Bonhoeffer (32)

The words a father speaks to his children in the privacy of the home are not overheard at the time, but, as in whispering galleries, they will be clearly heard at the end and by posterity. -Jean Paul Richter, skrywer (1763-1825)

 

Bonhoeffer (32)

 




Jesus in ons harte

Many believers run away from miracles. They say that God can do the impossible, but try very hard to save him the trouble by taking matters into their own hands – H. Van Dyke Parunak

 

Jesus in ons harte

J. D. Greear het ‘n interessante blog geskryf: Moet ons ophou om Jesus te vra om in ons harte te kom?

 

In die kerk is daar baie mense wat onseker van hulle verlossing is. Aan die ander kant is daar mense wat klaarblyklik seker is van hulle verlossing … maar nie werklik verlos is nie.

In sy bergrede sê Jesus: Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie (7:21). In die gelykenis van die saaier vertel Jesus van saad wat gou opgekom het, maar verskroei het,  omdat dit nie wortel geskiet het nie (Matteus 13:6).

 

Hierdie verhale sê vir ons dat daar mense is wat op pad is na die ewige oordeel al dink hulle hulle is verlos. Hoekom gebeur dit? Baie mense glo hulle ewige bestemming word bepaal as hulle Jesus in hulle lewe aanvaar het of die sondaar se gebed gebid het. Baie van hulle lees daarna selde die Bybel, bid net as dinge skeefloop en woon nie eredienste by nie. Is dit nie die mense van Matteus 7:21 nie?

 

In die kerk het ons mense wat aanmekaar onnodig twyfel aan hulle verlossing en mense wat seker is terwyl dit nie so is nie. Word hierdie probleem nie vererger deur die manier waarop ons oor die evangelie praat nie? Ons sê dikwels: “Vra Jesus om in jou hart te kom woon,” of “Gee jou hart vir Jesus.” Hierdie  is nie verkeerd nie, maar dit is nie wat die Bybel sê nie. As die Bybel praat van verlossing praat hy van bekering en geloof.

 

Toe die bewaarder van die tronk in Filippi vir Paulus en Silas vra: Menere, wat moet ek doen om gered te word?  Hulle antwoord hom: Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word (Handelinge 16:30 – 31). Bekering en geloof is twee kante van dieselfde muntstuk. Bekering beteken letterlik om my denke te verander. Dit is die eerste reaksie waarvoor Jesus gevra het toe Hy sy bediening op aarde begin het: Bekeer julle en glo die evangelie (Markus 1:15).

 

Verlossing is bekering en geloof in die voltooide werk van Jesus Christus. Dit is iets wat ons voortdurend doen. Ons het nie een maal geglo nie – ons glo voortdurend. Paulus sê dat ons die vryspraak deur geloof kry (Romeine 4:5).

 

Natuurlik is dit nie sonde om te vra dat Jesus in jou hart moet kom bly nie. Verlossing is egter meer as dit.

 

 




Ons gee alles

Not the man who can only talk much about God is a Christian, but he who labors faithfully with God to do great and holy things – Zwingli

 

Ons gee alles

‘n Klein gemeente  – Traceway Baptist Church in Clinton – het besluit om al die gemeente se tiendes en offergawes vir een jaar weg te gee vir mense in nood. Dit het begin toe hulle gebid het dat God hulle moet lei om iets te doen sodat die samelewing Hom in hulle kan raaksien.

 

 

Hulle het net 50 lidmate en tog gee hulle ongeveer R500 000 weg aan mense in die gemeenskap. Die vraag is natuurlik hoe hulle sonder inkomste kon voortbestaan. ‘n Ander gemeente het ‘n fasiliteit verniet tot hulle beskikking gestel. Toe mense buite die gemeente hoor van die projek skenk hulle geld vir die gemeente se onderhoud.

  

Wat verbasend was, was hoe die lidmate geestelik gegroei het as gevolg van hulle vrygewigheid. Die projek het hulle oë oopgemaak vir die ongelooflike vrygewigheid van God.

 

Miskien moet ons as individue en gemeentes weer na ons eie begrotings kyk. Is ons vrygewig soos God van ons verwag?

 




Bonhoeffer (31)

The shop, the barn, the scullery, and the smithy become temples when men and women do all to the glory of God! —C.H. Spurgeon

 

Bonhoeffer (31)

Voel jou geloofsgemeenskap soos ‘n lewende liggaam waarvan jy ‘n lid is? Hoe kan jy hierdie liggaam beter dien?

Here, dankie dat U my ‘n lid  van die liggaam van Christus gemaak het. Bewaar my dat ek nie hierdie liggaam skade aandoen nie. Amen.