Bonhoeffer (33)

God made people because God loves stories – Talmoed

 

Bonhoeffer (33)

 

 




‘n Nuwe Kategismus

The opposite of retaliation is to entrust ourselves to God, who judges justly. —Jerry Bridges

 

‘n Nuwe Kategismus

Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en sterwe?

 Ons herken dit as die eerste vraag in die Heidelbergse Kategismus. Maar hoeveel van ons kan verder as dit kom? Kategese, veral vir volwassenes, het feitlik uit ons kerke verdwyn.  Dit is darem ‘n baie Middeleeuse benadering.  Hoekom is dit vroeër as normaal beskou? Hoekom het kerke voortdurend nuwe kategismusse vir hulle gebruik geproduseer?

 

  • Dit is ‘n omvattende uiteensetting van die evangelie. Dit het nie alleen verduidelik wat die evangelie is nie, maar het ook die boustene waarop die evangelie gebou is, verduidelik. Hier dink ons byvoorbeeld aan die leer van God, die menslike natuur en sonde.
  • Om die uiteensetting op so ‘n manier te doen dat die dwaalleer, foute en vals gelowe van die tyd en die kultuur duidelik hanteer en weerspreek kan word.
  • Om ‘n teen-kultuur te vorm – mense wat duidelik onderskeibaar is van die nie-Christene. Hierdie mense het die beeld van Christus weerspieël – nie alleen individueel nie, maar ook in die kerk se gemeenskaplike lewe.

As ons na hierdie redes kyk, kom die vraag na vore: Is dit nie tyd om na ‘n nuwe kategismus te kyk nie? Natuurlik moet ons uiteensetting van die leer van die evangelie nie verskil van dié van vorige kategismusse nie, maar ons kultuur het tog verander. Ons versoekings, foute en uitdagings het ook verander. Moet ons nie opnuut toegerus word om die regte antwoorde te gee nie?

‘n Groep (die Gospel Coalition en Redeemer Church in New York) het besluit om die New City Catechism saam te stel. Dit sal vrae wat mense vandag vra, beantwoord. Dit gaan uit 52 vrae bestaan – een vir elke week Dit behoort dus maklik by gemeentes se programme in te pas.

‘n Ander eienskap van hierdie nuwe kategismus is dat dit ‘n gesamentlike kinder en volwasse kategismus  is – dieselfde vrae word gevra en die kinders se antwoorde is deel van dié van die volwassenes s’n. Terwyl die ouers hulle kinders leer, leer hulle self die antwoorde.

By elke vraag en antwoord is daar ‘n kort geskrewe kommentaar van ‘n historiese figuur (Augustinus, Spurgeon, Wesley, ens) en ‘n kort video kommentaar van een van die Gospel Coalition se direksielede  of lede van Redeemer Presbyterian Church.

By newcitycatechism.com kan jy meer inligting kry en jy kan jou gratis interaktiewe iPad application aflaai Jy kan die kategismus ook op die Internet gebruik  Vanaf 22 Oktober 2012 kan jy ook inskryf vir weeklikse opdaterings deur e-posse.

Ek het na hulle webblad gekyk en ek dink hierdie is ‘n uitstekende ontwikkeling – veral  as ons onthou dat Bybelse ongeletterdheid vandag so ‘n groot probleem is. Gaan kyk self na die webblad en besluit dan.

 




Bid

You get one pass at life. That’s all. Only one. And the lasting measure of that life is Jesus Christ. —John Piper

 

Bid  

Martin Luther het reguit gepraat. Luister net hierna:

Ek het in die verlede dikwels op julle ‘n oproep gedoen, en ek doen dit steeds, om getrou te bid.

Jesus self het vir ons hierdie opdrag gegee: Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes (Matteus 9:38). Ons moet bid dat God vir ons getroue arbeiders en leraars wat aan sy woord vashou, moet stuur. Dan sal daar geen gevaar wees nie, want net hulle kan die sakramente, leer, artikels van geloof suiwer hou.

 

Maar as ons nalaat om te bid en God kwaad maak met ons sekuriteit, moegheid en ondankbaarheid sal Hy vir ons, in plaas van vir Paulus en ander opregte leraars, dom donkies stuur. Hulle sal die sakramente en die woord wegraap van ons. Dan verloor ons alles – die leer en die amp.

 

Sjoe. Ek dink nie ons sal iemand kry wat so reguit sal praat nie.

 




Verlossing

It is a good rule never to look into the face of man in the morning till you have looked into the face of God. —C.H. Spurgeon

 

Verlossing  

Deur  genade in geloof. Wat beteken dit? Luther se beskrywing kan ons help:

 

Selfs hy wat nie glo dat hy vry is en dat sy sondes vergewe is nie, sal mettertyd leer dat sy sondes werklik vergewe is … al het hy dit nie geglo nie. Hy wat nie glo in Hom wat die sleutels aan hom gee nie, kry uiteraard niks nie. Maar dit is nie die sleutel se fout nie. Baie glo nie die evangelie nie, maar dit beteken nie dat die evangelie nie waar en doeltreffend is nie. As ‘n koning aan jou ‘n kasteel skenk en jy dit nie aanvaar nie, is dit nie die koning se skuld nie. Hy het ook nie ‘n leuen vertel nie. Jy het jouself mislei en die fout lê by jou. Die koning het dit gegee; jy het dit nie aanvaar nie.