Ondankbaarheid

 “Sow a thought, reap an action: Sow an action, reap a habit; Sow a habit, reap a character; Sow a character, reap a destiny.”  —Samuel Smiles 

 

Ondankbaarheid

Op 29 May 1754 skryf George Washington aan Goewerneur Dinwiddle as daar een sonde is wat hy haat dit that black and detestable one, ingratitude is. Washington het die vernietigende krag van ondankbaarheid verstaan.

In Numeri 21 lees ons dat die Israeliete weer ongeduldig geword het en teen God en Moses uitgevaar het: Hier is nie behoorlike kos of water nie. Ons is nou al siek en sat vir hierdie walglike kos (Die Boodskap). Maar in die voorafgaande gedeelte lees ons dat God hulle gehelp het om die Kanaäniete te verslaan. Dit was ook nie die eerste keer dat hulle gekla het nie.

 

Ses dae per week kry hulle manna uit die hemel, maar hulle was ondankbaar – hulle wou iets anders gehad het om te eet. God reageer deur giftige slange onder die volk in te stuur – baie van hulle is dood.  Dit lei tot berou en ‘n belydenis van die volk. Hulle smeek God om genade. Weereens red God hulle – deur die koperslang.

 

Johannes 3:14: Soos Moses destyds in die woestyn die slang hoog bo-op ‘n houtpaal gesit het, so moet die Seun van die mens ook hoog teen ‘n kruis opgelig word. Net soos met die koperslang sal mense genees word deur op te kyk na die kruis. Die ondankbaarheid van die Israeliete het letterlik tot die dood gelei. Hulle het brood uit die hemel gehad om aan hulle behoeftes te voldoen, maar hulle het dit verwerp. Geestelik sal die verwerping van die ware Brood van die Lewe ook lei tot die dood.

 

 




Een Persoon + God = Oorwinnaar

When I feed the hungry, they call me a saint. When I ask why people are hungry, they call me a communist. – Helder Camara, aartsbiskop (1909-1999)

 

Een Persoon + God = Oorwinnaar

As daar nou een profeet is wat menslik gesproke alleen gestaan het, was dit Jeremia. God het hom uitgekies om ‘n verskriklike boodskap aan Israel oor te dra. In Jeremia 15:10 – 21 (Die Boodskap) lees ons onder andere: Dit gaan sleg met my! Hoekom het Ma my ooit in die wêreld gebring? Ek is altyd aan die stry en baklei.

Sjoe, dit is kwaai as jy jou geboortedag verwens. Maar, Jeremia het moedig opgetree toe niemand anders dit gedoen het nie.  Jeremia het volhard in sy stryd en staan moedig al word hy mishandel. Hy staan alleen, want selfs sy medeprofete kies teen hom kant. Hy het alle rede gehad om moedeloos te word – te voel asof selfs God hom verlaat het.

 

Wat doen hy? Toe bid ek: “Here, U weet alles. Dink tog aan my en help my”. Ten spyte van al die teenspoed en swaarkry, weet Jeremia waar om hulp te doek – by God. Die wonderlike is dat God hom antwoord (vers 19 – 21). God belowe om hom weer te gebruik, maar dan moet hy:

  • Eers oor homself besin: As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê. In die proses moet Jeremia verseker dat ander mense sy voorbeeld volg –  nie jy hulle voorbeeld nie.
  • Eers oor sy mense – Israel – besin. Hulle is hardkoppig en sal maar moeilik na Jeremia luister.
  • Eers oor die eindresultaat besin. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal jou so sterk soos ‘n kopermuur maak. Hulle sal jou nie wen nie. Ek sal jou beskerm en jou red.

 

Soos Jeremia sit ons ook dikwels in sak en as. Ons verwyt God as dinge nie volgens ons wense verloop nie. Dan moet ons gaan sit en sake mooi oordink; ons moet na God toe gaan in gebed. Dan moet ons weer dink aan God se belofte aan Jeremia: Ek sal jou beskerm en jou red. Dit beteken nie dat alle probleme nou gaan verdwyn nie. Jeremia het nog baie swaar in sy lewe gekry, maar hy het geweet dat God hom so sterk soos ‘n kopermuur sal maak. God doen nog steeds dieselfde vir sy kinders.

 




Apologetiek

We fell, by no act of our own, in the first Adam; and we rise, without any merit of our own, in the second Adam. —C.H. Spurgeon

 

Apologetiek

[Verdediging van die Christendom as studievak – HAT]

Elke Christen het apologetiek nodig op twee vlakke:

 

  • In jou eie kop soos jy sin maak van jou Christelike geloof. Hierdie is ‘n lewenslange proses.
  • As iemand jou vra wat jy glo en jy moet sê waarom jy glo en wat jy glo. Dit is jou openbare belydenis.

Daar is dikwels konflik tussen hierdie twee vlakke, want ons is nie bereid om oor ons twyfel in die openbaar te praat nie. Daarom het baie mense plekke in hulle geloof waar hulle ongemaklik is. Min mense is absoluut gemaklik met alles in hulle geloof.

 

Die Ou Testament gee vir baie van ons vrae wat ons sukkel om te antwoord – al die oorloë en doodmaak van vrouens en kinders. Dink maar net aan Israel se  verowering van Kanaän. Wat doen ons hieroor? Ons moet daaroor praat met mense – jou leraar, volwasse Christene, ens – en ons moet daaroor lees. Doen ons dit nie, is daar altyd ‘n stemmetjie wat vra: Is jy seker jy is reg?

 




Dissipelskap en eredienste

 

Discernment is not simply a matter of telling the difference between what is right and wrong; rather it is the difference between right and almost right. Charles Spurgeon

 

Dissipelskap

Hoeveel van ons tyd en energie moet ons spandeer op die erediens op Sondae en hoeveel op dissipelskap. Sommige sê dat eredienste ‘n gehoor verseker. Ware dissipelskap gebeur egter selde in ‘n groot vergadering.

Ander sê weer dat jy by die eredienste jou beste leermeester het om met die mense te praat en hulle te onderrig. Dit is waar jy mense die Christelike leerstellings en hoe om te aanbid, leer. Dit is die belangrikste faktor wat mense na jou gemeente trek.

 

 

Ons mors so baie tyd en energie om te stry oor dinge wat onnodig is. Enige gemeente moet beide hê: eredienste en dissipelskap. Ons moet mense lei om ‘n besluit vir Jesus Christus te neem, maar ons kan nie daar ophou nie – ons moet hulle lei tot volwaardige dissipels.