Twee soorte mense

-Viktor Frankl

Twee soorte mense

In die Bybel word twee soorte mense dikwels teenoor mekaar gestel. In Psalm 1 word die regverdiges teenoor die goddeloses gestel. In Matteus 7:13 – 14 lees ons van die twee paaie – een lei na die nou poort en een na die breë poort. Nog ‘n voorbeeld is die twee soorte mense van Jeremia 17:5 – 10.

  

Twee soorte mense word teenoor mekaar gestel en met mekaar vergelyk: die kaal bossie in droë wêreld (vs 5 – 6) teenoor die immergroen struik (vs 7 – 8). Die kaalgestroopte bossie is die beeld van die mens wie se “wortels” in menslike mag rondsoek na lewensvog en voedsel. Dit is die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai. Die immergroen plant, daarenteen, steek sy “wortels” uit na die lopende water – na God self – en kry daar voortdurend nuwe krag. Dit is die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is.

Watter soort mense is ons – ‘n kaal bossie of ‘n boom wat altyd groen blare het? Wat bepaal dit? Op wie ek my vertroue stel – sterflike mense of God.

Luister die gemeente?

Luister die gemeente?

(Openbaring 3:2).

Erwin Lutzer sê dat hierdie woorde van Jesus Christus die opdrag vir vandag se kerk is. Hier het ons opdragte gerig aan ons in ons kultuur.

‘n Tragedie wag op ons as ons nie luister nie.

Vandag evalueer ons gemeentes op grond van hulle getalle, hulle begrotings of al die verskillende bedienings wat mense in staat stel om te aanbid en te dien. Maar die gemeente se impak op die morele en geestelike agteruitgang van ons hedendaagse kultuur is skaars waarneembaar. Dit is tragies dat party gemeentes moet sluit as gevolg van verdeeldheid, gebrek aan fondse of ‘n gebrek aan belangstelling. God se reputasie in ons samelewing word hierdeur afgetakel. Dit is iets om oor te huil.

Maar alles is nie verlore nie. Alhoewel die gemeente in Sardis dood was, wys Jesus dat daar tog tekens van lewe is: Maar julle het darem ‘n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie. As Jesus nie deur die totale gemeente kan werk om die lewe in die gemeente te herstel nie, kan Hy deur ‘n klein groepie wat geweier het om kompromieë met die kultuur aan te gaan, werk. Hy werk deur diegene wie se harte reg is en wat getrou aan hulle roeping is.

Jesus skryf nou ‘n genesing vir die gemeente voor:

  • Baie van ons gemeentes het vergeet van die evangelie. Hulle plaas allerhande plaasvervangers in die plek van die evangelie. Dit is aan die voet van die kruis waar die kerk lewe en asemhaal. Net die evangelie kan lewe in ‘n lyk blaas. Dit is alleenlik as lidmate duidelik die evangelie verkondig en uitleef dat die gemeente gered kan word.
  • Jesus het geleer dat die kerk in die wêreld maar nie van die wêreld moet wees nie. Dit beteken die kerk is soos ‘n skip in die oseaan. As weet dat as die oseaan in die skip kom, is daar moeilikheid. Vandag moet ons erken dat die kerk lek en water stroom in. Ons kan nie mense uit die water red as ons self besig is om onder te gaan nie.

    Wat sê God vir die kerk vandag? Ons, soos baie gelowiges in Sardis, het ons klere besoedel deur morele kompromieë aan te gaan. Dit verswak ons en weerspreek ons getuienis. Die kerk het hom aan die kultuur uitverkoop. Ons konsentreer op die meer positiewe aspekte van die Christelike leer, maar ignoreer die moeilike sake soos oordeel en hel. Die probleem is dat ons nie meer ons kompromieë en sondes raaksien nie.

    Wat kan ons doen? Ons moet wat Christus vir die gemeente in Sardis gesê het vir onsself toeeien. Gemeentes moet die stand van hulle geestelikheid in alle nederigheid evalueer. Ons moet toelaat dat Jesus sy stetoskoop op ons harte plaas en vir ons presies sê wat die stand van ons geestelike gesondheid is. Hierna volg belydenis – nie net individueel nie, maar ook die gemeente as geheel. Ons moet die strekpunte wat daar nog is identifiseer. Ons moet voortdurend ons geestelike toestand evalueer.

    .

    Luister ons?

    Neigings wat ons onrustig moet maak

    Neigings wat ons onrustig moet maak

    Verskeie studies toon aan dat evangelicals in die VSA oor die algemeen nie weet wat hulle glo en hoekom hulle dit glo nie. Meeste van hulle glo in die goedheid van die mens – soos die res van die samelewing. Hulle is ook nie oortuig van die noodsaaklikheid van God se verlossende genade in Jesus Christus nie. Meeste evangelicals glo ons word gered omdat ons goed is. Daar is baie paaie van verlossing afgesien van geloof in Jesus Christus!!

     

    Michael Horton identifiseer vier neigings in die hedendaagse kerklewe wat ons onrustig moet maak.

    Ons het te veel vertroue in ons eie woorde

    Kerke volg klakkeloos die nuutste neigings in pop sielkunde, bemarking, politiek, vermaak en die leierskap van entrepreneurs na. Ons moet ons vertroue in die Drie-Enige God herwin. Ons moet weer luister as Hy ons met gesag leer – in sy Woord.

    Ons het te veel vertroue in ons eie metodes

    Ons glo in ons eie metodes om sukses te behaal. Dit geld ook vir persoonlike, sosiale en kerklike transformasie. Ons moet weer leer om op God se oordeel en genade te vertrou – sy optrede in genade.

    Ons het te veel vertroue op ons eie goeie werke.

    Ons glo dat ons goeie werke is wat God van ons verlang voor Hy ons verlos. Ons moet weer bely en op ons knieë gaan, nie alleen vir ons sondes nie, maar ook vir ons gewaande geregtigheid.

    Ons is te bekoor met ons eie heerlikheid

    êreld sien.

     

    Geestelike droogte

    Geestelike droogte

    Henri Nouwen:

      

    Dan moet ons onthou dat hierdie gevoelens en gedagtes net dit is – gevoelens en gedagtes. Die Gees van God beweeg verder as ons gevoelens en gedagtes.

    Dit is ‘n groot genade as ons God se teenwoordigheid in ons gevoelens en gedagtes ervaar. As ons dit nie ervaar nie, beteken dit nie dat God afwesig is nie. Dikwels beteken dit dat God ons tot groter trou en gehoorsaamheid oproep. Dit is juis in tye van geestelike droogte wat ons moet vasklou aan ons geestelike dissipline. Dan ervaar ons ‘n nuwe intimiteit in ons verhouding met God – ons groei geestelik.