hy gedwing word om te sê wanneer Petrus bekeer is, sal hy moet antwoord dat hy nie weet nie – en hy dink nie dit is vreeslik belangrik nie

 

 




Die ewige soeke na wysheid

If Scripture does not direct us in our inquiries after God, we immediately turn vain in our imaginations – Calvyn

 

Die ewige soeke na wysheid

Spreuke is ‘n interessante boek. Dit het baie praktiese raad oor lewe in die gemeenskap. (‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede opvlam – 15:1). Daar word ook baie nagedink oor die vraag van wysheid en dwaasheid. (‘n Verstandige man is op soek na kennis; ‘n dwaas voed homself met dwaasheid – 15:14).

 

Ons kry ‘n duidelike wêreldsiening wat die beste in 1:7 opgesom word: Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag (1:7). Wat die skrywer sê, is dat alle kennis, alle soeke om te verstaan, alle regte denke, begin by die dien van die Here – by ons verhouding met Hom. Hierdie verhouding plaas die Here aan die toppunt van die piramiede. As ons kennis los van die Here soek, is daar ‘n gevaarlike risiko waarvoor ons te staan kom: ons maak die soeke vir onsself – ons persoonlike voordeel – en ons vergeet die eis van die Here van geregtigheid vir almal.

 

Soek ons wysheid los van God word ons dwase wat nie wysheid verstaan nie. As ons na wysheid soek, soek ons die sentrale betekenis en doel van die lewe. Om wysheid te verwerp, is die kern van dwaasheid. Dan weier ons om diep in die hart van dinge te kyk om so uit te vind wat die Here gedoen het toe Hy die wêreld gemaak het tot voordeel van al sy skepsels.

 

Die gevolgtrekking is duidelik: daar is geen ware kennis moontlik sonder die dien van die Here nie.